Afrikaans

Suid-Afrika se Marikana mynwerkers hou wildcat staking

Duisende Lonmin platinum mynwerkers in Marikana, Suid-Afrika het vandeesweek begin staak om protes aan te teken teen die uitvoering-styl moord op die organiseerder van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU).

Die stakende werkers is lede van AMCU, maar die unie het ontken dat hulle die industriële wildcat aksie georganiseer het. Die staking sal na verwagting tot Donderdag duur, na ‘n gedenkdiens vir die organiseerder. Werkers het volgens verslae gister by die myn opgedaag, maar geweier om ondergronds te gaan. ‘n Paar honderd het paaie geblokkeer and het byeengekom by die toneel waar die polisie ‘n slagting op werkers uitgevoer het, waar 34 stakende Marikana werkers vermoor is.

Werkers het stokke geswaai in die rigting van naburige polisie voertuie en gesing: “Die polisie is honde. Hulle moet die plek verlaat.” Hulle het

ook gesing: “Weg met die NUM, ons sal dit vandag verwoes.”

Die werkers dring aan op die sluiting van die National Union of Mineworkers (NUM) se kantore in Marikana. Die NUM, wat geaffilieerd is met die heersende African National Congress (ANC) regering, word verag deur mynwerkers vir hul lang rekord om die mynbase se eise af te dwing en vir hul rol daarby om verlede jaar se polisie aksie in te stel en te verdedig. “Ons is hier om aan te dring dat NUM van die myn verwyder word,” het die stakende werkers Mandisi Dlamini aan AFP gesê. “Hulle is nie meer die meerderheids-unie nie, maar Lonmin kies hulle kant. Hulle gebruik gewere om ons mense dood te maak en Lonmin beskerm hulle.”

Saterdag is AMCU organiseerder Mawethu Steven doodgemaak nadat hy deur vier mans aangeval is en vier keer met ‘n 9 mm pistool geskiet is. Hy sou getuig voor ‘n geregtelike ondersoek oor die Marikana slagting. AMCU amptenare sê hulle weet nie wat Steven aan die ondersoek wou vertel nie, maar het verduidelik dat hy verskeie doosdreigemente ontvang het.

Baie werkers het onmiddelik die NUM geblameer. Twee mans wat aan die NUM verbind is, is ure na Steven se moord doodgemaak in wat die plaaslike media gesê het was ‘n wraakaanval. Die NUM het nie verantwoordelikheid vir Steven se dood aanvaar nie. ‘n Unie woordvoerder het die spook van nog ‘n polisie slagting opgeroep deur te verklaar: “Ons is meer besorg dat dit nuwe geweld tot gevolg kan hê. Dit kan eskaleer tot wat (verlede jaar) by Marikana gebeur het.”

‘n Amptenaar van die Congress of South African Trade Unions (COSATU), Dumisani Dakile het in die openbaar daarop aangedring dat die Minister van Staasveiligheid, Siyabonga Cwele, inmeng om die werkers by Marikana te onderdruk. “Hulle moet alle beskikbare bronne gebruik om seker te maak dat daardie area kalm bly,” het Dakile verklaar.

Die hoof unies en die regering skep kondisies vir nog ‘n slagting. Die ANC se nasionale woordvoerder Jackson Mthembu het verklaar dat die regering dit nie sal toelaat dat Marikana “verval in ‘n bastion van wetteloosheid nie”. Hy het die “regsagenstkappe aangemoedig om doelgerig en met dringendheid op te tree om die wat vir die misdaad verantwoordelik was aan te spreek.”

Vroeër vandeesmaand, by ‘n Mei dag vergadering het die ANC se visie-president en voormalige NUM leier, Cyril Ramaphosa verklaar dat Rustenburg, die hoof stad in Suid-Afrika se noordweste se “platinum belt”, “vennootskap terein is, want dit is die tuiste van die ANC”. Hierdie stelling is hoogs ontlokkend van Ramaphosa, wat ‘n sleutelrol daarby gespeel het om verlede jaar die Marikana slagting te ontketen. Net voor die polisie moorde het die multi-miljoenêr burokraat, wat ‘n beduidende aandele-houer in die Lonmin korporasie is, aangedring op “aksie” teen die stakende werkers.

