Afrikaans

Suid-Afrikaanse mynwerkers doodgeskiet deur veiligheidswagte

Veiligheidswagte by myne het Woensdag twee steenkool-werkers doodgeskiet in KwaZulu-Natal te midde van groeiende spanning in die Suid-Afrikaanse mynbedryf.

Die jongste voorval waar ‘n mynwerker dood is, het by ‘n myn naby Dannhauser, omtrent 125 myl suid van Johannesburg, plaasgevind.

Volgens ‘n plaaslike polisie woordvoerder het ‘n konfrontasie by die myn se ingang plaasgevind. Volgens die myn se veiligheidspersoneel het die stakende werkers by die myn se perseel probeer inbreek om wapens te steel.

Die veiligheidswagte van Forbes Coal het die werkers weggejaag en hulle tot by die plaaslike woongebied agtervolg waar hulle op die werkers gevuur en twee doodgeskiet het. Volgens ‘n polisie woordvoerder is hulle na ‘n hospitaal geneem waar hulle later oorlede is.

Die mynwerkers staak reeds sedert 17 Oktober, en hulle het aanvanklik vir ‘n salarisverhoging van R3 000 (US$345) per maand gevra. Die National Union of Mineworkers, wat in ‘n vennootskap met Suid-Afrika se African National Congress (ANC) is, het gepoog om hierdie eis te half. Forbes het intussen ‘n verhoging van R400, oftewel US$45, aangebied. Die laags betaalde werkers verdien slegs R3 800 of US$437 per maand.

Na afloop van die skietvoorval het Forbes aangekondig dat alle aktiwiteite by hul Magdalena en Aviemore ondergrondse myne gestaak word.

Die skietvoorval sal sonder twyfel die bittere stryd van tienduisende mynwerkers teen die ANC en die NUM, vererger. Stakings en aanvalle deur die polisie het vermeerder sedert die eerste aanval by Lonmin se Marikana myn op 16 Augustus waartydens 34 stakers in Suid-Afrika se Noordwes Provinsie doodgeskiet is. Dit was die mees bloedige slagting sedert die einde van apartheid 18 jaar vantevore.

Die grootste mees onlangse konfrontasies het plaasgevind by die Rustenburg myn van Anglo-American Platinum (Amplats), die wêreld se grootste platinum produsent, ook in die Noorwes provinsie.

Die polisie het gedurig teen werkers te staan gekom sedert die maatskappy gesê het 12 000 werkers sal nie meer afgedank word nie indien hulle Dinsdag terugkeer werk toe.

Dit het waarskynlik gevolg na baie druk van die ANC regering op die mynmaatskappy wat slegs ‘n eenmalige bonus van R2 000 aan stakers wou betaal aan die wat gestaak het, asook die wat aanhou werk het vir hul “lojaliteit”.

Die mynwerkers het sedert 15 September gestaak, en het ‘n salaris van.

R15 000 per maand geëis. Hulle het met agressie gereageer teen die onderhandelinge van die NUM met die myne. Baie het gesê hulle het slegs van die media gehoor van die ooreenkoms wat bereik is.

Die Rustenburg Stakings-komitee wat gekant is teen die NUM, het aangekondig dat werkers nie sou terugkeer werk toe nie. Die komitee se woordvoerder, Gadaffhi Madoda, het gesê “ons gaan staak en die werkers het die voorstel om terug te keer werk toe van die hand gewys.”

Dinsdag het die polisie met traangas, granate, rubber koeëls en lewendige ammunisie op stakers wat die ingang tot die myn geblokkeer het, gevuur. ‘n Polisie woordvoerder het ook beweer dat stakers in die vroeë oggendure ‘n krag substasie van Amplats aan die brand gesteek het.

Later dieselfde aand het die polisie die stakers weer met rubber koeëls aangeval en 14 is gearresteer. Die polisie het toe in mense se huise ingebars en hulle aangeval.

Amplats is die laaste van die groot mynmaatskappye om ‘n staking te konfronteer. Ooreenkomste en intimidasie het stakings beëindig, ook by Lonmin waar die aanvanklike konfrontasie plaasgevind het.

Dit kan dalk teen Dinsdag drasties verander, want Lonmin sê hulle gaan hulle mynbedrywighede dalk herstruktureer en kan dalk werkers afdank.

Die maatskappy gaan produksie by 750 000 onse platinum vries in stede van 900 000 soos oorspronklik beplan en sal werkers dienooreenkomstig afdank.

Ondertussen het die amptelike ondersoek na die Marikana slaging van Augustus verneem dat verskeie mynwerkers oor die laaste weke gearresteer is en aangerand is deur die polisie.

Dali Mpofu verteenwoordig 78 mynwerkers wat deur die polisie gewond is op 16 Augustus en hy het gepraat van ses werkers wat Dinsdag vrygelaat is se ervarings nadat hulle gearresteer is.

“Dit is baie jammer om te moet luister na die details van hoe die werkers aangeval en gemartel is. Een persoon sê hy het homself bevuil nadat hy aangeval is. Nog een het die gehoor in sy regter oor verloor en nog een het duidelike wonde opgedoen,” het Mpofu gesê.

Volgens Mpofu gaan van die sleutelgetuies wat hy voor die kommissie gaan ondervra dié wees wat deur die polisie aangeval is. Hy het bygevoeg dat van die arrestasies gevolg het na afloop van verhore van die Marikana Kommissie van Ondersoek.

Loading