Amerika se demokrasie in ‘n gemors

22 April 2013

Met die oplegging van ‘n staat van beleg in Boston is ‘n geskiedkundige drumpel oorsteek. Vir die eerste keer ooit is ‘n groot Amerikaanse stad onder die ekwiwalent van krygswet geplaas. Die reeds uigerafelde fineer van ‘n stabliele demokrasie gebasser op grondwetlike beginsels is aan flarde.

Op Maandag 15 April het twee bomme ontplof naby die eidnstreep van die Boston Marathon in die stad se kern. Drie mense is dood en meer as 170 beseer, sommige ernstig. Dit was ‘n kriminele daad met tragiese gevolge. Maar geweld, insluitend dade van massa moord en rampspoede wat tot groot lewensverlies lei, is ‘n gereelde voorkoms in die Amerikaanse samelewing. Selfs terwyl die gebeure in Boston ontvou het, het ‘n reuse fabrieks-ontploffing in Texas, verbind aan veiligheidsgevare, vele meer lewens as die bom aan die einde van die marathon geëis.

Daar is geen presedent vir die massiewe mobilisering van die weermag, polisie en intelligensie magte wat op 19 April in Boston en omgewing uitgevoer is nie, wat meer as 1 miljoen mense betrek het. Duisende swaar bewapende polisie en Nasionale Wag troepe het die strate beset, gesteun deur gepandserde voertuie met masjien-gewere, Humvees en Black Hawk helikopters. Soos die WSWS opgemerk het, het die toneel gelyk soos die Amerikaanse besetting van Bagdad.

Mense is aangesê om binneshuis te bly terwyl die polisie, met outomatiese wapens gereed, op nodelose wyse die huise deursoek het. Sommige wat na buite gegaan het, is deur die polisie omring en beveel om huis toe te gaan. Die massa vervoersisteem is gesluit; passasier trein-dienste langs die noordoostelike gang is gestaak; besighede, universiteite en ander openbare fasiliteite is gesluit.

Boston – die bakermat van die Amerikaanse Rewolusie, een van die mees liberale stede in een van die mees liberale state in die VSA, die land se hoof sentrum vir nagraadse studie – het ‘n weermagskamp geword. Die verbysterende mobilisering van federale, staat en plaaslike polisie mag was ontplooi om ‘n 19-jarige jeugdige op te spoor.

Sover was daar nog geen protes vanuit die politieke of media establishment oor die situasie nie.

Na afloop van die in hegtenis-neming van die vermeende bom-planter Dzhokhar Tsarnaev, het President Obama ‘n laatnag verklaring vanuit die Wit Huis uitgereik waarin hy die rol van sy administrasie in die polisie-staat mobilisering beklemtoon, en hy het gespog dat hy die “volle bronne van die federale regering sal gebruik om veiligheid te verbeter.” Hy het die vermoede van onskuld ignoreer, en het na die gevange beskuldigde en sy dooi broer as “hierdie terroriste” verwys.

Obama se Departement van Justisie het spoedig aangekondig dat die verdagte se “Miranda regte” om stil te kan bly voor met die polisie praat, nie aan hom gelees sal word nie. Die department sal in stede daarvan die ernstig beseerde jeugdige ondervra op “uitgebreide” wyse nie net oor sake van opeanbare veiligheid nie, maar ook oor breër “intelligensie sake”. Dit stel ‘n presedent om enige iemand se regte te ontken onder die anti-terrorisme wette, wat onder Obama reeds politieke andersdenkendes soos Occupy Wall Street en anti-Navo betogers ingesluit het.

Gestu deur die polisie en weermag se mobilisering het die Republikeinse senatore Lindsey Graham en John McCain en New York Kongreslid Peter King – almal met noue bande met die militêre en intelligensie agentskappe – daarop aangedring dat Tsarnaev as vyandige soldaat verklaar word en aan die weermag oorhandig word.

Die gebeure in Boston het die modus operandi van die vestiging van vorme van diktatoriale heerskappy in die VSA blootgelê. Die een of ander geweldadige daad wat deur ‘n deurmekaar en ontevrede individu uitgevoer word, miskien met hulp van elemente binne die staat, word as ‘n daad van terrorisme gesien. ‘n Staasbeleg word opgelê waarin demokratiese regte opgesê word en militêre en polisie beheer gevestig word.

Alle staatsorgane is so diep geïmpliseer in hierdie planne dat min in die sigbare tierlantyntjies van politieke lewe verander hoef te word. Dit sou nie nodig wees om die president omver te werp of die Kongres te sluit nie. Hierdie instellings sal geredelik hul spesifieke rol speel, en die oplegging van ‘n militêre diktatorskap sal deur die VSA se Hooggeregshof goedgekeur word.

