Afrikaans
Perspective

Wat Edward Snowdon aan die lig gebring het

Edward Snowden, die voormalige CIA informasie tegnologie werknemer en kontrakteur vir die National Security Agency (NSA) het ‘n enorme diens verrig vir die mense van die Verenigde State en die wêreld deur die sluier te lig oor die militêre intelligensie spioenasie apparaat, wat in geheimhouding funksioneer en die mees basiese konstitusionele regte oortree.

Die World Socialist Website doen ‘n beroep op werkers om Snowden te help, want hy word nou onderwerp aan die mees geweldadige aanslag deur die Amerikaanse staat.

Die alarmmaker is om verstaanbare redes bang vir sy veiligheid. Die Obama administrasie het ‘n kriminele ondersoek geloods; leidende politieke figure, beide Demokrate en Republikeine, het sy dade as “verraad” afgemaak; en politieke kenners het ‘n beroep gedoen vir sy terregstelling. Hy is tans die teiken van ‘n intense globale mannejag, want die Amerikaanse regering wil hom vang en terregstel.

Hy het homself ontbloot as die persoon wat die inligting laat uitlek het in ‘n uitgebreide onderhoud met die Guardian koerant se Glenn Greenwald en het van ‘n hotel in Hong Kong gevlug waar hy die laaste drie weke gewoon het. “Ek kan deur die CIA gevang word. Hulle kan vir my kom,” het hy aan Greenwald gesê, en bygevoeg dat deur homself openbaar te maak hoop hy die CIA “sal nie vuil speel nie.”

In sy onderhoud met Greenwald, het Snowden kragtig en vloeiend gepraat oor die “argitektuur van onderdrukking” wat selfs verder gaan as in die dokumente wat dusver openbaar gemaak is.

Daar is geen verteenwoordiging vir demokrasie binne die Amerikaanse heersersklas of sy politieke apparaat nie.Snowden se kommentaar en aksies, en die kragtige steun wat hy van gewone Amerikaners gekry het, wys dat daar mense is wat in demokrasie glo in die Amerikaanse samelewing.

Deur die spioenasie programme te ontbloot, het Snowden gesê hy is gemotiveer deur ‘n behoefte om die Amerikaanse mense in te lig oor wat aan die gang is. “Dit is belangrik om ‘n boodskap aan die regering te stuur dat mense nie geïntimideer sal word nie,” he thy verklaar. “Ek wil nie in ‘n samelewing woon waar mense hierdie soort dinge doen nie,” he thy bygevoeg. “Ek wil nie in ‘n wêreld woon waar alles wat ek doen en sê opgeneem word nie.”

Die woede waarmee die politieke en media establishment gereageer het op die uitlek wys dat hulle wederegtelik bekommerd is dat elke nuwe lek die legitimiteit van die Amerikaanse regering en sy apparaat ondermyn – tuis en oorsee. Die heersersklas beweeg na ‘n polisie-staat, maar dit het nog nie een nie. Hulle vrees vir die stabilitiet van hul heerskappy.

Snowden se dade is braaf en beginselvas, maar historiese ervaring toon dat die dade van een individ nie demokrasie kan red nie. Dit verg ‘n sosiale beweging van die werkersklas, gebasseer op ‘n begrip dat die krisi van demokrasie gewortel is in die klasse-struktuur van Amerikaanse en wêreld kapitalisme.

Aan die een kant staan die finansiële aristokrasie, wat, met hul sosiale instinkte en politieke uitkyk, outoritêr is. Dit kyk na die bevolking as a vyandige mag, en elke burger as ‘n moontlike vyand. En met goeie rede. Die korporatiewe en finansiele elite is deeglik bewus dat die beleide wat hulle nastreef baie ongewild is.

