Polisie-moord in Suid-Afrika

9 Maart 2013

Suid-Afrika is ‘n baie “kwaai nasie” en is op die “mespunt van iets baie gevaarlik met die potensiaal om nie die val te kan keer nie,” het Graca Machel, die vrou van Nelson Mandela gewaarsku. “Ons moet baie meer versigtig wees hoe ons met die samelewing optree wat bloei en pyn inasem”.

Machel het gepraat by die herdenkingsdiens van Mido Macia, die 27-jarige taxi-bestuurder wat dood is nadat hy agter ‘n polisie voertuig gesleep is. Hy is daarna, volgens mede aangehoudenes, geslaan in polisie aanhouding. Sy wandaad was dat hy met die polisie gestry het nadat hy aan die verkeerde kant van die pad geparkeer het.

Macia se dood het tot massa verontwaardiging gelei. Nege polisie amptenare is van moord aangekla. Buite die hof Vrydag het een protesteerder ‘n plakaat vasgehou met die woorde “wat het ons gedoen om te verdien om soos honde dood te gaan?”

As ‘n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse politieke elite, het Machel baie om voor bang te wees. Sy het aangeneem dat mense baie kwaad is omdat daar baie kwessies is wat voortspruit uit die land se apartheids-verlede. Die waarheid is dat dit voortspruit uit Suid-Afrika se huidige post-apartheid toestand. En die African National Congress (ANC) en sy vennote, die Congress of South African Trade Unions (COSATU) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party word toenemend daarvan verdink.

Negentien jaar na afloop van die einde van apartheid is werkers steeds die teiken van polisie moorde, maar nou deur swart polisie amptenare onder ‘n swart meerderheidsregering. Maar meer as dit is die brutaliteit wat uitgedeel word nie uniek nie; verlede jaar is 720 mense dood in polisie aanhouding of vanweë polisie aksies.

Die mees belangrike van alles is dat die polisie stakings en sosiale protes-aksies onderdruk.

In 2011 is Andries Tatana doodgemaak tydens ‘n diensleweringsprotes en daarna is ses polisie amptenare in hegtenis geneem en twee daarvan van moord. Die voorvalle was egter klein in vergelyking met die dood van 34 stakende werkers verlede jaar by die Marikana myn wat tot ‘n golf stakings gelei het wat ontwikkel het as ‘n rebellie teen die National Union of Mineworkers, die hoof-unie binne COSATU.

Top ANC figure, soos President Jacob Zuma se nuut aangewese adjunk president Cyril Ramaphosa, is op ‘n politieke vlak by die moorde ingesleep. Hoe kan dit dan ook anders wees, gegewe dat die ANC vir nagenoeg twee dekades as die party van die bourgeoisie opgetree het.

Ramaphosa, die multi-miljoenêr direkteur van Marikana se eienaar, Lonmin, is tipies van die sosiale lae wat deur die ANC verteenwoordig word. Die party se lede het ryk geword deur die beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging, terwyl die grootste deel van die swart werkersklas baie arm is.

Die media en die politieke elite is bekommerd oor die feit dat Suid-Afrika se sosiale samehang en oorlewing bedreig word. Vandag is Suid-Afrika een van die mees ongelyke lande ter wêreld. Die rykste 10% van die land verdien 51% van totale inkomste, terwyl die armste 20% minder as 1.5% verdien. Business Report dui daarop dat hierdie totale nie kapitale wins insluit nie, wat die gaping verder sal vergroot. Die koerant waarsku dat inkomste ongelykheid “die potensiaal het om die samelewing te ontrafel”.

In ‘n soortgelyke trant het die Mail & Guardian President Jacob Zuma berispe vir die “groteske konstruksie bou van sy [multi-miljoen dollar plaas] by Nkandla terwyl verdere honderde miljoene gespandeer is aan sy kabinet. Die koerant het ook daarop gedui dat mense in die korporatiewe sektor baie geld verdien – “wêreldklas salarispakette” – wat lei tot “ongelukkigheid onder werkers”. Hierdie koerante weet dat Suid-Afrika by ‘n politieke waterskeiding is.

Die ANC het verseker dat Suid-Afrika ‘n goeie teelaarde is vir beleggings deur transnasionale korporasies en ‘n speelgrond vir die nasionale bourgeoisie. In tandem daarmee is die fantastiese natuurlike bronne geplunder en die ekonomie daarmee beheer – vir die klein prys om ‘n deel van die winste aan ‘n klein groep aspirant swart kapitaliste te gee.

Die ANC het dit reggekry deur te handel met sy rol in die stryd teen Apartheid, en veral danksy die politieke dienste wat verskaf is deur sy vennote, COSATU en die Stalinistiese SAKP. Hulle het ‘n sleutelrol gespeel om die werkersklas ondergeskik te stel aan die ANC, om die party dan uit te wys as een wat staan vir die emansipasie van die swart meerderheid, maar eindelik ook die sosialistiese transformasie van die samelewing.

Vandag staan die beloftes in die ANC se Vryheidshandves dat die “menses al regeer” en dat “die mense in die land se welvaart sal deel” as ‘n akte van beskuldiging teen die ANC en die SAKP. In stede daarvan het ‘n meedoënlose aanslag op die werkersklas begin wat die samelewing sal omkeer. Dit word uitgevoer om die eise van die internasionale bourgeoisie na te kom om die globale krisis in kapitalisme te kan hanteer deur middel van geweldige soberheids-pogings. Dit is hoekom die Mail & Guardian argumenteer dat die sake- en politieke elite hulself moet kan beheer. Die koerant skryf voorts “dat ons die stadium nader dat werkers dalk sal moet toegee om 0% salarisverhogings te ontvang om werksgeleenthede te red en mededingendheid te verhoog …”

‘n Fundamentele politieke realiteit is weer waar in Suid-Afrika. Die basiese aspek wat die samelewing verdeel is nie ras nie, maar klas.

Die einde van apartheid het nie die onderdrukking van die massas beeïndig nie, maar het sy ware karakter uitgewys. Dit het formele wettige gelykheid uitgewys, maar het werklike en groeiende sosiale ongelykheid ook uitgewys. Die apartheidsregime is uitgewys as slegs een vorm van die diktatorskap van kapitaal.

In die volgende periode moet die werkersklas ‘n nuwe pad vind in sy stryd vir emansipasie. Vandag is daar niks oor van die aanname dat die demokratiese en sosiale behoeftes van die werkersklas en die onderdrukte massas deur die leierskap van die bourgeois nasionalistiese ANC in voorsien kan word nie, sonder dat die wins-sisteem en imperialistiese onderdrukking omgekeer word nie.

‘n Nuwe leierskap moet gebou word om die werkersklas te mobiliseer om staatsmag oor te neem. Die welvaart van die bourgeoisie moet onteien word en sosiale beleide wat gebasseer is op beplande produksie om goeie werk te verskaf, asook goeie behuising, gesondheidsorg, sosiale dienste en opvoeding vir almal. Hierdie stryd moet gevoer word teen globale korporasies en banke, en selfs die imperialistiese magte wat die eis stel dat die Suid-Afrikaanse werkersklas uitreik na hul broers en susters oor die hele wêreld sodat ‘n afdeling van die Internasionale Komitee van die Vierde Internasionaal uitgebou kan word.

Chris Marsden