Veiligheidsmagte vuur rubber-koeëls op Suid-Afrikaanse mynwerkers

Deur Thomas Gaist
24 Mei 2013

Die polisie het Dinsdag sarsies rubber-koeëls op stakende Suid-Afrikaanse mynwerkers by ‘n myn wat deur Lanxess Chrome Mining Ltd besit word, gevuur. Die myn is naby die stad van Rustenburg. Sowat 500 mynwerkers het teen dagbreek byeengekom en het die aksie geneem sonder goedkeuring van die unie. Ten minste 10 mynwerkers is gehospitaliseer, en polisie-magte het daarna beheer van die myn oorgeneem.

Die skietvoorval kom te midde van ‘n nuwe militante golf na verlede jaar se slagting van 34 werkers by Marikana, wat tot ‘n toename in stakings regdeur Suid-Afrika gelei het. Die slagting is deur die veiligheidsmagte uitgevoer, met die volle steun van die African National Congress (ANC) regering en die magtige National Union of Mineworkers (NUM).

‘n Lanxess woordvoerder het die gebruik van rubber-koeëls verdedig – wat inderdaad normale rondtes is met rubber omhulsels en wat been breke, interne orgaan skade en selfs die dood kan veroorsaak – op die basis van self-verdediging: “Die mynwerkers het stene na ons veiligheidswagte gegooi en ek verstaan dat die veiligheidswagte rubber-koeëls gevuur het, nie lewendige ammunisie nie, en dit was ter self verdediging.” Die Lanxess werknemers was sedert 16 Mei op ‘n sogenaamde wildcat staking.

Die NUM het in ‘n verklaring die polisie se dade gesteun. “Daar is ‘n hofbevel waarvolgens die stakers moet stop … Hulle het die lyn oortree en het nader na die ingang van die myn gekom en die myn se veligheidsmagte het gereageer deur die rubber-koeëls te vuur,” volgens die NUM se koördineerder Mxhasi Sithethi.

Suid-Afrika se mynsektor het sporadiese toenames in stakings gesien oor die laaste maande. Verlede week is ‘n staking by Lonmin beeïndig na slegs twee dae, nadat die wegbreek unie die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) skaars daarin kon slaag om werkers te oorreed om terug te keer werk toe te midde van dreigemente van ‘n staking by Amplats. Voorheen is 5 myners by ‘n Amplats myn by Rustenburg geskiet.

Suid-Afrika se heersersklas wil graag ‘n ooreenkoms met die groot unies bereik om stabiliteit te verseker. Suid-Afrika se Minister van Finansies Pravin Gordhan het Dinsdag ‘n beroep gedoen op myn korporasies, arbeids-unies en die staat om saam te staan om die situasie in die mynbedryf te ontlont.

“Dit gaan uistekende leierskap van alle kante verg, en nie net van die vak-unies nie,” het hy gesê. “Dit verg ‘n skuif, nie net in belang van die industrie nie, maar ook die land.”

In dieselfde trant het Minister van Arbeid, Mildred Oliphant gesê samesprekinge is nodig om ‘n nuwe “gesentraliseerde onderhandelingsooreenkoms in die platinum bedryf te skik.”

Die Suid-Afrikaanse heersers-elite wil die skade van laasjaar se Marikana slagting beperk. Majoor-generaal Charl Annandale, wat in beheer van die veiligheidsmagte was by Marikana, het gepoog om Woensdag verskoning aan te teken vir die moorde, en naasbestaandes het uit die verrigtinge by die Farlam Kommissie geloop.

In ‘n verslag wat gelewer is aan die NUM op 23 Mei, het die ANC se verteenwoordiger Zwelini Mkhize stakings verdoem en gesê korporasies moet nie toegee aan die eise van werkers nie: “Die mynmaatskappye moet nie toegelaat word om met hul taktiek weg te kom nie en skikkings te bereik op die basis van intimidasie nie of vigilante taktiek nie. Die les van Marikana is dat die regering, mynmaatskappye en vak-unies moet saamwerk om te verseker dat werkers behoorlik beloon word.”

President Zuma het Donderdag gesê die stakings doen net die armes in Suid-Afrika skade aan. Hy het gepraat voor die Huis van Tradisionele Leiers in Kaapstad. Zuma het gesê die stakings ondermyn die ekonomie. “Ons kan ons land in armoede dompel sonder om dit agter te kom.”

Suid-Afrika is vasgevang in sosiale teenstrydighede wat nie met kapitalisme opgelos kan word nie. Die belange van die Suid-Afrikaanse werkersklas staan direk teen die kapitalistiese klas en hul lojale dienaars in die unie burokrasie, en dit word duidelik gemaak deur die herhaalde geweld teen die werkersklas.

Die NUM het op siniese wyse aangedring op loonverhogings, om respek van die werkers te wen, maar hulle doen dit om beheer oor die werkers te nee mom hulle te onderdruk. Die loonverhoging waraop hulle aandring (tot $750 per maand) is afgewys deur die media en sake-kringe, wat met die NUM saamwerk. Al hierdie magte sal aamwerk om teen die eise te werk.

Die rol van “alternatiewe” unies is uitegwys deur die aksies van AMCU om die Amplats staking te onderdruk. Hulle hoop om beter beheer te hê oor die werkers se stryde as die NUM, om dieselfde instellings as die NUM te verdedig, naamlik die winsbejag van die mynmaatskappye, die ANC regime, en, deur dit alles, kapitalistiese regering. Die sentrale vrees is dat werkersklas stryde sal uitbreek wat unie lede sal verhoed om winsgewende posisies in te neem wat vroeër deur die NUM beheer is.