Afrikaans

Top Stories

In Vierde Julie opmerkings wat in ‘n kort radio/internet toespraak gelewer is en wat herhaal is aan ‘n militêre gehoor op die grasperk van die Wit Huis, het President Obama die VSA se gewapende magte se lof besing, die mees magtige instrument van geweld op die planeet, as die draer van vryheid aan die wêreld.

Patrick Martin

Die geheime hof wat aansoeke vir afluister en ander vorms van elektroniese toesig aanhoor, as deel van die Foreign Intelligence Surveillance Act, het geheime bevele uitgevaardig wat die spioenasie-magte van die National Security Agency beduidend uitbrei, volgens ‘n verslag in Sondag se New York Times .

Patrick Martin

Die Obama administrasie en die VSA se militêre en intelligensie apparaat voer nou ‘n meer agressiewe wêreldwye kampanje om Edward Snowden gevange te neem.

Bill van Auken

Die WSWS het verskeie joernaliste, kunstenaars en akademici gevra of hulle in die openbaar ten behoewe van Edward Snowden sou praat. Snowden het ‘n enorme diens verrig deur die breë kriminele onderneming van die Nasionale Veiligheids-agentskap en die militêre intelligensie apparaat uit te wys.

Vir bykans drie weke is Edward Snowden vasgevang in Moskou se Sheremetevo Lughawe. Sy lewe is in gevaar, soos die VSA se politieke establishment en sy militêre en intelligensie apparaat hul pogings rig om hom te vang en te dwing om na die VSA terug te keer - of erger. Die Obama administrasie het reeds hom aangekla onder die Spioenasiewet omdat hy geheime en onwettige spioenasie-programme deur die VSA ontbloot het.

Joseph Kishore