Mali se skenkers-konferensie finansier imperialistiese skarrel vir Afrika

Deur Antoine Lerougetel
27 Mei 2013

‘n Skenkers-konferensie wat deur die Europese Unie, Frankryk en Mail georganiseer word op 13 Mei het 108 lande en internasionale instellings in Brussels saamgebring. Hulle het 3.25 biljoen Euro geskenk om Mali, die voormalige Franse kolonie, te “herkonstrueer”.

Die lys van skenkers gee ‘n aanduiding van die magte wat veg vir invloed in Afrika en spesifiek in die Sahel streek, wat groot olie, gas, uraan, goud en ander minderale bronne het. Die Europese Unie (EU) het 250 miljoen Euro beloof, Frankryk 280 miljoen Euro, die VSA 367 miljoen, die VK en Denemarke 15 miljoen elk, Duitsland 100 miljoen, die Wêreldbank 250 miljoen, die Islamitiese Ontwikkelingsbank 130 miljoen en Sjina 50 miljoen.

Die EU se ontewikkelingshulp kommisaris Andris Piebalgs sê die pogings om Mali te stabiliseer was die hoeksteen van die internasionale gemeenskap se toewyding tot die land en moet nagestreef word. Hy het daarop aangedring dat behalwe Mali “die UE se toewyding streeksgewys is,” en sal uitbrei na die breër Sahel area.

Die Franse minister van Buitelandse Sake Laurent Fabius het gesê dat “deur Mali, the toekoms van die sub-streek en daarna is op die spel,” en het gewaarsku dat daar reëls verbonde is aan die lenings. Hy het gesê daar sal spesiale aandag geskenk word aan opvolgprojekte om te sien wat met die hulp gebeur het.

Die donasies is nie humanitêr van aard nie, maar poog eerder om die Westerse regime in Mali te stabiliseer en om die voortslepende oorlog wat deur Frankryk en die VSA gelei word, te steun.

Sedert Frankryk Mali ingeval het, is die land beset deur 4 500 Franse troepe wat die 7 000 troepe van marionette regerings van die naburige ECOWAS (Economic Community West African States), asook Tjaad, lei.

Die oorspronklike datum van April vir die onttrekking van die Franse troepe is reeds verby en die VN het reeds aangekondig dat dit 11 200 addisionele soldate en 1 440 spesiale polisie, hoofsaaklik van Frankryk, gaan stuur. Parys het gesê 1 000 soldate sal in Mali aanbly selfs na 2013 om die VN te steun.

Die Britse Eerste Minister David Cameron het in Januarie gesê “Britanje sal met ander saamwerk om onregeerbare spasie (in noordwes Afrika) af te sluit”. Hy het voorts gesê die situasie is ‘n “globale dreiging” wat “‘n reaksie verg wat oor jare gaan, en dekades, eerder as maande.”

Hoewel opposisie Islamitiese en Tuareg nasionalistiese magte weggedryf is van dorpies wat hulle in noordelike Mali ingeneem het, loods hulle steeds aanvalle op die Franse, die Maliese weermag en ECOWAS kontingente.

Die weerstand groei weens die wreedheid van die Maliese weermag teen die Tuareg en die brutaliteit van die besettingsmagte teen die algemene bevolking. Behalwe die effek van die oorlog, hongersnood en die verplasing van 500 000 mense, is baie van die armoede en ekonomiese ontwrigting van hierdie baie arm nasie veroorsaak deur die ekonomiese en hulp embargo wat deur die Franse en hul bondgenote ingestel is toe kaptein Amadou Sanogo sy militêre staatsgreep op 22 Maart 2012 uitgevoer het.

Die skenkers poog om die besettingsmagte te versterk voor die 28 Julie sperdatum vir die nasionale verkiesings om by die interim Frankryk-gesteunde president Diocounda Traoré oor te neem. Dit sal beteken dat die hele noordelike deel van die land onder beheer van die sentrale regering in die hoofstad Bamako geplaas word, wat deur die Franse weermag beheer word. Die VSA stipuleer dat geen hulp gestuur sal word tot die verkiesings uitgevoer is nie.

Indien die verkiesings nie in die noorde plaasvind nie, sal dit tot ‘n de facto verdeling van die land lei – iets wat die imperialistiese magte vrees, want andersins sal noordelike Mali magte beskerm wat die Franse uraan mynmaatskappy Areva se aktiwiteite in Algerië en Niger bedreig. Franse uraan, wat in die area gemyn word, word vereis vir hul kern-wapens en krag-aanlegte, wat 75 persent van die land se elektrisiteit verskaf.

Hierdie geostrategsiese motiverings is die grondslag van die oorlog, maar ook van die skenkings wat deur die donateure uitgedeel is in Brussels.