Afrikaans

Suid-Afrika: ANC gee bevel vir onderdrukking van stakende mynwerkers

‘n Opmars deur honderde stakende werkers in Suid-Afrika se platinum mynbedryf is Sondag deur die polisie gekeer.

Die protesoptog was teen die staat se onderdrukking van sogenaamde wildcat stakings deur werkers teen die kondisies soos ingestel deur die ANC regering, multi-nasionale korporasies  en die National Union of Mineworkers (NUM).

Vroeër is 1 000 soldate en 500 polisie beamptes teen die “onwettige byeenkoms” in die mynsektor gebruik. Die onderdrukking deur die polisie volg op Vrydag se aankondiging deur President Zuma dat stakende werkers nie mag staak nie.

Die jongste protes-aksie volg een maand na die slagting van 34 werkers by Lonmin se Marikana myn naby Johannesburg. Die dodelike aanslag op die werkers was deur die ANC en die NUM goedgekeur. Die werkers het hulle bande met die NUM, wat ten nouste met die mynmaatskappye saamgewerk het, verbreek. Sommige van die werkers het by die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) aangesluit.

Die aksies het egter tot meer protes optogte gelei. Meer as 40 000 werkers is nou aan die staak en drie vooraanstaande platinum en goud produsente moes produksie staak.

Die onderdrukking van werkers volg nadat stakers by Anglo Amercian Platinum (Amplats) se myn in Rustenburg ‘n beroep gedoen het vir ‘n algemene bedryfstaking. Op dieselfde dag het Lonmin werkers die jongste aanbod vir ‘n salarisverhoging van die hand gewys. Die werkers word tans tussen R4 000 en R5 000 ($488 to $610) betaal, en hulle wil R12 500 hê. Die maatskappy het net ‘n ekstra R1 000 aangebied.

Tydens ‘n perskonferensie het die Minister van Justisie, Jeff Radebe, gesê lewendige ammunisie kan teen die werkers gebruik word. Die regering het nie ‘n algemene noodtoestand aangekondig nie, maar daar bestaan in elk geval een. Die Suid-Afrikaanse weermag is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.

“Dit wil voorkom asof die mynbedryf op die spel is,” volgens Radebe, “en dus sal ons spoedig teen die betrokkenes optree.”

Slegs ure na sy aankondiging het die polisie traangas teen werkers by die Aquarius Platinum myn in Rustenburg gebruik en sewe is gearresteer.

Saterdag-oggend het ‘n spesiale eenheid van die polisie wapens van werkers by Marikana gekonfiskeer. Militêre helikopters en gepantserde voertuie is gebruik. Inwoners het die paaie met brandende bande en rotse geblokkeer en die polisie het traangas en rubber koeëls gebruik.

Die Marikana slagting was die ergste sedert die einde van apartheid.

Sowat 270 mynwerkers is gearresteer onder apartheidswetgewing wat hulle self aanspreeklik sou maak vir die dood van hulle 34 kollegas.

Die aanklagte is vir eers laat vaar, maar dit beklemtoon dat die belange van dieselfde multi-nasionale korporasies wat onder apartheid na vore getree het, steeds bestaan. Die Wet op die Beheer van Samekomste wat die ANC nou gebruik, was ook deur die apartheidsregering gebruik.

Dit het daartoe gelei dat mense uit sekere oorde gesê het die ANC se aksies jaag net die opstande aan. Biskop Jo Seoka, president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, het gesê die “regering is seker mal as hulle dink hulle gaan slaag met wat lyk na ‘n apartheids-era onderdrukking.” Hy het gewaarsku dat “ons moet nie vergeet dat sulke onderdrukkings in die verlede tot meer weerstand gelei het nie.”

Dit is toenemend duidelik dat die ANC en sy vennote die NUM en COSATU niks meer legitimiteit het as die wit onderdrukkers onder apartheid nie.

Hierdie vennote is slegs ‘n dun laag korrupte en welgestelde swart amptenare wat onder die beleid van swart ekonomiese bemagtiging na vore getree het. Vooraanstaande leiers van die ANC en die unies het beduidende aandele in die multi-biljoen-rand korporatiewe ondernemings en hulle baat direk by die eksploitasie van die werkers.

Die situasie het daartoe gelei dat Reuters opgemerk het dat “die golf van arbeidsonrus in Suid-Afrika se grootste ekonomie is tans buite die beheer van die regering en unies en dit is ‘n duidelike rebellie van werkers wat min verbetering in hul lewensomstandighede gesien het sedert die einde van apartheid.”

Verlede week het lede van die ANC se Komitee vir Minerale Bronne geweier om Lonmin se myne te besoek om die werkers te paai. Die ANC se Rose Sonto het gesê hulle kan nie met werkers wat selfmoordneigings het gaan praat nie.

In die myngebiede kan NUM amptenare bykans gladnie in die publiek verskyn nie, want werkers is net so kwaad vir hulle as vir die maatskappye. Die NUM het die naweek se onderdrukking van werkers by Marikana ondersteun terwyl die Federasie van Unies van Suid-Afrika (FEDUSA) Zuma gevra het om ‘n noodtoestand in die mynbedryf aan te kondig.

Die ANC en sy vennote tipeer die mynwerkers as geweldadige kriminele om so hul aksies te regverdig en sê die geweld word verder aangewakker deur inter-unie kompetisie tussen die NUM en die AMCU.

Business Day het gewaarsku dat die ANC gladnie beheer het oor die situasie nie. Die koerant skryf dat die AMCU leier, Joseph Mathunjwa, net so desperaat as die NUM leierskap is. Die unies maak daarop staat om vir President Zuma te vra om die situasie op te los.

Die koerant het die situasie met ‘n veldbrand vergelyk en dat die ANC, die unies en die myn industrie magteloos toekyk hoe dit versprei.

Daar is nou eise vir aksie teen die voormalige leier van die ANC Jeugliga, Julius Malema, wat by die myngebiede sterk woorde teen Zuma en die mynbelange gehad het.

Verlede week het Malema ‘n groep soldate toegespreek wat ‘n dissiplinêre verhoor in die gesig staar nadat hulle in Augustus 2009 aan ‘n loonstaking deelgeneem het. Hierdie klein geleentheid is gebruik as voorwendsel vir die huidge grootskaalse onderdrukking van werkers.

Die president van die Suid-Afrikaanse Unie van Veiligheidsmagte Bheki Mvovo het gesê Malema gaan ‘n opstand soortgelyk aan die sogenaamde “Arab Spring” in Egipte lei.

Malema, ‘n ervare opportunis wat miljoene uit regeringskontrakte gemaak het, het gesê die teenoorgestelde is waar.

Malema maak anti-Zuma opmerkings en ook teenoor ander individuele lede van die ANC, maar nooit teen die organisasie self nie, sodat hy dalk in die toekoms weer as lid toegelaat kan word. Malema het aan die Mail and Globe gesê hy vul slegs ‘n politieke vacuum.

Gareth Newham van die Instituut vir Sekuriteitstudies het gesê dit wil voorkom asof Malema meer gevaarlik buite die ANC as binne is.

Loading