Die Amerikaanse media, tien jaar na die oorlog in Irak

21 Maart 2013

Veelvuldige motor-bom aanvalle het gister Shiite teikens regoor Irak getref, op die tiende herdenking van die VSA se inval van Irak; 65 mense het gesterf en 200 is beseer. Dit was ‘n bloedige herinnering van die effek van die neo-kolonialistiese besetting deur die VSA van Irak, insluitend Washington se aanhitsing van etniese en sektariese konflik en van die stygende Siriese oorlog.

Gister se bom-aanvalle het gekom na ‘n reeks anti-Shiite aanvalle deur affiliate van Al Qaeda in Irak, ‘n groep wat verbind word met die Al Nusra Front – tans die leidende mag in die VSA ondersteunde Siriese opposisie wat veg om President Bashar al Assad te ontsetel.

Teen die agtergrond van hierdie aanhoudende gruweldade, kan ‘n mens net gewalg wees deur die VSA se media se misleidende en opperlvlakkige terugblik op die Irakese oorlog. Hulle beeld die oorlog as iets van die verlede uit, na afloop van die verkiesing van ‘n Irakese regering en die formele ontrekking van Amerikaanse troepe vanuit Irak in Desember 2011. Die leuens en kriminaliteit waarmee die VSA die oorlog bestuur het – wat Irak verwoes het en tot die dood van ‘n beraamde 1.2 miljoen Irakese burgers en amper 4 500 Amerikaanse soldate, en nagenoeg R2 triljoen gekos het – word of geïgnoreer of van die hand gewys as “mislukkings van intelligensie”.

Die Amerikaanse bevolking was geflous om die ongewilde oorlog te steun, ongeag massa protes-optrede daarteen. Die oorlog was gebasseer op leuens waarvoor niemand nog verantwoordelik gehou is nie. Bewyse dat Irak wapens van massa verwoesting (WMV) besit het is deur Amerikaanse amptenare vervals, insluitend die Minister van Buitelandse Sake, Colin Powell, tydens ‘n aanbieding by die VN in 2003. Die VSA se President George Bush en die Adjunk President Dick Cheney het gelieg toe hulle gesê het dat die VSA Irak moes aanval om te verhoed dat hulle met Al Qaeda saamwerk – die organisasie wat nou dien as ‘n voorgestelde mag van die VSA in Sirië.

Gegewe die omvang van die misdade en die verwoesting wat gesaai is deur die Irakese oorlog, het die reaksie van die Amerikaanse media ‘n Orweliaanse karakter. Tien jaar na ‘n massa media kampanje om die publiek to dwing om die oorlog te steun is daar nie eens een ernstige hersiening van die gebeure wat tot die katastrofe gelei het nie. Die storie word hanteer as twee-minute lange nuusberigte en kort artikels.

Die New York Times het ‘n kort lys van kommentare deur VSA akademici en staatsamptenare onder die titel “Was dit die Moeite Werd?” geplaas. Harvard Universiteit professor en voormalige Adjunk Nasionale Veligheids-raadgewer Meghan O’Sullivan het die vuil argument gemaak, “glo dit of nie, maar ons is nou veiliger” na die oorlog. Sy het herinner aan die WMV leuens, en sy het geargumenteer dat sonder om Irak in te val “is dit ten minste denkbaar dat [voormalige Irakese President] Saddam [Hussein] vandag ‘n kernwapen sou hê.”

Die Washington Post het geskryf dat Irak “iewers tussen vooruitgang en chaos” geleë is, en het erken dat daar deurlopende sektariese oorlogvoering is, maar het die Goewerneur van Najaf, Adnan Furfi, aangehaal toe hy gesê het “die meeste mense het nou ‘n goeie werk en baie geleenthede.” Behalwe die feit dat dit ‘n leuen is, en selfs al was dit waar, sou dit nog geen regverdiging wees vir die VSA se inval en besetting van Irak nie.

Die skrywers wat prominent in hul steun van die oorlog was, insluitend die New York Times se Thomas Friedman en Richard Cohen en David Ignatius van die Washington Post het geen kommentaar op die herdenking gelewer nie. Friedman het onder geen verpligting gevoel om sy berugte stelling te verdedig dat hy “geen problem met ‘n oorlog vir olie” in Irak gehad het nie.

