Agter die mislukte politieke staatsgreep teen Australië se EM

23 Maart 2013

‘n Interessante kommentaar het verskyn van die BBC aangaande hierdie week se mislukte uitdaging teen die leierskap van Australië se Eerste Minister Gillard.

BBC korrespondent Nick Bryant verklaar: “Australië het een van die mees brutale kulture vir staatsgrepe in die demokratiese wêreld, waar leiers van partye baie maklik ontslaan word. Terwyl nog ‘n eerste minister ‘n dreigement van haar eie kant in die gesig staar, het die land nou dalk die “staatsgreep hoofstad” van die wêreld geword?”

Die artikel wys daarop dat sedert die begin van die jaar, Victoria se Premier Ted Ballieu, Noordelike Gebiede se Hoofminister Terry Mills en Suid-Australië se Liberale opposisie leier Isobel Redmond almal ontsetel is. Dit merk ook op dat dieselfde situasie ‘n lang lys politieke leiers van die Arbeiders en Liberale partye tebeurt geval het oor die laaste dekade.

“Vir die wêreld wat dit moet aanskou moet die hoë ongevalle-koers ietwat verwarrend wees. Australië, wat die laaste drie moeilike ekonomiese periodes suksesvol deurgemaak het, het 22 jaar sonder resessie beleef. So het die vraag ontstaan waarom die politici, wat tot hierdie nasionale suksesverhaal bygedra het, nie so weerstandig kon wees nie?” vra Bryant.

Volgens Bryant is hierdie akkute onstabiliteit, in die gesig van positiewe ekonomiese syfers, eenvoudig ‘n eienaardige en perverse Australiaanse fenomeen, wat sy wortels het in ‘n “brutale politieke kultuur” van meedoënlose faksie mag-soekers en ‘n pre-okkupasie met meningspeilings. Sy antwoord gee geen verduideliking nie.

Om die waarheid te sê, die huidige politieke woelinge is verbind met internasionale prosesse wat oor die laaste 30 jaar klasseverhoudinge beduidend verander het. Bo alles het die globalisering van produksie die program van nasionale ekonomiese regulasie en beperkte sosiale hervorminge waarop die Arbeidersparty en die vak-unies gebaseer is, ondermyn. Soos Thatcher in Britanje en Reagan in die VSA, het die Hawke-Keating Arbeiders-regerings van 1983 tot 1996 ‘n meedoënlose offensief teen die werkersklas uitgevoer, wat daarop gemik was om Australiaanse kapitalisme “internasionaal kompeterened” te maak.

Die resultaat was ‘n ongeëwenaarde herverdeling van welvaart opwaarts op die inkomste-skaal. Volgens die Reserwebank besit die rykste 20 persent bykans 67 persent van al die welvaart, terwyl die armste 20 persent net 0.2 persent besit. In 1970 het minder as 3 persent van huishoudings in armoede geleef. Drie dekades later is hierdie syfer nagenoeg 20 persent. Hierdie volskaalse aanslag op die sosiale posisie van die werkersklas, insluitend die vernietiging van honderde duisende werksgeleenthede in die vervaardigings-industrie, swaar gewonne werksomstandighede en essensiële sosiale dienste, het die gevolg gehad dat daar diepgaande en wydverspreide ontnugtering is binne die werkersklas oor hul ou organisasies – die Arbeidersparty en die vak-unies.

Die vooraf-kondisies vir die afgelope 22 jaar se ononderbroke ekonomiese groei is gelê deur die brutale pro-mark “herstrukturering” van die Hawke-Keating jare, wat ‘n klein welgestelde laag mense verryk het ten koste van miljoene gewone werkers, tesame met die oplewing in die mynbedryf wat geassosieer word met die opkoms van Sjina as die wêreld se grootste goedkoop platvorm vir arbeid. Oor die laaste dekade het Australië se uitvoere uitgebrei van $8.8 biljoen in 2001-2002 tot $77.1 biljoen in 2011-2012.

Die Australiese ekonomie se toenemede afhanklikheid van Sjina het egter net die dilemma wat die heersersklas in die gesig staar vererger wat sedert die Tweede Wêreldoorlog strategies afhanklik was van VSA imperialisme om sy ekonomiese en geo-politiese belange in die Asiatiese-Stille Oseaan gebied te beskerm. Australiese regerings het elke oorlog wat deur die VSA gelei is sedert die verval van die Sowiet-Unie, ondersteun, terwyl Washington poog om sy militêre mag te projekteer om sy historiese ekonomiese agteruitgang teen te werk. Maar Obama se “pivot na Asië” – ‘n produk van die verdiepende globale spanninge wat geproduseer is deur die finansiële krisis van 2008 – was gerig daarop om Sjina diplomaties, economies en strategies te konfronteer dwarsdeur die streek en het skerp verdelings binne die Australiese politieke establishment na vore gebring.

