Die verkope van Japanese aandele ‘n teken van groeiende finansiële onstabiliteit

27 Mei 2013

Die Nikkei het met 7 persent gedaal en het daarna op Vrydag redelike groot onstabiliteit getoon, voordat dit die dag ietwat hoër afgesluit het. In die Verenigde State het die markte hul eerste weeklikse verlies gelei na ‘n maand van rekord hoogtes. Terwyl een van die faktore in die Japanese afname die val van vervaardiging in Sjina was, was ‘n sleutel element die vrees dat ‘n groot krisis tot gevolg sal wees indien die VSA se Federale Reserwe nie meer $85 biljoen per maand in finansiële markte pomp nie.

Woensdag het die voorsitter van die Federale Reserwe, Ben Bernanke aangedui dat indien die ekonomiese toestande in die VSA verbeter, sal die Fed dalk ‘n “afname” in sy bate-aankoop program oorweeg. Daar was geen besliste verbintenis nie een geen datum is vasgestel nie, maar die afhanklikheid van die finansiële markte op goedkoop inspuitings van geld van die Fed en ander sentrale banked at die blote voorstel dat voorrade teruggesnoei kan word het die markte beïnvloed.

Stephen King, hoof ekonoom van HSBC, het aan die Financial Times gesê daar is ‘n groeiende gaping tussen “finansiële hoop en ekonomiese realiteit.” Hy het gesê: “Aan die begin van die jaar was daar groot hoop dat die globale ekonomie gered kan word met geld soos dwelms, herstel in die VSA en die sterkte van Sjina. Geldelike dwelms het egter, wil dit voorkom, ‘n hallusinerende effek.”

Die skommelings in Japan is veral beduidend want die program wat deur Eerste Minister Shinzo Abe se regering en die bank van Japan (BoJ) ingestel is – wat die land se geldvoorraad verdubbel het in twee jaar – verteenwoordig die mees ekstreme vorm van “kwantitatiewe vergemakliking”.

Daar word beraam dat sedert die program in April begin het, koop die BoJ die ekwiwalent van 70 persent van nut uitgereikte regerings-verbande. Die uitdruklike doel van die beleid is om rentekoerse te verlaag, inflasie te stimuleer en ekonomiese aktiwiteit te vermeerder.

Een van sy onuitdruklike doele is om Japan se handelsvennote, naamlik Korea, Sjina en andere, te ondermyn en om daarmee Japan se uitvoere te verbeter. Dit lei tot spanninge tussen die groot magte, want almal wil ‘n kompeterende voordeel bereik deur middel van kompeterende devaluasie. Sulke panninge maak die gevaarlike strategiese situasie in Oos Asië net erger, met die Obama administrasie wat Japan aanmoedig om ‘n aggressiewe houding jeens Sjina oor streeksdispute in te neem.

Die Abe regering poog ook om die kwantitatiewe verminderingsprogram om ekonomiese herstruktureringsprogramme te finansier om die werkersklas aan te val – soos pensioen besnoeiinge, toename in belastings op toegevoegde waarde, industriële herstrukturering en ander reaksionêre maatreëls. Dit is in lyn met die beleide in die VSA en Europa, waar kwantitatiewe vermindering gekombineer is met diep sosiale besnoeiinge, massa afdankings en groter produktiwiteit.

Die onmiddelike impak van die Japanese sentrale bank se program was die vinnige groei in aandele pryse. Dit het tot vrese gelei dat die BoJ se beleid eerder tot ‘n groot finansiële krisis kan lei eerder as ‘n herlewing van die Japanese ekonomie.

Een doel van die beleied is om die prys van regeringsverbande op te stoot deur aankope deur die sentrale bank wat tot laer rentekoerse lei. Maar eerder as om te daal soos verwag, het opbrengste uit verbande vermeerder. Dit dui daarop dat grootskaalse beleggers graag hul blootstelling tot regerings-skuld wil verminder, want hulle vrees ‘n reuse afname in die verband-mark in die toekoms. Indien hierdie bewegings voortgaan, kan dit ‘n groot finansiële krisis tot gevolg hê.

Japanese regeringskuld wat die ekwiwalent van omtrent 245 persent van die BNP is, word deur beleggingshuise en binnelandse besparings gefinansier. Maar dit mag nie voortgaan nie. ‘n Regerings-paneel se verslag het gewaarsku dat daar “geen waarborg is” dat binnelandse beleggers die regeirng se skuld sal aanhou finansier nie.

In ‘n toespraak aan ‘n symposium Sondag het BoJ goewerneur Haruhiko Kuroda gewaarsku dat indien daar geen verbetering in ekonomiese toestand eis nie terwyl rentekoerse vermeerder uit vrese vir regerings-finansies, kan reuse finansiële instellings verleise lei in hul verbande. Die BoJ het bereken dat ‘n toename in rentekoerse van slegs een persent kan lei tot mark verwante verliese ekwiwalent van 10 persent van hul kern kapitaal van die banke, en 20 persent van die kleiner streeksbanke.

Terwyl hulle sê dat banke sal kan uithou met stygende rentekoerse as die ekonomie verbeter, het Kuroda se kommer oor regerings-skuld ‘n politieke doel. Japanese en internasionale finans-kapitaal dring daarop aan dat skuldvlakke nie onderhoudbaar is nie en dat die regering ‘n soberheidsprogram moet begin wat op die werkersklas gerig is.

Die Abe regering se belied het egter een vooraanstaande ondersteuner, New York Times skrywer Paul Krugman het die maatreëls as ‘n teenmiddel vir die “ekonomiese verslaendheid” wat die Weste binnedring, beskryf.

“Indien Abenomics werk, sal dit ‘n dubbele doel dien en Japan sal daarby baat en het dit nodig en die res van ons ‘n selfs meer noodsaaklike teenmiddel vir beleids-lusteloosheid,” het hy geskryf.

Krugman se entoesiasme vir die Abe regering se kwantitatiewe verminderingsprogram is ‘n demonstrasie van die uiterste bankortskap van die skool van liberale Keynesiaanse ekonomie wat hy verteenwoordig en wat dit voorhou dat ‘n economiese krisis slegs afgeweer kan word met verligte regeringsbeleid.

In die eerste plek kan die sogenaamde Abenomics nie verwyder word van die regering se politieke agenda nie: ‘n groter wordende agressiewe buitelandse beleid wat die Japanese heersers-elite verteenwoordig en groter aanvalle op die werkersklas by die huis.

Die skommelinge op die aandele markte wys na die feit dat Japan nie ‘n model vir die VSA en die res van die wêreld is nie, maar dat Abenomics net nog ‘n uitdrukking is van die verdiepende krisis van die globale kapitalistiese sisteem in sy geheel.

Nick Beams