Afrikaans
Perspective

Nee vir oorlog in Sirië

Die World Socialist Website het op kategoriese wyse die Obama administrasie se besluit om direk die regsgesinde Islamitiese huursoldate te steun wat die Westers gesteunde oorlog vir regime verandering in Sirië voer, te veroordeel.

Ons veroordeel die vergadering van leiers van die G8 lande in Noord-Ierland as een van kriminele oorlogstokers wat die ondergang van Sirië teweeg wil bring. Soos in Libië, Irak en Afghanistan voor dit, is die Siriese inmenging ‘n geweldadige en roofsugtige oorlog om die voormalige kolonie te onderwerp aan die strategiese en winsmotiewe van imperialisme.

Die ongekende leuens deur die Obama administrasie en die korporatiewe media oor die regering van die Siriese president Bashar al-Assad se besit en gebruik van chemiese wapens in die burgeroorlog oortuig niemand nie. Dit is ‘n omiskenbare eggo van die gediskrediteerde “wapens van massa verwoesting” propaganda wat vervaardig is as preteks om Irak binne te val meer as ‘n dekade gelede.

Daar is egter ‘n verskil. In 2003 het die Bush adminstrasie valse verklarings uitgereik oor wapens van massa verwoesting en die verband tussen Bagdad en Al Qaeda om ‘n saak te vervaardig dat die VSA onder aanval kan wees en daarom moes hulle dus ‘n aanval te loods.

Vandag is daar nie eens ‘n voorstel dat Sirië ‘n bedreiging vir die VSA is nie. Om die waarheid te sê – en dit is nie tot die krediet van die reaksionêre regering in Damaskus nie – die Siriese regering het saamgewerk met die VSA in sy “oorlog op terreur”. Die VSA se inmenging word alleenlik gedryf deur Washington se strategiese belange en is, daarom, onder elke doktrine van internasionale reg, geheel en al ‘n kriminele daad van aggressie.

Die amptelike verduidelikings vir die inmenging is vervat van groot teenstrydighede. Die VSA beskerm kwansuis demokrasie in samewerking met die regering van Turkye, wat te midde van ‘n brutale onderdrukking van populêre protes is. En terwyl dit inmenging regverdig in die naam van die “oorlog op terreur”, meng Washington in in Sirië om die VSA se insurgensie wat deur Al Qaeda elemente gelei word, te steun.

Die VSA gebruik regsgesinde Sunni magte as gevolmagtiges in die Midde Ooste. Dit werk ten nouste saam met die Islamitiese regimes in Turkye en Egipte en die reaksionêre Sunni monargieë in Saudi Arabië en die Emirate deur ‘n jihad teen die Shia bevolking in die streek te steun.

Deur brutale sektariese verdelings van stapel te stuur het heirdie strategie die potensiaal om die Siriese inmenging te laat ontaard in ‘n volskaalse etniese volksmoord as die magte wat Washington steun mag oorneem.

Dit is nie ‘n nuwe beleid nie. Gedurende die na-oorlogse periode het Washington ‘n regse Islamitiese militias gekultiveer om die invloed van linkse nasionalistiese en sosialistiese invloede in die Midde Ooste teen te werk. In Indonisië is hierdie magte as skoktroepe gebruik in die CIA gesteunde staatsgreep van 1965 wat tot die slagting van 500 000 mense gelei het.

Deur hul beleid van militêre agressie teen Sirië teen Sirië in te stel, ondersoek die Obama administrasie planne wat uitgebrei is binne die VSA se weermag, intelligensie en politieke kringe – en deur Washington se hoof NAVO bondgenote, Britanje en Frankryk – vir meer as ‘n dekade.

So vroeg as 1997, het die Project for a New American Century (PNAC), die Washington dinkskrum wat deur Dick Cheney, Donald Rumsfeld en ander figure wat ‘n leidende rol sou speel in die VSA se oorlog op terreur teen Irak, ook reeds ‘n beroep gedoen vir regime verandering in Sirië.

Vroeg in 2004 het die Kongres die Syria Accountability Wet deurgevoer, en striemende ekonomiese sanksies op die land toegepas, wie se regering hulle gesê het ‘n dreigement vir nasionale veiligheid, buitelandse beleid en die ekonomie van die VSA inhou.”

In dieselfde jaar het die Washington Quarterly, die joernaal van die Centre for Strategic and International Studies (CSIS), ‘n nasionale veligheid dinkskrum met noue bande met die VSA se intelligensie en militêre agentskappe, ‘n artikel gepubliseer met die title “Bashar al-Assad: In en of buite die Nuwe Wêreld-orde?” Terwyl Sirië se samewerking met Washington in die sogenaamde “oorlog op terreur’ erken word, word daar voorspel dat Assad nie in staat sou wees om “verswakkende verhoudinge met die VSA sal kan oorkom nie, want die VSA sien Sirië as die anti-tese is van alles wat hulle in die Midde-Ooste wil bereik.”

