Afrikaans
Perspective

Obama verheerlik militarisme op die Vierde Julie

In Vierde Julie opmerkings wat in ‘n kort radio/internet toespraak gelewer is en wat herhaal is aan ‘n militêre gehoor op die grasperk van die Wit Huis, het President Obama die VSA se gewapende magte se lof besing, die mees magtige instrument van geweld op die planeet, as die draer van vryheid aan die wêreld.

Daar was ‘n gapende teenstrydigheid in die Wit Huis se vieringe. Obama was genoodsaak om lippediens te betaal tot die gebeure wat met 4 Julie 1776 geassosieer word, een van die landmerke in mense se stryd teen tirannie en opressie. Die VSA President verpersoonlik moderne tirannie, die dominasie van die wêreld deur ‘n nuwe aristokrasie van welvaart en voorregte wie se heerskappy meer roofsugtig en bloedbevlek is as die van Koning George 111.

Obama het die heldedade van rewolusionêres wat wapens teen die Britse Ryk – toe die magtigste ter aarde - opgeneem het onthou, om die ideale van demokrasie en gelykheid te handhaaf. “Dit was braaf en groots,” het hy gesê. “En dit was ongeëwenaard, dit was ondenkbaar. Teen daardie tye in die menslike geskiedenis, was dit konings en prinse en keisers wat die besluite geneem het.”

Die Amerikaanse rewolusie was suksesvol, het hy bygevoeg, en nou is die Verenigde State die grootste nasie ter wêreld: “’n Land van vryheid en geleentheid. ‘n Globale verdediger van vrede en vryheid. ‘n Baken van hoop vir mense oral wat daardie ideale op prys stel.”

In realiteit is die Verenigde State ‘n land van massa armoede en massa werkloosheid, in die sesde jaar van die ergste ekonomiese krisis sedert die Groot Depressie. Dit word gekarakteriseer deur steierende en stygende vlakke van sosiale ongelykheid. Dit is die “globale beskermer” van die belange van Amerikaanse groot sake, waartoe dit sistematies die demokratiese regte van beide die Amerikaanse werkersklas en die bevolking van die wêreld opoffer.

Die VSA is ver weg daarvan om “’n baken van hoop” te wees, en word die land na gekyk as die verskaffer van dood en destruksie, of dit nou is deur radio beheer drone te laat neer reën, of om die private kommunikasies van bykans die hele bevolking van die wêreld op te stofsuig. Die Amerikaanse weermag het meer lande aangeval en ingeneem as enige land sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die VSA spandeer meer op oorlog as die volgende 17 lande tesame. VSA troepe is betrokke in bykans volgehoue oorloë vir die laaste dosyn jare.

Obama het sy bondige toespraak gelewer te midde van ‘n kampanje van vervolging teen ‘n werklike beskermer van vryheid en demokrasie, die voormalige National Security Agency kontrakteur Edward Snowden, wat op heldhaftige wyse die Amerikaanse publiek en die mense van die wêreld van die onwettige en onkonstitusionele massa spioenasie wat deur die VSA regering uitgevoer is.

Die president behoort twee keer te dink voor hy die Amerikaanse mense adviseer om “die woorde van die Verklaring van Onafhanklikheid te handhaaf,” omdat Jefferson se tydlose woorde die reg van mense om in opstand te kom teen onderdrukking en om die tiranniese regeirng te vervang met een wat gebasseer is op opregte gelykheid en demokrasie.

Jefferson het daardie woorde geskryf toe die Amerikaanse bourgeoisie aan die opkom was en ook ‘n progressiewe klas, en kon werklik vir die hele bevolking praat teen die aanvalle van die Britse kroon. Daardie dae is lankal verby. Vandag is die Amerikaanse kapitalistiese klas die mees parasitiese en reaksionêre sosiale mag op die planeet, en hulle is welvarig terwyl die meerderheid van die Amerikaanse bevolking stagneer en agteruitgaan.

Dit is beduidend dat Obama geen verwysing gemaak het tot die ander groot demokratiese verjaardag wat hierdie week gevier word nie, naamlik die 150ste herdenking van die Slag van Gettysburg, een van die kritieke keerpunte van die Amerikaanse Burgeroorlog. Tienduisende mense het na die oorlogsvelde gegaan om deel te neem aan die herdenking, en dit is grootliks geïgnoreer, beide deur die korporatief beheerde media en die VSA se politieke establishment.

Abraham Lincoln, in sy Gettysburg Toespraak, kon op kragtige wyse die direkte verband tussen die Amerikaanse Rewolusie en die bloedige stryd vir vryheid en teen slawerny 87 jaar later maak. Maar die Amerikaanse heersersklas is op instinktiewe wyse vyandiggesind teen die historiese stryde waarmee dit eens geassosieer was.

Die Amerikaanse mense is toenemend besorgd en kwaad oor die tonememende aanvalle op demokratiese regte en die groot toename in sosiale ongelykheid. ‘n Gallup menings-opname wat hierdie week gepubliseer is het bevind dat 71 persent van die stigterslede van die land skaam sou wees vir moderne Amerika. Hierdie persentasie het verdubbel oor die laaste dekade.

Dit is die werkersklas, en nie enige afdeling van die korrupte en reaksionêre politieke establishment, wat die stryd vir demokratiese regte kan en moet opneem. Die bepalende vraag is om die fundamentele oorsake van die groei van militarisme en polisie-staat onderdrukking – die verdiepende teenstrydighede van kapitalisme as ‘n wêreldsisteem – en om die beskerming van demokratiese regte ‘n integrale deel van die onafhanklike politieke mobilisasie van die werkersklas in die stryd vir sosialsime te maak.

Loading