Die mynmaatskappye en die unies berei nou voor vir onderhandelinge oor nuwe twee-jaar industriële ooreenkomste. Hulle word gesteun deur die regering en hul unie vennote, en mynbase het daarvolgens gesê hulle gaan niks doen om werkers se toestande te verbeter nie. Die groot mynmaatskappye herstruktureer hulle verrigtinge in Suid-Afrika, deur kostes te besnoei en werkers af te dank, in reaksie op die globale daling in kommoditeit pryse. Net verlede week het Anglo American Platinum aangekondig dat hulle 6 000 werkers gaan afdank as deel van koste besnoeiinge, en dit het weer tot dreigemente van stakings gelei.

“Industrie amptenare sê die onderhandelinge oor lone, wat die goudmyn, platinum en kool sektore sal beïnvloed, sal na verwagting teen Junie begin en sal van die belangrikste wees vir die sektor sedert die einde van apartheid 19 jaar gelede,” het die Londonse Financial Times verklaar. “Unie verteenwoordigers sal ondertussen dit moeiliker vind om ooreenkomste aan werkers te verkoop wat sedert verlede jaar toenemend militant raak oor looneise en toestande. En maatskappye sal die onderhandelinge betree te midde van waarskuwinge dat ‘n aantal platinum en goud skagte sonder of met min winste opereer.”

Lonmin, die maatskappy wat deur die Marikana wildcat staking geraak is en ook die wêreld se derde grootste platinum produsent, het nuwe inkomste Maandag aangekondig en dit toon ‘n styging in half-jaarlikse inkomste tot $54 miljoen. Die maatskappy se HUB Simon Scott het nietemin gewaarsku dat “dit steeds nie ‘n industrie is wat groot inkomste vir aandelehouers besorg nie”. Hy sê die komende loononderhandelinge is ‘n “beduidende uitdaging”. Die maatskappy se aandele-prys het gister met 7 persent gedaal met die nuus van die jongste staking.

Maatskappy amptenare het gepoog om die Marikana mynwerkers te intimideer om hul industriële aksie te staak. ‘n Memorandum wat deur mynbestuur na die werksmag gestuur is het die staking as “onwettig” beskryf en daar is gesê indien werkers nie terugkeer werk toe nie, sal meer mense afgedank word en sal “geweldig impakteer op die lewensvatbaarheid van Lonmin en sal julle werk en die onderhoudbaarheid van jou familie kompromiteer.”

Die AMCU wat onlangs as die hoof unie in die platinum bedryf erken is, is gretig om te demonstreer dat hulle aan die eise van die werkgewers en die regering wil toegee.

Kommentaar op die aanlyn Suid-Afrikaanse nuusagentskap Daily Maverick dui daarop dat “AMCU leier Joseph Mathunjwa in die oog van ‘n waarskynlike toekomstige storm staan.” Dit verduidelik: “Die NUM kan hul lede beheer. Hulle kan organiseer dat ‘n sekere aantal mense by ‘n sekere plek vir ‘n tydperk byeenkom. Hulle kan ook aan hulle sê om te ontbind, en hulle sal. Mathunjwa kan nie en hy sal hom beroep op teater. Soos die onafhanklike arbeidsanalis Gavin Brown dit stel, ‘die ware vraag hier is hoe ventileer mens al die stoom op die boonste vloer sonder om Armageddon te ontketen?’ Hy stel voor dat Mathunjwa ‘n bietjie teater sal gebruik. Daar sal moeilike praatjies wees, en beloftes sal versigtig gemaak word en dan op die laaste minuut sal daar weer teruggegaan word op sy woord … En daarom, liewe leser, indien jy geneig is tot goeie gedagtes moet jy dalk een hou vir Joseph Mathunjwa. Hy gaan dit nodig hê.”