Obama se tweede termyn: ‘n nuwe stadium in die sosiale teen-rewolusie

8 April 2013

Slegs drie maande na die aanvang van President Barack Obama se tweede termyn is die karakter van die volgende vier jaar duidelik gedemonstreer in die optrede sover: ‘n intensivikasie van die sosiale teen-rewolusie in die Verenigde State, die uibreiding van VSA militarisme, en ‘n ongeëwenaarde aanval op demokratiese regte.

Die administrasie se rol as direkte agent van die banke word die mees duidelike uitgewys in binnelandse beleid. Nadat hulle triljoene dollars aan die banke oorhandig het, en stygende aandele markte wat gevolg het asook rekord winste, is die korporatiewe en finansiële elite gedetermineerd om die wekersklas te laat betaal.

Die 2012 verkiesings was gekarakteriseer deur die algemene ontnugtering van die Amerikaanse mense met die politieke sisteem as ‘n geheel, en die Obama administrasie in die besonder. Tot die mate wat die besonder anti-demokratiese raamwerk van die twee party sisteem dit toelaat, het die bevolking egter die soberheidsprogram teengestaan deur teen Mitt Romney, wat met die finansiële elite geassosieer word, gestem.

Voordat Obama se tweede termyn begin het, het die World Socialist Web Site gewaarsku dat Obama voorberei vir ‘n ongeëwenaarde aanval op hoeksteen sosiale programme. Op die dag van Obama se tweede inhuldigingsrede, het die WSWS gewaarsku, “dit is reeds duidelik dat die tweede termyn ‘n intensivisering van die regsgesinde beleid van die eerste sal sien. Die sleutelwoord in binnelandse beleid is soberheid met die sleutel programme van die 1930s en 19602 – Sosiale Sekuritiet en Medicare – wat geteiken word.”

Ongeag die feit dat hy tydens die verkiesing as voorstaander van die “middelklas” opgetree het en op aanstellerige wyse homself voorgestel het as teenstaander van die drakoniese begrotings besnoeiinge van die Republikeine, het Obama onmiddellik na afloop van die verkiesing teruggekeer daarna om sosiale besteding te snoei.

Die administrasie se sosiale agenda was duidelik gemaak in die begrotings-voorstel wat verlede week uitgelek het en formeel Woensdag vrygestel word. Dit maak ‘n uitdruklike eis vir skerp en diep onpopulêre besnoeiinge aan Medicare en Sosiale Sekuriteit, die kern federale gesondheidsorg en aftreeprogramme vir oues. Dit is slegs ‘n openings-voorstel, wat begin waar Obama en die Republikeinse leier van die Huis John Boehner verlede jaar opgehou het. Enige uiteindelike “groot ooreenkoms” tussen die Demokrate en Republikeine sal selfs meer drakonaiaans wees.

Obama se begrotingsvoorstel sny $400 biljoen van Medicare en laat kostes vir elke dag, voorkomende sorg beduidend styg. Die gevolg van hierdie stappe sal armoede en ‘n vroeëre dood vir miljoene wees. Die voorstel poog ook om $130 biljoen van Sosiale Sekuriteit te sny oor die volgende tien jaar deur die manier waarop lewenskostes bereken word, te verander.

Die begroting kom nadat Obama ‘n nuwe wet onderteken het wat “sekwestrasie” besnoeiinge insluit wat onbetaalde verlof (wat tot ‘n 20 tot 30 persent loonbesnoeiing tot gevolg sal hê) insluit vir meer as ‘n miljoen federale werkers, besnoeiinge aan werkloosheidversekering van 11 persent, ‘n loonbevriesing vir federale werkers en breë besnoeiinge aan sosiale programme wat verwoestende gevolge het vir miljoene mense regoor die land.

As gevolg van die sekwester word meer as 600 000 lae-inkomste vroue afgesny van die WIC, die bykomstige voedingsprogram vir vroue, babas en kinders; 125 000 families word federale behuisings-subsidies ontsê; en 1.2 miljoen studente word deur besnoeiinge aan opvoeding-subsidies geraak.

