Politiese en historiese kwessies rakende die Suid-Afrikaanse mynstakings

20 September 2012

Die slagting van 34 mynwerkers op 16 Augustus by die Marikana myn van Lonmin en die uitbreiding van die konflik tussen die African National Congress (ANC) en die myners het die reaksionêre aard van rasse- en nationalistiese politiek uitgewys.

Agtien jaar sedert die stryd van miljoene ‘n einde gemaak het aan wit minderheidsregering, word Suid-Afrika se werkers weereens uitgebuit en onderdruk en doodgemaak om die belange van trans-nasionale en minerale korporasies te dien. Hierdie keer is die mense wat egter die onderdrukking doen die mense wat die massas bevry het, naamlik die ANC en sy vennote, die Congress of South African Trade Unions (COSATU) en die Stalinistiese Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP).

Dit is geensins verbasend dat President Jacob Zuma gesê het dit is onverantwoordelik om ‘n vergelyking te tref tussen Marikana en die beleid van die polisie onder apartheid, en meer spesifiek die Sharpeville slagting van 21 Maart 1960 toe 69 swart jeugdiges dood is nie.

Maar die kontinuiteit tussen pre- en post-apartheid Suid-Afrika eindig nie met daardie bloedige gebeurtenis nie. Die ANC, wat die mag oorgeneem het na ‘n klaarblyklike opstand van die swart meerderheid, het nou apartheid era sekuriteitswetgewing gebruik om ‘n opstand onder die werkers teen die myn konglomerate en die National Union of Mineworkers (NUM) te keer.

Die ANC se brutale aanval op die myners het die volle steun van die NUM, COSATU en die SAKP, en hulle het selfs nog strenger maatreëls teen die stakende werkers uit die platinum, goud en chroom sektore aangevra.

Die Lonmin werkers het na wat verneem word ‘n 22 persent salarisverhoging aanvaar, maar stakings gaan elders voort. Gister is dit beweer in berigte dat die polisie rubber koeëls en traangas teen werkers by ‘n myn van Anglo American gebruik het.

Die geweldadige onderdrukking van die mynwerkers is ‘n bewys dat klas, en nie ras en etnisiteit of ander oorweginge, die vernaamste rede vir vervreemding in die Suid-Afrikaanse samelewing en elders in die wêreld is. Indien die ANC dus niks anders as hul wit voorgangers optree nie, dan bedreig die opstand nie net die myne bedreig nie, maar ook die sosiale belange van die ANC.

Toe die ANC in 1994 die einde van apartheid beding het, het dié bourgeois nasionalistiese party onderneem om kapitalistiese eiendomsverhoudinge te handhaaf en hulle het gesê  dat ‘n beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB of BEE) nuwe werksgeleentheide sou skep en dat lewensstandaarde dienooreenkomstig sou styg. Hierdie politieke fiksie is deur die SAKP gerugsteun wat lank reeds die idee van internasionalisme en die onafhanklikheid van die werkersklas van die hand gewys het. Dit het daarop aangedring dat werkers hul belange teenoor die van swart meerderheidsregering, wat op kapitalistiese grondslag bestaan, opgee.

Die laaste twee dekades het onomwonde bewys dat die basiese demokratiese en sosiale behoeftes van die werkersklas en die onderdrukte massas nie deur die bewind van die nasionale bourgeoisie tevrede gestel kan word nie, maak nie saak hoe radikaal of linksgesind dit is nie.  Dieselfde transnasionale belange van Suid-Afrikaanse maatskappye wat onder apartheid na vore getree het, bly dus voortbestaan.

Die inkorporasie van die ANC, die vakbonde en die SAKP by die post-apartheid staat het nou beteken dat hulle die politieke verteenwoordigers van die bourgeoisie en kapitale belange geword het.

Maatskappye moes ‘n deel van hul eienaarskap in swart hande plaas, maar dit het slegs ‘n dun laag ryk mense onder die swart bevolking geskep.

Die gebeure van die laaste maand het dus bewys dat hierdie swart bourgeoisie niks minder geweldadig teenoor die swart werkersklas is as hulle wit voorgangers nie.

Hierdie klasseverband is nêrens meer duidelik as in die winsgewende mynbedryf nie. Die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie en leidende SAKP amptenaar Jeff Radebe se vrou,  Bridgette Radebe, is die rykste vrou in Suid-Afrika, en het noue bande met die bedryf deur haar Mmakau Mining maatskappy. Sy swaer, Patrice Motsepe, is die rykste mens in Suid-Afrika volgens die Sunday Times koerant. Motsepe is ook in die mynbedryf.

Die NUM stigterslid en ANC algemene sekretaris Cyril Ramaphosa is een van die land se rykste mense. Hy is ‘n nie-uitvoerende direkteur van Lonmin en het ‘n aandeel in die maatskappy se myne.

Hierdie is slegs twee voorbeelde dat die ANC ‘n belang het by die onderdrukking van die werkersklas asook om enige bedreiging deur die werkers te onderdruk. Dit is die bron van konflik tussen die NUM en die werkers.

Hierdie verhoudings bestaan egter nie net in die mynbedryf nie. Die meerderheid werkers in die land ervaar omstandighede wat erger is as onder apartheid. Suid-Afrika is sosiaal een van die ongelykste lande in die wêreld, met 60 persent van die totale inkomste wat na die top 10 persent gaan. Die onderste 50 persent kry minder as 8 persent van die inkomste. Sowat 20 miljoen mense is werkloos.

Die mynwerkers se staking is die jongste en mees plofbare aanwysers van sosiale en politieke spanning in die land. Volgens Time was daar vanjaar meer straatoptogte as enige vorige jaar sedert die einde van apartheid. Volgens die tydskrif “is die meeste van die protes-aksies teen die ANC se plaaslike regering (waarvan baie korrup) gemik oor gebrek aan dienslewering.”

Daarom het President Zuma alle “onwettige” samekomste verban “en dit raak nie net arbeidsdispute nie, maar ook in sosiale lewering waar protes-aksies dikwels ook met geweld gepaardgaan, waaronder die vernietiging van eiendom.”

Die betrokke korrupsie is nie net op persoonlike vlak nie. Hierdie toestande is ook nie uniek aan Suid-Afrika nie. Die enigste haalbare alternatief vir die werkersklas is ‘n sosialistiese revolusie, of dit nou in lande met ‘n geskiedenis van onderdrukking of ontewikkelde lande is.

Die fundamentele inhoud van Marxisme - dat die geskiedenis van die mensdom die geskiedenis van ‘n klassestryd is, dat ekonomiese verhoudinge eindelik politieke verhoudinge definieer en dat daar ‘n onversoenbare konflik tussen die werkersklas en die bourgeoisie en die werkersklas bestaan – word weereens bevestig deur die onlangse gebeure in Suid-Afrika.

Dit beklemtoon die klassestryd en sosiale revolusie op ‘n globale skaal. Die sentrale kwessie is die noodsaak vir die opbou van revolusionêre partye gebasseer op Leon Trotsky se teorie vir permanente revolusie.

Die evolusie van die ANC benadruk Trotsky se klem dat die bourgeoisie staatmaak op imperialsime en nie die ekonomiese en sosiale behoeftes van die massas kan aanspreek nie. Dit kan slegs gebeur onder die leierskap van die werkersklas en ‘n revolusionêre onderdrukking van kapitalisme. Dít is deel van ‘n internasionale stryd om ‘n einde te maak aan imperialsime en om sosialisme te vestig.

Julie Hyland