Die FISA hof in operasie

Geheime wette, geheime regering

8 Julie 2013

Die geheime hof wat aansoeke vir afluister en ander vorms van elektroniese toesig aanhoor, as deel van die Foreign Intelligence Surveillance Act, het geheime bevele uitgevaardig wat die spioenasie-magte van die National Security Agency beduidend uitbrei, volgens ‘n verslag in Sondag se New York Times .

Die Times se verslag gee ‘n insig van die polisie-staat infrastruktuur wat onderliggend is aan die karige tierlantyntjies van demokrasie in die VSA. Die artikel begin:

“In meer as ‘n dosyn geklasifiseerde beslissings, het die nasie se toesig-hof ‘n geheime wetlike corpus geskep wat aan die National Security Agency die mag gee om reuse versamelings van data oor Amerikaners te versamel terwyl hulle nie net terroriste verdagtes agtervolg nie, maar ook mense wat moontlik betrokke is by kern-proliferasie, spioenasie en kuber-aanvalle, volgens amptenare.”

Die Foreign Intelligence Surveillance Court is hoofsaaklik bekend daarvoor dat hulle versoeke van die uitvoerende tak vir spioenasie bemagtiging goedkeur. Van die 33 949 versoeke wat deur die regering sedert die FISA hof in 1978, is slegs 11 afgekeur.

Die Times doen verslag dat in hul geheime beslissings het die “hof egter ‘n baie meer uitgebreide rol begin speel deur die breë konstitusionele vraagstukke en belangrike geregtelike voorbeelde te vestig, met amper geen openbare ondersoek nie …” Die FISA hof het “op stil wyse amper ‘n parallel vir die Hoogeregshof geword en het gedien as die uiteindelike arbiter oor ondersoek kwessies en om opsies te lewer wat waarskynlik intelligensie praktyke vir die volgende praktyke vir die volgende jare sal vorm, het die amptenare gesê.”

Die verslag bevestig dat onder die Obama administrasie sal die geneigdhede om in ‘n polisie-staat te ontaard wat onder die Bush administrasie ontluik het – met sy post-9/11 planne vir ‘n geheime regering wat die VSA sou beheer van Richard Cheney se berugte “ongespesifiseerde geheime plek” – gaan nie net voort nie, maar gebeur vinniger.

Die Times artikel kom ‘n maand nadat die voormalige NSA kontrakteur Edward Snowden aan die Britse koerant die Guardian ‘n geklassifiseerde bevel van die FISA hof wat die bekomming van telefoon metadata van kliënte van Verizon Business Services, uitgelek het. Dit is toe gerapporteer dat soortgelyke bevele in effek was vir alle kliënte van alle VSA gebasseerde telekommunikasie firmas.

Bykomstige openbaringe het gevolg van Snowden, en meer word belowe. Dit is waarskynlik dat die verslag in die Times die gevolg is van ‘n goedgekeurde “lek” van VSA militêre intelligensie bronne, wat daarop gerig is om ‘n meer skadelike openbaring van die VSA regering se spioenasie op Amerikaanse mense en die bevolking van die wêreld te verhoed.

Wat beskryf word in die Times artikel is egter uitsonderlik. Onder FISA is die teikens van regerings spioenasie – dit is, die bevolking van die Verenigde State en die hele wêreld – konfronteer ‘n sogenaamde Star Chamber gebeurtenis: ‘n geheime hof wat geheime interpretasies van die wet, wat geheime getuienis van die regering aanhoor, en geheime beslissings uitvaardig. Indien die teiken van sulke onkonstitusionele spioenasie bewus word van die toesig, kan die regering dalk ‘n bevel uitreik waarvolgens die slagoffer verbied word die spioenasie aan enige iemand anders te ontbloot.

In die FISA hof se verrigtinge, word net een kant, die regering, verteenwoordig. Die voorgestelde teikens van spioenasie word of nie ingelig van die versoeke nie of nie toegelaat om hulle teen te staan nie. Sulke metodes sorg vir die verkleining van die Handves van Menseregte, in die besonder die Fourth Amendment, wat ‘n hofbevel vir deursoeke insluit en die Sixth Amendment wat verweerders die reg tot ‘n “vinnige en openbare saak” om deur ‘n verteenwoordiger verteenwoordig te word en om getuies teen hom of haar te konfronteer.

Vir drie dekades is die FISA hof eintlik in ‘n veilige fasiliteit in die VSA se Departement van Justisie gehuisves, wat dit fisies en prakties deel van die uitvoerende tak van die regering gemaak het. Ses jaar gelede, nadat die bestaan van die hof meer openbaar bekend geraak het, is sy kantore na ‘n federale hof in Washington DC geskuif. Maar dit bly steeds effektief ‘n deel van die intelligensie apparaat, met 11 regters, almal genoem deur die Hoofregter van die Hooggeregshof, John Roberts, wat dien op ‘n roteer basis om enige spioenasie wat die NSA en ander agenstkappe wil uitvoer, goed te keur.

Dit is ‘n ironie van die geskiedenis dat die 1978 wet wat die vestiging van die FISA hof goedkeur opgestel is in reaksie tot die ontdekking van onwettige CIA spioenasie en sluipmoordplanne in die mid-1970s. Die aanname was dat geregtelike toesig verdere “vergrype” sou verhoed. Die eintlike rol van die FISA hof was egter die teenwoorgestelde: die hof het slegs die regsarm gebruik in die opbou na die vestiging van ‘n polisie staat in Amerika, net soos “oorsig” deur kongressionele leiers die wetgewende arm ‘n vennoot gemaak is die uitvoerende gesag wat op demokratiese regte trap.

Daar is geen institusionele hervorming gebasseer op die beginsle van “wigte en teenwigte” wat die verval van Amerikaanse demokrasie kan verhoed. Hierdie proses is die onverbiddelike byproduk van twee interafhanklike prosesses: die verdieping van sosiale polarisasie in Amerika tussen die super-ryk aristokrasie en die oorgrootte meerderheid van die bevolking wat suckle om te oorleef; en die groei van VSA militarisme, met die Amerikaanse militêre intelligensie kompleks wat die grootste onderdukkende mag in die wêreld geword het. Dit is onmoontlik vir die finansiêle oligargie om of hul welvaart en mag tuis te handhaaf of hul dominasie van die wêreld te handhaaf en terselfdertyd demokratiese en konstitionele norme te handhaaf.

Daar is geen beduidende oppisie teen die polisie-staat metodes binne enige afdeling van die kapitalistiese heersende elite. Die openbaringe in die Times – en ‘n soortgelyke onthulling in die Washington Post op Sondag oor die VSA regering se spioenasie op ondersese optiese vessel kabel – het tot geen proteste deur die Demokratiese Party of die Republikeinse Party gelei nie. Geen van die Sondag onderhoudsprogramme op die hoof televisie netwerke het enige verwysing na hierdie verslae vervat nie.

Daar is net een plek vir die verdediging van demokratiese regte, in die VSA en regduer die wêreld en dit is die internasionale werkersklas. Amerikaanse werkers kan en sal gemobiliseer word om die Handves van Menseregte te beskerm asook al die demokratiese beginsels wat die Amerikaanse heerserklas verraai en laat vara het.

Demokrasie is toenemend onversoenbaar met kapitalisme en die sosiale ongelykheid en militarisme wat bevorder word deur die winssisteem. Die verdediging van demokratiese regte moet ‘n sentrale fokus van die onafhanklike politieke mobilisasie van die werkersklas in die stryd vir sosialisme word.

Patrick Martin