Afrikaans

12 000 mynwerkers word afgedank terwyl die golf van stakings groei

Anglo American Platinum (Amplats), die wêreld se grootste platinum produsent, het Vrydag 12 000 werkers afgedank onderwyl transnasionale ondernemings, die ANC regering en die COSATU federasie poog om sogenaamde wildcat stakings landwyd te onderdruk.

Die massa afdankings is deur Amplats aangekondig na ‘n drie weke lange wildcat staking deur 28 000 van hul werkers by vier myne in Rustenburg. Dit het gevolg ‘n dag na botsings tussen die werkers en die polisie waartydens een werker doodgemaak is.

“Gister (Donderdag) het die polisie na baie mense geskiet en een is dood en sy liggaam lê nog op presies dieselfde plek. Dit is nog nie weggeneem nie,” het Gaddhafi Mdoda, ‘n verteenwoordiger van die stakers Vrydag aan AFP gesê. Hy het gesê bo en behalwe die traangas en rubber koeëls wat deur die polisie gebruik is het hulle ook lewendige ammunisie gebruik. Die dood het gekom na verskeie pogings deur die polisie om die staking te onderdruk.

Vrydag het Amplats werkers weer in ‘n woongebied buite die myn gedemonstreer deur die strate te versper met brandende bande en rotes terwyl die polisie met gepanserde voertuie inbeweeg het.

Die stakers raak toenemend kwaad oor die onderdrukking deur die polisie en die maatskappy se weiering om te onderhandel oor ‘n R16 000 ($1 800) basiese maandelikse salaris. Vroeër in die week is twee myn vervoerbande aan die brand gesteek asook ‘n opleidingsentrum en verskeie motors.

Amplats het gepoog om die massa afdankings te regverdig deur te sê die werkers het nie vir dissiplinêre verhore opgedaag nie. Die mynbestuur gee toe dat hulle nie daarin kon slaag om meer as 20 persent van werkers te oorreed om terug te keer werk toe nie en moes dus alle mynbedrywighede staak.

Die staking het op Dinsdag na nog ‘n Amplats myn in Limpopo, Suid-Afrika se mees noordelike provinsie, versprei. Dit is sowat 250 kilometer noord van die ander myne.

Die staking in Limpopo beteken nou dat sowat 75 000 werkers in die mynbedryf staak in weerwil van die wense van die mynmaatskappye, die ANC regering en die amptelike unies COSATU en die NUM. Dit is ongeveer 15 persent van die totale werkerskorps in die mynbedryf.

Die stakings het begin by die Marikana myn van Lonmin toe werkers vir hoër lone gevra het. Die ANC regering en sy veiligheidsdienste het gereageer op die staking, wat nie deur COSATU of die NUM goedgekeur was nie, deur op die werkers te skiet in die ergste slagting sedert apartheid 18 jaar tevore tot ‘n einde geloop het. Swaar gewapende polisie het 34 werkers doodgeskiet en nog 78 is gewond, waarvan baie in die rug geskiet is.

Die voorvalle waartydens werkers doodgeskiet is, asook die arrestasie en onderdrukking van baie ander werkers het egter nie die einde van die staking beteken nie en Lonmin het besluit om ‘n einde aan die staking te bring deur toe te gee aan loon eise van ‘n 22 persent verhoging.

Verontwaardiging oor die voorvalle, wat baie mense laat terugdink het aan die polisie se optrede tydens Sharpeville in 1960 en Soweto in 1976 en toenemende vrymoedigheid van werkers nadat aan hulle looneise toegegee is, het gelei tot die landswye verspreiding van die stakings.

Vanaf die platinum mynbedryf het dit versprei na goud, yster, diamante en chromium myne. In elke geval staak werkers teen lae lone wat deur mynbase en die NUM ingestel is en die stakings is as onwettig verklaar.

By Gold Fields, die wêreld se vierde grootste goudmynmaatskappy, het die mynbestuur sowat 5 000 stakende werkers uit hul woonkwartiere verwyder. Die mynbase het gesê die kwartiere word gebruik om stakings te organiseer en om ander werkers te verhoed om werk toe te gaan. Gold Fields het ‘n hofbevel gekry om stakende werkers af te dank. Verskeie van die mynwerkers se verteenwoordigers is in die tronk gestop.

COSATU het sy algemene sekretaris Zwelinzima Vavi gestuur om met Gold Fields se HUB, Nick Holland, te onderhandel om die staking van drie weke deur 13 000 werkers te beëindig. ‘n Woordvoerder van die maatskappy het gesê die onderhandelinge het goed verloop. Hy het bygevoeg dat hulle wag om te sien wat gebeur tydens samesprekinge tuseen die werkers. Daar is nie baie vertroue in die bedryf dat die werkers na COSATU en die NUM sal begin luister nie.