Dit is hierdie globale prosesse wat aanleiding gegee het tot die akkute politieke onstabiliteit nie net in die Arbeidersparty nie, maar die hele politieke establishment.

Hierdie onstabiliteit het skerp uitdrukking gevind in die uitgerekte konflik binne die Arbeiders-leierskap tussen Gillard en Kevin Rudd, die voormalige eerste minister wat ontsetel is in die staatsgreep van Junie 2010. Rudd het die belange van ‘n deel van korporatiewe Australië geartikuleer en gepoog om die stygende spanninge tussen Washington en Beijing te versag. Maar sy diplomatieke inisiatiewe het lynreg ingegaan teen die Obama administrasie se determinisasie om Sjina te ondermyn en VSA dominansie in die streek te verseker. Rudd se einde waste weeg gebring deur sleutel Arbeider faskionele magsbedingers met nabye bande met Washington.

Gillard het onmiddellik haar volle steun aan die VSA-Australië alliansie toegesê en het op elke punt langs die pad saam met die Obama administrasie geloop. In November 2011 het Obama die land besoek en het ‘n voordrag aan die Australiese parlement gebruik om formeel sy “pivot na Asië” te verduidelik. Hy het toe ‘n ooreenkoms met Gillard geteken om Australiese militêre basisse vir Amerikaanse Mariniers oop te maak, asook vir oorlogskepe en vegvliegtuie, wat die land aan die voorpunt van enige konflik tussen die VSA en Sjina plaas.

Vir die Obama administrasie is die VSA-Australiese alliansie en toegang tot Australiese militêre basisse van sentrale strategiese belang. Gillard het verlede week se leierskapskrisis, en ‘n vorige aanslag deur Rudd in Februarie verlede jaar, tot ‘n groot mate oorleef as gevolg van Washington se steun. Ongeag die regering se historiese laagtepunte in meningspeilings en die vooruitsig van ‘n loesing in die verkiesing, het sleutel pro-VSA Arbeider swaargewigte aangehou om Gillard teen Rudd te steun.

Terselfdertyd het magtige dele van die groot sake sfeer geeïs dat daar ‘n einde gemaak word aan Rudd se maatreëls wat ingestel is na die uitbreek van die globale finansiële krisis, asook die heronderhandeling van sy nuwe super winsbelasting vir die mynwese, en het in stede daarvan vir Gillard gesteun. Onmiddellik nadat sy die top posisie oorgeneem het, het Gillard beloof om die sogenaamde hervormings van die Hawke-Keating jare uit te brei deur gesondheidsorg, opvoeding en ander sosiale dienste vir privaat wins oop te maak. Oor die laaste jaar het haar regering nuwe korporatiewe herstrukturering verseker, wat deur die hoë Australiese dollar aangevuur is en dit verseker tans ‘n vloedgolf van fabrieksluitings en werksbesnoeiinge.

Nou, te midde van die verlangsaming van die Sjinese ekonomie en die ekonomiese insinking in Europa en die VSA, dring die korporatiewe elite aan op dieper besnoeiinge in openbare besteding in die Mei begroting, asook op ‘n nuwe poging vir “produktiwiteit” wat op winste gemik is. Die frustrasie in regerings-kringe kringe is dat nog die Gillard regering nog die Liberaal-Nasionale opposisie die regressiewe maatreëls kan deurvoer binne die raamwerk van die parlement en parlementêre verkiesings nie. Dit wys na die feit dat toekomstige staatsgrepe steeds meer anti-demokratiese en outoritêre vorms sal aannneem.

Die werkersklas kan nie bekostig om op die kantlyn te staan terwyl die heerserklas sy agenda in werking stel nie. Werkers moet ‘n bewuste breek maak van die Arbeidersparty en begin om tussenbeide te tree op politieke grondslag op die basis van hul eie onafhanklike klasse belange. Die baie werklike moontlikheid van oorlog en sosiale teenrevolusie kan slegs beantwoord word deur die onafhanklike politieke mobilisasie van die werkersklas om ‘n werkersregering te vestig wat daarop gemik is om die disfunksionele en oudmodiese kapitalistiese sisteem mee weg te doen en om ‘n sosialistiese program in te stel wat in die behoeftes van die menigtes kan dien, en nie vir die super winste van ‘n handjievol nie. Dit is die program van die Sosialistiese Gelykheidsparty.

Peter Symonds