JPMorgan en die kriminilarisering van die VSA se heersersklas

18 Maart 2013

Skaars ‘n week nadat die Prokureur-generaal Eric Holder voor ‘n senaatskomitee erken het dat die Obama administrasie die groot Wall Street banke as te magtig beskou om te vervolg, het die Senaat se Permanente Subkomitee op Ondersoeke ‘n 300-bladsye lange dokument vrygestel waarin die grootskaalse bedrog en wetteloosheid van JPMorgan Chase, die VSA se grootste bank en die wêreld se grootste handelaar in deriviteite, uitgewys is.

Die verslag, wat verlede Donderdag vrygestel is, dokumenteer die sistematiese bedrog in verband met meer as $6.2 biljoen se verliese tydens hoë risiko ooreenkomste in finansiële deriviteite in 2012.

Dit verklaar: “Die subkomitee se ondersoek het bevind dat, oor die eerste kwartaal in 2012 het JPMorgan Chase se Hoof Beleggingskantoor hul Sintestiese Krediet Portfolio (SCP) gebruik om in hoë risiko deriviteite te handel, en het die SCP se boek verkeerd gemerk om honderde miljoene dollars se verliese weg te steek; hulle het baie waarskuwings van binne van die risiko verontagsaam; het modelle gemanipuleer; het die Kantoor van die Beheerder van die Geldeenheid (OCC) ontduik; en het beleggers, reguleerders en die publiek oor die aard van gevaarlike deriviteite bedrieg.”

Die verslag sê voorts dat in April verlede jaar, toe die HUB Jamie Dimon beleggers tevrede gestel het dat bekommernis oor sogenaamde krediet ruil-weddings deur die bank se Londen Hoof Beleggingskantoor “’n totale storm in a teekoppie is”, was Dimon “reeds in besit van inligting oor … die komplekse en groot portfolio, verliese oor drie maande, en die eksponensiële groei van hierdie verliese gedurende Maart, en die probleme om hierdie situasie te bowe te kom.”

Hierdie leuen het gekom gedurende ‘n konferensie-oproep op dieselfde dag wat JPMorgan hul verdienste vir die eerste kwartaal aan die Sekuriteite en Uitruilingskommissie (SEC) gelewer het. In daardie verslag het die bank bedrieglike boekhoudingsmetodes gebruik om te verhoed dat hulle moes verantwoording doen vir ten minste $1 biljoen se verliese van slegte debiet van sy Sintetiese Krediet Portfolio.

Een maand later, het Dimo ewe skielik aangekondig dat die bank sowat $2 biljoen verloor het op sy sogenaamde “London whale” deriviteite. Daardie verlies het sedertdien tot $6.2 biljoen gestyg. Die geld wat JPMorgan gebruik het om te spekuleer op die krediet status van verskeie entiteite het die federal versekerde depositos van tienduisende kliënte ingesluit.

Hulle is dus verantwoordelik vir valse verslae aan federale reguleerders, hulle het beleggers en die publiek bedrieg, en dit is misdade wat met boetes of tronkstraf strafbaar is. Maar nie die bank, Dimon of enige ander top JPMorgan beampte is nog vervolg of gestraf nie.

Dit kom as geen verrassing vir mense wat bekend is met die bloedskandige verhouding tussen die banke en hul nominale federale reguleerders nie, en die geskiedenis wat die Obama administrasie het daarmee om die Wall Street mafia te beskerm daarvan om verantwoordelik gehou te word vir hul dade.

Ongeag hul eie verwoestende bevindinge, is die Senaatskomitee, onder leiding van die Demokraat Carl Levin, ‘n integrale deel van die institusionele samewerking en bedekking wat die finansiële elite sou toelaat om hul welvaart te verhoog deur die samelewing te misbruik. Verlede Vrydag, toe die komitee sy verslag vrygestel het, het dit ondervragings gehou oor die “London whale” skandaal waar getuienis aangehoor is van voormalige en huidge JPMorgan beamptes en OCC amptenare.

Dimon was merkbaar nie teenwoordig nie, wie die komitee nie wou ondervra nie, ‘n onmiskenbare teken dat die multi-miljoenêr bankier niks het om te vrees nie. Hy het immers vriende in hoë plekke.