AngloGold Ashanti, Suid-Afrika se grootste goudprodusent, moes al hul bedrywighede staak nadat 24 000 van hul 35 000 werkers gestaak het. Die korporasie het ook met massa afdankings gedreig.

AngloGold se HUB, Mark Cutifani het gesê  hy sal nie toegee aan eise van die werkers behalwe as dit goedgekeur word as deel van die formele onderhandelingstrukture soos bepaal deur die NUM. Die SAPA nuusagentskap het hom aangehaal as volg, “ons kan nie die risiko neem deurdat ons gesien word dat ons onwettige, geweldadige and intimiderende werkers se eise toestaan nie.”

Meer as 28 000 vragmotorbestuurders staak ook al vir meer as twee weke en een van hul unies, SATAWU, sê  hulle gaan werkers in die hawens en spoorvrag bedrywe vra om vir een dag by hulle aan te sluit. Die vragmotorbestuurders se staking het industriële produksie begin beïnvloed en General Motors het gesê sy aanleg in Port Elizabeth se produksie kapasiteit is aangetas. Shell Olie het ondertussen aan sy lede gesê hy kan nie waarborg dat brandstof veilig afgelaai kan word nie en dit het vrese van ‘n brandstof tekort laat ontstaan.

Suid-Afrika se Road Freight Employers Association het Vrydag ‘n hofinterdik verkry teen geweldadige optrede in die staking nadat ‘n aantal afleweringsvoertuie uitgebrand is.

Sowat 1 700 werkers by Toyota se aanleg in Durban het Vrydag ‘n staking van vier dae beëindig nadat hulle ‘n 5.4 persent loonverhoging aanvaar het. Die militante aard van die staking het vrese in regerinskringe en die korporatiewe sektor laat ontstaan dat die mynstakings na ander sektore gaan uitbrei.

Die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant het gesê “ons is bekommerd oor hierdie stakings en ek dink daar is mense wat dit aanhits.”

Suid-Afrika se President Jacob Zuma het Vrydag ‘n toespraak voor die Kamer van Handel en Nywerheid in Johannesburg gelewer wat die indruk gelaat het dat die president ver weg van die daaglikse realiteit van die werkers leef.

Hy het kortliks verwys na die “moeilike tydperk” wat na die Marikana stakings gevolg het en het bygevoeg: “Laat ek hierdie geleentheid gebruik om sakeleiers en arbeidsleiers te herinner aan die noodsaak vir vrede en stabiliteit in die land sodat ons die kollektiewe verantwoordlikheid kan aanvaar om ekonomiese groei en ontwikkeling te waarborg.” Die problem is egter dat die werkers opgestaan het teen sisteme wat deur die regering en korporasies ingestel is wat daarop gerig is om groot winste te verseker vir die maatskappye.

 Zuma het bygevoeg, asof die problem een van persepsie is, “ons moet geensins poog om onsself uit te beeld as ‘n nasie wat die heeltyd baklei nie.”

Hy het toegegee dat die gaping tussen rykes en armes steeds bestaan in die land wat op sosiale vlak een van die mees ongelyke in die wêreld is. Zuma het gesê dit vat langer as verwag om die ekonomie te herstruktureer sodat armes ook geleenthede kan kry.

Dit het egter nog gladnie plaasgevind sedert die einde van apartheid 18 jaar tevore nie. Die ANC het egter meer en meer begin lyk na ‘n voorstaander van die finansiële, myn en industriële korporasies wat die land onder apartheid gedomineer het. Wat wel gebeur het, is dat die ANC se pogings ‘n reeks multi-miljoenêrs geskep het as deel van sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging, mense soos Cyril Ramaphosa en ander swart sakelui met politieke konneksies.

Dit is hierdie bestel wat nou van onder uitgedaag word, deur lede van die myn en ander bedrywe en lede van arm woongebiede wat protes aanteken teen die regering se onvermoë om sekere basiese dienste, behuising en sanitasie te voorsien.

Die offensief deur Suid-Afrika se werkersklas het reeds steurnis in wêreldmarkte veroorsaak met myn aandele se pryse wat drasties verlaag is. Lonmin se prys het gedaal met 39 persent en Amplats met 21 persent. Moody’s het Suid-Afrika se kredietwaardigheid verlaag en het gewaarsku dat die regering minder vermoë het om iets te doen aan die eise van die stakende werkers en ander werkloses.

Loading