Die “Vuil Oorlog” Pous

16 Maart 2013

Vir meer as ‘n week het die media die publiek onderwerp aan ‘n vloedgolf van euforiese banaliteite oor die Rooms-Katolieke Kerk se verkiesing van ‘n nuwe pous.

Die aanhoudende viering van die dogma en rituele van ‘n instelling wat vir eeue verbind is met onderdrukking en agterlikheid is bewys van ‘n diep ondemokratiese karakter. Dit is aanduidend van ‘n regswaartse swaai van die hele politieke establishment en hul repudiasie van die beginsels vervat in die VSA se Grondwet, insluitend die muur van skeiding tussen die kerk en die staat.

Die kerk se aksies is baie ver weg van die ideale wat diesulkes wat die Grondwet saamgestel het, geïnspireer het. Dit was Thomas Jefferson se oorwoë mening dat “in elke land en elke tydperk was die priester gekant teen vryheid. Hy is altyd besig om saam te werk met die despoot, en hy steun sy misbruike in ruil vir die beskerming van sy eie.”

Jefferson se houding – en die reaksionêre karakter van die media se kruiperige dekking – vind geen meer magtige bevestiging as in die identiteit van die nuwe pous, wat amptelik gevier word as ‘n model van “nederigheid” en “vernuwing”.

Die nuwe pous is net nog ‘n geharde teenstaander van Marksisme, die Verligting en ander vorms van menslike vooruitgang, en hy word ten diepste en baie direk geïmpliseer in een van die grooste misade in die periode na die Tweede Wêreldoorlog – Argentinië se “Vuil Oorlog”.

Te midde van Vrydag se feesvieringe, is die Vatikaan se woordvoerder gedwing om Pous Francis, die voormalige Aartsbiskop van Buenos Aires, Jorge Bergoglio, se verlede aan te spreek. Hy het aanklagte teen die pous as die werk van “anti-kerk linksgesinde elemente” afgemaak.

Dat hierdie “linksgesinde elemente” die samewerking van die kerk se leiers in die “Vuil Oorlog” wat deur die militêre junta in Argentinië tussen 1976 en 1983 gevoer is, uitgewys het, is geen verrassing nie. Die oorlog en die junta was verantwoordelik vir die dood van ‘n beraamde 30 000 werkers, studente, intellektuele en andere, en nog tienduisende andere wat in die tronk gegooi en gemartel is.

Maar sommige van Bergoglio se grootste teenstaanders kom van binne die kerk self, insluitend priesters en dienswerkers wat sê hulle is deur die priester aan die martelaars oorhandig as deel van ‘n samewerkingspoging om die kerk van “linksgesindes” “skoon te maak”. Een van hulle, ‘n Jesuïet priester, Orlando Yorio, was ontvoer met ‘n ander priester nadat hulle waarskuwings van Bergoglio, toe die hoof van die Jesuïete orde van Arentinië, om hul werk in ‘n slum distrik van Buenos Aires te staak, verontagsaam het.

Gedurende die eerste hofsake teen die militêre junta in 1985 het Yorio verklaar, “ek is seker hy het self ‘n lys van name aan die Vloot oorhandig.” Die twee priesters is geneem na die berrugte Vloot Skool van Meganiste (ESMA) marteling sentrum en vir vyf maande aangehou voordat hulle bedwelm is en buite die stad gelaat is.

Bergoglio was ideologies voorbereid om die massa politieke moorde wat deur die junta uitgevoer is, te steun. In die vroeë 1970s is hy geassosieer met die regse Peroniste Guardia de Hierro (Ystergarde), wie se lede saam met lede van die Peroniste vak-unie in diens geneem is met lede van die sogenaamde Triple A (die Argentynse Anti-Kommunistiese Allianse), wie ‘n kampanje van uitwissing uitgevoer het nog voordat die junta aan bewind gekom het. Admiraal Emilio Massera, die Hoof van die Vloot en hoof ideoloog van die junta, het ook hierdie elemente in diens geneem, en veral waar dit by die hantering van persoonlike eiendom van die wat verdwyn het, gekom het.

Yorio, wat in 2000 dood is, het aangevoer dat Bergoglio “met Admiraal Massera gekommunikeer het en hy het hom in kennis gestel dat ek een van die guerrillas was.”

