Afrikaans

Nuwe Sjinese president maak Afrika die hof

Sjina se nuwe president, Xi Jinping, het Afrika vandeesweek besoek – eers na Tanzanië, en toe na Suid-Afrika waar hy aan die BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika) samesprekinge deelgeneem het, en toe na die Republiek van Kongo. Deur die toer het Xi aktief die kontinent se regerings opgesoek te midde van ‘n intensiviserende gehaas tussen die groot globale magte vir beheer oor Afrika se reuse bronne en potensiële markte.

Xi het verklaar dat Sjina Afrika as ‘n “gelyke” venoot sou hanteer, in teenstelling met voormalige Westerse koloniale magte. Die feit dat hy eers in Tanzanië aangedoen het, waar hy ‘n beleidstoespraak oor Afrika gemaak het, is geen toeval nie. Die Tanzanië-Zambië spoorweg, wat in die 1970s gebou is, was een van Sjina se eerste groot infrastruktuur projekte in Afrika.

Xi het sy toespraak oor Sjinees-Afrikaanse verhoudinge gehou in ‘n konferensie-saal wat in Der es Salaam, Tanzaniëse grootste stad, met Sjinese geld gebou is. Xi het verklaar: “Met die groei van sy ekonomiese en algehele sterkte, sal Sjina aanhou om, soos altyd, noodsaaklike hulp aan Afrika te bied, met geen politieke verpligtinge verbonde nie.”

Sjina se president het $20 biljoen in krediet aan Afrika-lande vir 2013-2015 gebied en het gesê Sjina sal “Afrika-lande help om minerale bronne om te skakel in ontwikkelingsterkte en om onafhanklike en onderhoudbare ontwikkeling te bereik.” Volgens Xi sal Sjina Afrika nooit as ondergeskik hanteer nie, “selfs nie terwyl Sjina sterker raak en hoer internasionale status geniet nie.”

Xi se toer was ontwerp om kritiek teen te werk deur dele van plaaslike Afrika elite, die wat meer met vorige koloniale magte saamwerk, dat Sjina “neo-kolonialisme” voorstaan. Voor Xi se besoek het het die goewerneur van Nigerië se sentrale bank, Lamido Sanusi in die Londonse Financial Times geskryf: “Sjina neem van ons primêre goedere en verkoop vervaardigde goedere aan ons. Dit was ook die essensie van kolonialisme.”

In reaksie teen sulke kritiek het Lu Shaye, die hoof van die Sjinese ministerie van buitelandse sake se Afrika department op Hong Kong televisie gesê: “Wat het Westerse lande vir Afrika in 50 jaar sedert onafhanklikheid gedoen? Niks.” Lu het daarop aangedring dat dit die Weste was, en nie Sjina nie, wat alleen in Afrika se bronne belangestel het.

Sjina is inderdaad nie ‘n imperialistiese mag nie. Hulle het beleggings in Afrika bymekaargemaak, en vinnig gegroei, maar is nog klein in vergelyking met Westerse imperialistiese magte wat die kontinent vir eeue uitgebuit het. Sjina het ‘n onbeduidende militêre teenwoordigheid in Afrika, in teenstelling met die VSA en sy Europese bondgenote.

Sjinese maatskappye funksioneer egter nie in Afrika as weldoeners nie. Sjinese lenings en hulp aan Afrika bestaan hoofsaaklik uit infrastruktuur en projekte vir hulpbronne, soos myne en hoofweg paaie. Hierdie word aangebied in ruil vir of om die vervoer en verskaffing van rou materiale te fasiliteer, wat Sjina gebruik om goedkoop goedere vir Westerse markte te maak.

Terwyl hy in Tanzanië was het Xi toesig gehou oor die ondertekening van verskeie ooreenkomste. Dit sluit in planne vir ‘n massiewe $10 biljoen hawe projek in Bagamoyo, 75 kilometer noord van Dar es Salaam, wat deur die staatsbeheerde China Merchants Group gebou gaan word. Die hawe sal verbind word aan ‘n spesiale industriële sone, waaroor ‘n verdere ooreenkoms onderteken is.Terwyl die amptelike doel van hierdie projekte is om die streek ‘n handelsentrum te maak, en Asië by oos Afrika in te skakel, het analiste daarop gewys dat die hawe moontlik Sjinese vlootskepe, wat nou aktief in die Indiese Oseaan is, kan huisves.

In onlangse jare is reuse gasbronne in die kus langs Tanzanië en Mosambiek ontdek. Sjina finansier reeds die konstruksie van ‘n 532 kilometer gas pyplyn, teen ‘n koste van $1.2 biljoen, wat die onlangs ontdekte gas reserwes in die suide van Tanzanië met die hawe in Dar es Salaam skakel.

Toegang tot energie-bronne het ook Xi se besoek aan die Republiek van Kongo genoodsaak. Kongo verskaf nou 2 persent van Sjina se noodsaaklike olie, met groot potensiaal vir die syfer om te groei.