Die doel is om ‘n hele samelewing te intimideer en af te pers. Soos Snowden opgemerk het, nadat die staat op ‘n permanente basis data van almal gekry het, “sal jy uiteindelik deur iemand vermoed word, selfs al maak hulle ‘n fout. En dan kan hulle hierdie sisteem gebruik om terug in tyd te gaan en elke besluit wat jy ooit geneem het ondersoek, en elke vriend met wie jy ooit iets bespreek het.”

Sulke metodes sal gebruik word teen alle politieke teenstaanders. Met die inligting wat reeds versamel is, kan die regering ‘n gedetaileerde sosiale en politieke profiel van bykans elke individu in die VSA SAAMSTEL.

Dit is nie slegs die Amerikaanse werkersklas wat die teiken is nie. Volgens die “Boundless Informant” data hulpmiddel, is daar 97 biljoen stukke inligting van net een NSA spioenasie program in Maart 2013. Van die VSA was daar 3 biljoen stukke inligting, 14 biljoen van Iran, 13.5 van Pakistan, 12.7 biljoen van Jordanië, 7.6 biljoen van Egipte, 6.3 biljoen van Indië en 3 biljoen van Europa.

Die finansiële aristokrasie beheer die hele politieke establishment – van die Obama adminstrasie en beide politieke partye, na die kongres en die howe. Deur die spioenasie programme te verdedig – tesame met ander anti-demokratiese maatreëls, insluitend die reg om Amerikaanse burgers sonder geregtelike proses te vermoor, het Obama herhaaldelik daarop aangedring dat hy nie alleen is nie, en dat die Kongres in kennis gestel is. En dit is waar.

Vir sy part het die korporatiewe beheerde media gefunksioneer as deel van die staat. Dir word aan indiwidue soos Snowden oorgelaat om die regering se kriminaliteit uit te wys, want die massa media weier nie slegs om dit te doen nie, maar is maktief betrokke daarby om inligting weg te hou van die Amerikaanse publiek.

Na afloop van Snowden se openbaringe, het die media ‘n onnavolgbare en varklike rol gespeel. “Verraaier of held?” was die vraag wat media dekking oorheers het, met die platvloerse stemme en CIA bates wat kommentators is wat hom as “verraaier” afmaak.

In reaksie op Snowden herhaal die media die reaksie wat hulle teen Julian Assange en WikiLeaks getoon het, as ‘n resultaat van die dade van Korporaal Bradley Manning. Manning staar tans vervolging in die gesig omdat hy die vyand “bygestaan” het deur aan die Amerikaanse mense te wys hoe die VSA weermag kriminele dade in Irak en Afghanistan gepleeg het. Die VSA media- insluitend die New York Times en hul voormalige uitvoerende redakteur Bill Keller – het gereageer op die WikiLeaks openbaringe met ‘n kombinasie van laster, vilifikasie en karaktermoord.

Teen die finansiële aristokrasie en hul agentskappe staan die werkersklas, met hul magtige demokratiese tradisies. Dara is toenemende ongelukkigheid oor die aanval op demokratiese regte, verbind aan woede oor oorloë oorsee en sosiale reaksie binne die VSA.

Hierdie spioenasie programme geskied in die geheim juis omdat die heersende klas weet hulle het nie breë steun nie. Soos Snowden in sy ondehroud gesë het, wys die dokumente dat “die NSA (en ander regeringsamptenare) gereeld lieg vir die kongres oor die omvang van toesig in Amerika.” Die hoof leuenaar is natuurlik Obama.

‘n Regering van leuens en geheimhouding is noodsaaklik want die sosiale belange wat die staat verteenwoordig is vyandig teen die van die meerderheid van Amerikaanse mense. So ‘n sosiale sisteem is nie verenigbaar met demokratiese beheer nie.

Die mag van die finansiële aristokrasie, die militêre intelligensie apparaat en hul politieke instellings kan oorkom word, maar dit is moontlik slegs deur massa sosiale stryde. Die verdediging van Snowden en demokratiese regte moet verbind word aan die onafhanklike mobilisasie van die werkersklas in die geveg vir sosialisme.

Loading