Die VSA het gepoog om die geweldadige instel van VSA hegemonie oor die strategiese en olie-ryke streke in die Midde Ooste en Sentraal Asië, te bereik. Dit het daarop aangedring dat die Siriese regime bande met Moskou, Iran en die Hezbollah beweging in Lebanon breek, en onvoorwaardelike steun aan die VSA se oorlog in Irak moet toesê en toegee aan Israel se pogings om die Golan Hoogtes en suid Lebanon af te neem. Met ander woorde, dat hulle instem om Sirië te omskep in ‘n semi-VSA protektoraat. Assad sal dit nie kan bereik sonder om politieke en letterlike selfmoord te pleeg nie.

Meer onlangs het die voormalige Franse minister van Buitelandse Sake Roland Dumas gedurende ‘n onderhoud met die Franse parlementêre network LCP onthou dat hy in Britanje was oor ander sake toe geweld in Sirië uitgebreek het. “Ek het met top Britse amptenare ontmoet, wat erken het dat hulle iets groots in Sirië beplan,” het hy gesê.

Hy het aangehou dat “dit in Britanje was, nie in Amerika nie. Britanje het ‘n inval van rebelle in Sirië georganiseer.”

Anthony Cordesman, een van die mees genadelose strateë van die VSA in die Midde Ooste het duidelik die ware motiewe vir die VSA se inval in ‘n artikel op die CSIS se webtuiste uitgespel.

Cordesman het geargumenteer dat ‘n oorlog noodsaaklik is om Sirië se bondgenoot en Washington se vernaamste teenstaander, Irak, te verslaan. Dit is ook om die indruk te verander dat Washington, na die debakel in Irak en gekonfronteer deur “’n swak VSA ekonomie en besnoeiinge aan militêre besteding”, Washington grond verloor en Irak wen. Reuse bloedlating in Sirië is noodsaaklik om “n breëre stryd te veor wat die Levant en Golf tesame bring,” het hy geskryf.

Soos Cordesman duidelik maak, is direkte verskeping van wapens slegs die eerste stap, wat gevolg sal word deur die ontplooing van die CIA en Spesiale Magte binne Sirië, die instelling van geen vlieg sones vir pro-regeringsmagte – maatreëls wat ‘n onophoudbare bomkampanje insluit wat tot baie meer streftes sal lei.

Wat hier uiteengesit word is ‘n massiewe oorlogsmisdaad, soortgelyk in sy beplanning en uitvoering aan die Nazi oorlog meer as ‘n driekwart eeu gelede.

Maak egter geen fout nie. Die inmenging in Sirië sal slegs die voorportaal wees vir groter en meer katastrofale oorloë, in die eerste plek vir regime verandering in Iran. Dit sal dien as voorbereiding vir etniese chauvinisme in Rusland. Moskou is in Washington se spervuur, en watter toegewings ookal van Putin by die G8 vergadering bekom kan word sal die weg baan vir meer effektiewe aggressie teen Rusland in die toekoms.

Vir die vierde keer in meer as ‘n dekade, loods die VSA ‘n nuwe oorlog. Dit gaan nie net oor die nastreef van globale belange nie. Oneindige oorloë het ‘n belangrike manier geword om kapitalistiese heerskappy binne die VSA te handhaaf deur die reuse teenstrydighede binne die Amerikaanse samelewing na buite te draai in die vorm van militêre geweld. Die beleid is tweeparty, met geen beduidende teenkanting van enige party nie.

Die misdaad word gefasiliteer deur ‘n laag van pseudo-linske groepe – soos die International Socialist Organisation (ISO) in die VSA, die Socialist Worker Party (SWP) in Britanje, die New Anti-capitalist Party (NPA) min Frankryk, en die Linkse Party in Duitsland. Die pogings om die VSA-gesteunde Islamiste uit te beeld as ‘n rewolusie is niks minder as obseen nie. Hierdie groepe en hul skadu-agtige leiers dien as leipype vir staatspropaganda om die onwettige oorlog wat deur die Pentagon en CIA georganiseer word, te verkoop.

Amerikaanse werkende mense is oorweldigend gekant teen die oorlog, asook werkers regoor die wêreld. Ons doen ‘n beroep aan almal wat gekant is teen die VSA se ingryping in Sirië om by ons aan te sluit om ‘n kragtige beweging teen die oorlog te bou.

Loading