Die junta het die kleinste uitdrukking van teenstand teen die sosiale orde of simpatie vir die onderdruktes as “terrorisme” gesien. Die ander priester wat ontvoer is, Francisco Jalics, het in ‘n boek geskryf dat Bergoglio belowe het dat hy aan die junta sou sê hulle is nie terroriste nie. Hy het geskryf dat “van latere stellings en 30 dokumente wat ek later kon bestudeer, kon ons sonder twyfel bewys dat hierdie man nie sy belofte nagekom het nie en dat hy, in teenstelling, ‘n valse verklaring oor ons aan die junta gelewer het.”

Bergoglio het dit van die hand gewys om voor die eerste hofsaak van die junta te verskyn, sowel as verdere verrigtinge waarna hy gedagvaar is. In 2010, toe hy uiteindelik vir ondervraging aangemeld het, het prokoureurs vir die slagoffers bevind dat hy “ontwykend” was en “gelieg” het.

Bergoglio het toe gesê hy het eers na die einde van die diktatorskap van die junta uitgevind dat hulle die babas van moeders wat verdwyn het, gesteel het. Die junta het die moeders ontvoer, aangehou tot hulle geboorte geskenk het en het hulle dan terreg gestel en die kinders is aan families van die junta of die polisie gegee. Bergoglio het duidelik nie die waarheid gepraat nie, want families het na hom gegaan vir hulp om vermiste mense te vind.

Die samewerking met die junta was nie net ‘n persoonlike gebrek van Bergoglio nie, maar eerder ‘n beleid van die kerk se hierargie, wat die junta se doelstellings en metodes gesteun het. Die Argentynse joernalis Horacio Verbitsky het Bergoglio se samewerking met die junta uitgewys. Verbitsky het verwys na ‘n boek wat Bergoglio geskryf het waarin sinne van ‘n vergadering tussen die kerk en die junta se leierskap in November 1976, agt maande na die junta se oorname, uitgewis is.

Die deel van Bergoglio se stelling wat uit die boek gesny is, het dit ingesluit dat die kerk “nooit ‘n kritieke posisie teen enige aksie van die regering sal inneem nie”, want die regering “se mislukking sal in alle waarskynlikheid tot Marksisme lei.” Dit het verklaar dat die Katolieke kerk “verstaan, saamgaan met en aanvaar” dat die junta die sogenaamde “Proceso” moes instel wat ‘n bewind van terreur teen die werkersklas van Argentinië ontlok het.

Hierdie steun was geensins platonies nie. Die junta se aanhoudings- en martelingsentrums het van priesters gebruik gemaak, wie se werk dit was om te preek vir die wat gemartel en doodgemaak is, maar ook om die gewete van die martelaars te streel. Hulle het bybelse stellings soos “om die oring van die skaaf te skei” gebruik, om diesulkes wat sogenaamde doodsvlugte beman het, waarin politieke gevangenes bedwelm is, in vliegtuie gesit is en oor die see uitgegooi is, tevrede te stel dat “hulle God se werk doen.” Ander priesters het deelgeneem aan die martelingsessies en het die rites van belydenes gebruik om inligting wat die martelaars kon gebruik, in die hande te kry.

Hierdie samewerking is gesteun van die Vatikaan tot onder. In 1981, op die vooraand van Argentinië se oorlog met Britanje oor die Malvinas (Falkland) Eilande, het Pous Johannes Paulus II na Buenos Aires gevlieg en saam met die junta verskyn en het die leier Generaal Leopoldo Galtieri, gesoen sonder om ‘n woord te sê oor die tienduisende mense wat ontvoer, gemartel en vermoor is nie.

Soos Jefferson opgemerk het, die kerk “werk altyd saam met die despoot”, soos dit ook die geval was toe die kerk Franco se fassiste in Spanje gesteun het, asook die Nazis soos hulle die uitwissing van Jode uitgevoer het, en ook by hulle steun van Amerika se oorlog in Vietnam.

Nogtans moet die aanstelling van ‘n man soos Bergoglio as pous – en die viering daarvan in media en die heersersklas – as ‘n kwaai waarskuwing dien. Nie alleen word die verskriklike misdade soos uitgevoer in Argentinië 30 jaar gelede omarm nie, maar die wat tans mag het oorweeg dit om dieselfde metodes te gebruik om kapitalisme teen die klassestryd wat toeneem en die gevaar van sosiale revolusie te beskerm.

Bill Van Auken