Hierdie federale aksies word gepaardgegaan met drastiese besnoeiinge op staats- en plaaslike vlak. Verlede maand het die goewerneur van Michigan, Rick Snyder ‘n noodbestuurder aangestel met wye magte om die stad van Detroit oor te neem. Die noodbestuurder, Kevyn Orr, het as taak om die geldvloei na Wall Street verbandhouers te verseker deur werkers-kontrakte op te skeur en die stad se bates te privatiseer. Die Obama administrasie het hul volle steun vir die aksies in Detroit uitgespreek, wat as ‘n model vir toekomstige maatreëls deur die land sal dien.

Slegs ‘n paar dae voordat Detroit se noodbestuurder amptelik sy pos ingeneem het, het die stad van Chicago, wat deur die burgemeester Rahm Emanuel – Obama se voormalige Hoof van Staf – gelei word, planne aangekondig op 61 openbare skole te sluit, die grootste enkele skoolsluiting in Amerika se geskiedenis.

Dit is alles deel van ‘n gekoördineerde beleid. Terwyl die VSA se Federale Reserwe elke maand $85 biljoen druk om huislenings en ander bates wat deur banke besit word op te koop, word niks gedoen om arm stede en state deur die land te help nie. Die doel is om histories ongeëwenaarde besnoeiinge aan openbare opvoeding, gesondheidsorg en aftreeprogramme wat die werkersklas help, deur te druk.

Op die gebied van buitelandse beleid begin Obama met ‘n reeks uiters uitdagende aksies in Oos Asië, en vlieg daar vliegtuie en kern-vaardighede deur ‘n streek wat deurspek is met nasionale en geo-politiese konflikte. Die spanninge oor Noord Korea word gebruik om die administrasie se sogenaamde “pivot na Asië” te intensiviseer, wat daarop gemik is om VSA dominasie in die Stille Oseaan te verseker. Dit is uiteindelik op Sjina gerig.

Die uitbreiding van die aanval op die werkersklas en die groei van militarisme word gepaardgegaan deur ‘n wye uitbreiding van die regering se polisie-staat magte. Vroeg in Februarie het die Wit Huis ‘n “witskrif” vrygestel waarin sy pseudo-geregtelike redes vir die buite-geregtelike sluipmoorde op VSA burgers uitgelê word, met skaars ‘n gedagte vir die basiese konstitusionele proses vir behoorlike prosedures nie. Prokureur Generaal Eric Holder het vir die eerste keer in Maart aangedring dat die regering die reg het om VSA burgers op VSA grond om te bring.

‘n Sleutelrol in die fasilitering van die sosiale teenrewolusie is gespeel deur die vakunies en die pseudo-linkse organisasies wat rondom die Demokratiese Party beweeg. Hulle doel is om ten alle koste ‘n breuk van die twee party sisteem te verhoed, en om aan te dring daarop dat die Obama administrasie se regse beleide die resultaat is van die Republikeine se onvergeeflikheid, en dat Obama gedruk kan word om sy steun vir soberheid deur populêre druk kan laat vaar.

Na afloop van Obama se herverkiesing het die Nation tydskrif byvoorbeeld geskryf dat dit “die mees beduidende maandaat vir ‘n progressiewe en afdwingbare regeringsmodel in meer as ‘n generasie” is. Hoe gou word sulke leë woorde nie ontbloot nie.

Die aksies van die Obama administrasie in sy tweede termyn is bevestiging van wat reeds duidelik was in die eerste termyn: dat die politieke sisteem in die VSA, of dit nou deur die Demokrate of Republikeine gelei word, staan overskillig teenoor die behoeftes en belange van die oorgrootte meerderheid van die bevolking, die werkersklas. Dit is ‘n sisteem wat total en al ondergeskik is aan die eise van die korporatiewe en finansiële elite.

Sulke aksies gaan nie ongemerk verby nie. Die heersersklas en sy instellinge is gediskrediteer in die oë van miljoene, in die VSA en rondom die wêreld.

Vir hulle om hul eie belange af te dwing moet die werkersklas sy eie politieke party en program het, wat begin met die begrip dat die regte en belange van werkende mense nie strook met die kapitalistiese sisteem nie. In teenstand teen die twee partye van groot sake, moet die werkersklas sy eie party bou, wat gebasseer is op ‘n sosialistiese program wat die samelewing herorganiseer op die basis van sosiale behoefte, en nie privaat profit nie. Dit beteken om by die Socialist Equality Party aan te sluit en te help om die party te bou.

Andre Damon