Die Post se rubriekskrywers was te besig om te vra vir ‘n oorlog teen Sirië om enigsens te skryf oor hul rekord in Irak. Ignatius het die stuur van anti-lugvaart missiele na Siriese opposisie vegters verwelkom en hy het die VSA se inval van Sirië verwelkom en geskryf: “Kom ons wees eerlik, as Assad weg is en Sirië kan eindelik hul staat herbou, sal hulle massiewe buitelandse ekonomiese en militêre steun nodig hê – waarskynlik insluitend vredesmagte van die Arabiese Liga of selfs van ‘n NAVO land soos Turkye.”

In 2003 het Cohen entoesiasties aangevoer dat Colin Powell se leuens oor Irak se besit van WMV by die VN “was ‘n redelike man wat ‘n redelike saak aangevoer het” – ‘n oordeel wat hy gevel het, soos die WSWS opgemerk het, “terwyl hy getik het voordat Powell selfs klaar gepraat het” om sy spertyd by die koerant te haal. Hy doen weer sy bes om enige bekommernis, hierdie keer oor onbedoelde nagevolge daarvan om Al Qaeda in Sirië te bewapen, van die hand te wys.

Die VSA moet onverpoost voortgaan om Assad aan te val, skryf Cohen. “Dit is ‘n gegewe dat daar nagevolge sal wees. Daar is geen manier om dit te verhoed nie, maar net om dit te beheer. Dit kan slegs gedoen word deur die gematigde elemente spoedig te bewapen en om te druk vir so ‘n vinnige einde aan die oorlog as moontlik.”

Cohen se oorlogsugtigheid is ‘n aanduiding van die opkoms van ‘n entoesiastiese pro-oorlog afdeling in die voormalige liberale, pro-Demokratiese pers.

Die media se aanvoering van ‘n agressiewe oorlog, tans die duidelike basis vir Amerikaanse beleid in die Midde Ooste, is oop vir dieselfde veroordelings as die wat teen die top amptenare van die Nazi propaganda masjien uitgereik is. Die VN se Resolusie 110, wat na afloop van die Nuremberg hofsake aangeneem is, stel dat “alle vorms van propaganda in watter land ookal, wat of ontwerp is of waarskynlik ‘n bedreiging vir vrede kan inhou of tot ‘n daad van agressie kan lei” moet onder sensuur geplaas word.

Ongeag die ongekende menslike en finansiële koste verbonde aan die oorlog het sommige mense baie goed gedoen uit Operasie Vryheid vir Irak.

Die oorlog het die VSA bankrot gemaak en het Irak verwoes, en dié land se olievelde word nou ontgin deur Westerse firmas – insluitend ExxonMobil, BP, Chevron, Shell, en Cheney se firma, Halliburton. Irak staar selfs ‘n energie tekort in die gesig, met baie Irakese burgers wat nie elektrisiteit of lopende water het nie, want 80% van Irak se olie word deur buitelandse firmas uitgevoer. Hulle werk ten nouste saam met die massiewe VSA ambassade, wat weggesteek is in Bagdad se beskermde Groen Zone, om ook toesig te hou oor Irak se President, Nouri al-Maliki.

Die VSA se oorlogsplanne in Iran en Sirië was ‘n onvermydelike gevolg van die oorspronklike misdaad in Irak. Besorg dat die instelling van ‘n Shiite regime in Irak die streeks-balans van mag te veel na Iran kan laat swaai, het die VSA toegelaat dat die monargië van die Persiese Golf die regsgesinde Sunni magte bewapen wat deur Al Nusra teen Sirië gelei word. Sirië is ‘n sleutel vennoot van Iran. Soos gister se bomaanvalle wys, vind Irak homself weer in die middel van hierdie oorlogsplanne.

Tien jaar nadat die oorlog in Irak begin het, duur die VSA se imperialistiese oorloë in die Midde Ooste voort en nuwes word voorberei, en die politieke kriminele wat verantwoordelik is vir die oorloë en hulle media propagandiste word nie gestraf nie.

Alex Lantier