Vanweë Sjina se reuse aankoop van hulpbronne en groeiende beleggings in Afrika, het dele van die plaaslike elites na Sjina gedraai, of gepoog om hul invloed as ‘n teenwig teen Westerse invloed te gebruik. Gedurende Xi se besoek aan Suid-Afrika het President Jacob Zuma die “opkoms van Sjina” geprys, en het die land as ‘n model en ‘n “bron van inspirasie” vir sy land genoem. Verlede week het Zuma Westerse maatskappye gewaarsku om hul “koloniale” sienswyse te verander wanneer hulle Afrika besoek, en om op te hou om Sjina van “kolonialisme” te beskuldig.

Sjina is nou Suid-Afrika se grootste handelsvenoot, maar Europa bly ‘n reuse bron van handel en belegging. Met dit in gedagte het die Suid-Afrikaanse president aan die Financial Times gesê: “ Sjina doen sake op ‘n baie spesifieke manier en ons dink aan kan die voordele sien, maar ons is baie, baie versigtig.” Hy het verwys na Afrika se ervaring van kolonialsime, en Zuma het gesê sulke verhoudinge moet tot almal se voordeel strek. “En dit is waaroor ons en Sjina saamstem.”

Die vyfde BRICS samesprekinge waar Suid-Afrika die gasheer was, was genoem “BRICS en Afrika: Venootskap vir Ontwikkeling, Integrasie en Industralisasie.” Die tema som die begeerte van Sjina, Rusland, Brasilië en Indië op om hul ekonomiese teenwoordigheid op die kontinent uit te brei. Terwyl Sjina die VSA en Europese lande verbygesteek het om Afrika se grootste handelsvenoot te word (met handel tussen die kontinent en Sjina van $US200 biljoen in 2012). Brasilië se handel met Afrika het ook met 6005 oor die laaste dekade gegroei. Brasiliaanse konstruksie en mynmaatskappye is nou aktief dwarsoor die kontinent.

Die ambisies van die BRICS lande kom egter in konflik met die gevestigde Westerse magte wat vir lank die kontinent gedomineer het. Sjina het reeds ‘n pynvolle les geleer as gevolg van intervensie deur die VSA en Europa om die regering van Libië in 2011 omver te werp. Sjina het biljoene dollars in beleggings verloor en moes duisende van sy burgers uit die land uit kry. Sedert die begin van die jaar het Frankryk, gesteun deur die VSA, hul militêre inmenging in Mali, nog ‘n strategiese plek, verskerp.

Onder George W. Bush, en nou Obama, het Washington meer openlik militêre mag gebruik om Sjina se groeiende invloed in Afrika te fnuik. ‘n Onafhanklike militêre vleuel van die VSA, AFRICOM, is in 2007 gevestig in direkte reaksie teen die eerste Sjinees-Afrikaanse samesprekinge in 2006, waarna Beijing 50 staatshoofde uitgenooi het.

J. Peter Pham, ‘n raadgewer aan die VSA se Departemente van Buitelandse Sake en Verdediging, het in 2007 verklaar dat die doelstellinge van AFRICOM bestaan uit die “beskerming van toegang tot koolwaterstowwe en ander strategiese bronne wat Afrika in oorvloed het … en om te verseker dat geen ander belanghebbende party, soos Sjina, Indië, Japan of Rusland monopolieë of voorkeurbehandeling bekom nie.”

Die BRICS samesprekinge het dit uitgewys dat die kompetisie oor Afrika is verbonde aan breër en intensiviserende globale spanninge. Voor die samesprekinge in Durban het Rusland, die hoof argitek agter BRICS, ‘n beroep gedoen vir die skepping van ‘n gesamentlike bank wat in Moskou gebaseer sal word, met elke lid wat ‘n $10 biljoen bydrae lewer, om kompetisie te wees vir die VSA en Europees gedomineerde Wêreldbank en Internasionale Monetêre fonds (IMF).

Rusland het ook ‘n gesamentlike fonds van tot $240 biljoen voorgestel wat gebruik kan word vir enige finansiële noodsaak wat deur ‘n BRICS lid in die gesig gestaar kan word. Brasilië het gesê die nuwe bank sal “groter outonomie van die IMF” voorstaan en ‘n “alternatiewe finansiële hulpmiddel” vir ontwikkelende lande dien.

Daar is egter niks konkreets by die BRICS samesprekinge besluit nie. Rusland se Minister van Finansies het gesê daar was “positiewe beweging”, maar “geen besluit oor die skepping van die bank nie.” Daar kon nie ooreenkoms oor die grootte van die bydraes bereik word nie, gegewe dat Sjina se ekonomie 20 maal groter is as Suid-Afrika s’n, en vier keer groter as Indië s’n.

Ongeag dit het Brasilië en Sjina, die twee grootste ekonomië in BRICS, ‘n ruilooreenkoms van geldeenhede van $30 biljoen onderteken, wat amper helfte van hul jaarlikse handel van $75 biljoen dek. Daardie ooreenkoms wys op die opkoms van potensiële mededingendheid van blokke van geldeenhede, te midde van die wêreldwye finansiële onsekerheid en die toenemend problematiese status van die VSA dollar as die globale handelseenheid.

Loading