Bekend as Obama se gunsteling bankier, is hy gedurig na die Wit Huis genooi gedurende Obama se eerste termyn. Slegs dae nadat Dimon op 10 Mei 2012 aangekondig het dat daar voorheen verliese was wat weggesteek was, het Obama persoonlik pa gestaan vir Dimon en die bank. Hy het in die openbaar gesê Dimon is “een van die slimste bankiers is” en dat JPMorgan “een van die bes bestuurde banke is”.

JPMorgan is egter nie die uitsondering nie, dis die reël. Twee jaar gelede het Levin se komitee ‘n 630-bladsy lange verslag uitgereik oor die onwettige aktiwiteite van die groot Wall Street banke voor die finansiële ineenstorting van 2008. Die verslag het dit ook duidelik gestel dat federale reguleerders en kredietfirmas betrokke was by die bedrog.

Levin het toe gesê dat sy ondersoek bevind het dat daar ‘n “slangpit was waarin daar baie gierigheid, konflik van belange en wandade was.” In die interim het een bankskandaal na die ander ontvou, van die subprima skandaal, tot bedrog met huislenings, tot die Libor rentekoers kontroversie, to die bank se geldwassery vir Meksikaanse dwelmbase. Dieselfde tipe spekulasie wat die wêreld se ekonomie omskep het in ‘n reuse kasino vir weddery deur die finansiële elite duur onverpoost voort.

Maar steeds is geen enkele bank of bankier vervolg nie, wat nog te sê daarvan dat hull tronk toe gestuur is. In teendeel, die finansiële skurke is beloon met nog meer openbare fondse om rekordwinste, uitvoerende bonuse en aandele pryse te bedien. Bo en behalwe die triljoene rande wat aan JPMorgan en ander banke oorhandig is in kontant om hulle te help, of vir goedkoop lenings en bate waarborge – met geen risiko daaran verbonde nie – pomp die Federal Reserwe $85 biljoen elke maand in gratis geld in die finansiële sisteem in.

Die bank bonanza self is meer is die jaarlike federale tekort van die VSA. Terwyl dit aangaan dring die Obama administrasie en staats en plaaslike regerings daarop aan dat daar selfs meer kwaai besnoeiinge moet plaasvind in sosiale programme, werksgeleenthede, lone, gesondheidsorg en pensioene.

Die kriminaliteit op Wall Straat en in Washington is geen uitsondering nie; dit is ‘n integrale deel van die funksionering van die kapitalistiese sisteem van winste.

Die tipe aktiwiteite wat ontdek is oor JPMorgan se aktiwiteite is verteenwoordigend van die daaglikse dade van die groot banke en verskansingsfondse. Dit is die gesig van Amerikaanse kapitalisme in sy laaste dae, wat ook gepaard gaan met die agteruitgang van industrie en produktiewe magte, en die groter wordende rol wat deur die parasitiese en sosiaal destruktiewe vorms van finansiële manipulasie gespeel word. Dit gaan direk gepaard in politieke prosesse met die verarming van die werkersklas en die aftakeling van demokratiese regte.

Dekades van industriële verval en politieke reaksie het die ongebreidelde heerskappy van die finansiële aristokrasie tot gevolg gehad, wat soos artistokrasieë van die verlede nie onderdanig aan die wet is nie. Dit beheer, ten dele deur omkopery, albei partye en die hele politieke sisteem. Dit is nie onderworpe aan die reels wat gewone mense raak nie.

Die sisteem kan nie hervorm word nie. Dit moet omgekeer word deur die kollektiewe en polities bewuste aksie van die werkersklas. Die World Socialist Web Site en die Sosialistiese Gelykheidsparty stel voor:

Om hierdie sosialistiese en revolusionêre program in werking te stel moet ‘n nuwe leierskap gebou word om die werkersklas in staat te stel om ‘n deeglike program en strategie te hê vir mag aan die werkers. Ons moedig almal aan wat hiermee saamstem om by die Sosialistiese Gelykheidsparty aan te sluit en ons te kontak.

Barry Grey