Die media sal eenvoudig voortgaan deur te doen wat dit normaalweg doen – deur te funsksioneer as ‘n de facto deel van die staat en om die nodige voorwendsels en paniek onder die publiek, te verskaf.

Die feit dat die hele establishment saamstem dat demokratiese norme nie gehandhaaf kan word na aanleidng van geweld deur ‘n paar individue nie, is getuienis daarvan dat die Amerikaanse demokrasie aan die verval is.

Die skaal van die reaksie teen die egte vlak van bedreiging was so disproporsioneel dat mens nie die slotsom kan vermy dat die Boston bomaanval die voorwendsel en nie die oorsaak van die beleg was nie. Die polisie-staat mobilisering was die kulminasie van meer as ‘n dekade se intensiewe beplanning en die onophoudelike opbou van onderdukkende magte van die staat sedert 9/11, wat onder die vaandel van die “oorlog op terreur” uitevoer is.

Die operasie is nie ‘n uitdrukking van sterkte of selfvertroue deur die Amerikaanse heersersklas nie. In teendeel, dit weerspieël die paniek van die korporatiewe finansiële elite oor die toenemede sosiale ongelukkgheid, wat vererger word word deur uiterste kommer oor die haglike toestand van die globale finansiële markte. Wat die heersersklas bybly is nie die vrees vir ‘n terroriste aanval nie, maar die vrees vir ‘n nuwe finansiële ineenstorting, met die moontlike gevolg van massiewe sosiale veranderinge.

Die verval van die Amerikaanse demokrasie het diepgaande oorsake, die eerste daarvan is die verbysterende vlakke van sosiale ongelykheid. Demokrasie kan nie gehandhaaf word wanneer die rykste 5 persent van die bevolking meer as 60 persent van die welvaart beheer nie. Met die beweging na polisie en weermag diktatorskap kom hierdie vorme van heerskappy in lyn met die onderliggende sosiale realitiet van Amerikaanse kapitalisme.

Nog ‘n fundamentele oorsaak van die krisis van demokrasie is die uitbreek van die VSA se militarisme. Die mag van die militêre intelligensie apparaat het reusagtig gegroei, veral sedert die einde van die Sowiet Unie, soos die Amerikaanse heersersklas militêre agressie gebruik om die afname in sy globale ekonomiese posisie teen te kamp. Die professionele weermag, gesegregeerd van die samelewing en vyandig daarteenoor, het toenemend meer invloed oor politieke aangeleenthede en burgerlike gesag. Soos altyd is imperialistiese oorlog onversoenbaar met demokrasie.

Amerikaanse liberalisme as ‘n beduidende tendens het ophou bestaan. Die steun van die Demokratiese Party vir die “oorlog op terreur” en die uiterlike agressie en interne repressie wat in sy naam uitevoer word, het dit duidelik gemaak dat geen afdeling van die heersersklas sal demokratiese regte steun nie. Die Obama administrasie, wat die regse vleuel en anti-demokratiese beleide van die Bush administrasie uitgebrei het, is sonder twyfel die mees reaksionêre in die VSA se geskiedenis.

Soos altyd word die vuilste rol gespeel deur die media en sy vooraanstaande personeel. Van dag een het hulle die media gebruik om gerugte te versprei, en het die een ongesubstansieerde stelling na die ander gemaak om paniek te saai om die polisie-staat maatreëls te regverdig. Hulle het geredelik ingestem om hul verslae self te sensor in lyn met die eise van polisie agentskappe. Soos CNN se Chris Cuomo, seun van die voormalige goewerneur van New York en broer van die staat se huidige goewerneur, aan kykers gesê het: “Ons het slegs die beeldmateriaal getoon wat die owerhede gemaklik mee is.”

Die media poog om ‘n aura van populêre steun vir krygswet te skep. Maar die aanvanklike verwarring sal tot stygende ontevredenheid lei. Die skielike skuif in die vorms van heerserskap sal teenkanting onder die bevolking tot gevolg hê, veral onder die werkersklas.

Die toepaslike gevolgtrekkinge moet gemaak word. Sosiale ongelykheid en oorlog – die onafwendbare gevolg van kapitalisme – is onversoenbaar met demokrasie. Die een of die ander – kapitalisme of demokrasie – moet gaan. Dít is die kwessie wat die werkersklas konfronteer.

Barry Grey