Edward Snowden in die hof van openbare opinie

12 Julie 2013

Vir bykans drie weke is Edward Snowden vasgevang in Moskou se Sheremetevo Lughawe. Sy lewe is in gevaar, soos die VSA se politieke establishment en sy militêre en intelligensie apparaat hul pogings rig om hom te vang en te dwing om na die VSA terug te keer - of erger. Die Obama administrasie het reeds hom aangekla onder die Spioenasiewet omdat hy geheime en onwettige spioenasie-programme deur die VSA ontbloot het.

Van die VSA se politieke en media establishment het Snowden spot, haat en misbruik ontvang. Hy is uitgewys as ‘n “verraaier” deur leidende politici van beide die Demokratiese en Republikeinse partye, met die massa media, en die regs en “links’, wat hom ‘n krimineel noem.

Daar is egter reuse populêre steun vir Snowden. Volgens ‘n onlangse meningsopname deur Quinnipiac University, beskou 55 persent van die Amerikaanse bevolking Snowden as ‘n “klokluier” eerder as ‘n “verraaier.”

Peter Brown, die assistant direkteur van die Quinnipiac Universiteit se Meningsgopname Instituut, was gedwing om hierdie sentiment te erken – met die meerderheid wat Snowden gesteun het in omtrent elke kategorie – “wat lynreg teen die gesigspunte van die nasie se politieke establishment indruis.”

Dieselfde opname het ook ‘n dramatiese skuif in populêre perspepsies van die regering se spioenasie programme ingesluit. Gevra wat hul meer besorg maak oor die regering se “anti-terrorisme beleide,” het 45% gesê die regering het “te vêr gegaan om die gemiddelde persoon se burgerlike vryhede te beperk,” en net 40% het gesê hulle “het nie vêr genoeg gegaan om die land te beskerm nie.” Toe dieselfde vraag drie jaar gelede gevra is, het slegs 25% gesê dat die regering se spioenasie-programme te vêr gegaan het.

Dit is, oor ‘n periode van drie jaar was daar ‘n 20% skuif in die houding van die algmene publiek se houding oor spioenasie en burgerlike vryhede. Hierdie sentiment was meer teenwoordig onder jongmense, met 58% van 18 tot 29 jariges wat gesê het die spioenasie-programme gaan te vêr, en 33% wat sê hulle het nie vêr genoeg gegaan nie.

Daar is geen twyfel dat Snowden se openbaringe ‘n beduidende faktor in hierdie skuif was nie, en het bevestig dat ‘n beduidende openbare diens verrig is.

Hierdie resultate is meer merkwaardig omdat die vrae wat gestel word, soos oor die algemeen die geval is, voorveronderstel die “oorlog op terreur” raamwerk waarmee die heerserklas hul aanval op demokrasie regverdig het. Om die waarheid te sê, die spioenasie-programme wat deur Snowden ontbloot is, is nie “anti-terrorisme beleide” nie, maar komponente van ‘n reuse apparaat wat gerig is teen die bevolking van die Verenigde State en die hele wêreld.

Die meningsopname se getalle wys waarom hierdie programme geheim gehou is. Dit het niks met “nasionale sekuriteit” te doen nie, maar eerder met die voorkoming daarvan dat die publiek weet wat die regering doen. Die politieke verteenwoordigers van die heersersklas is deeglik bewus daarvan dat daar enorme populêre teenkanting is teen die verwoesting van demokratiese regte.

Die reuse golf tussen openbare sentiment en regeringsbeleid is nie uniek tot die VSA nie. Indien ‘n meningsopname gedoen is om vas te stel of Snowden assiel moet kry in enige land ter wêreld, is daar min twyfel oor die resultaat. Maar die persoon wat die waarheid ontbloot het, bevind homself vasgevang op ‘n planeet sonder ‘n visa.

Regering na regering het sy versoek vir assiel ontken. Ondersteuners van Snowden, insluitend WikiLeaks, het aangedui dat hy waarskynlik na Venezuela sal reis, wat aangedui het dat hulle assiel sal toestaan. Selfs al maak hy dit tot daar, sal sy veiligheid gekompromiteer word.

Al die regerings van Latyns Amerika, terwyl hulle Snowden gebruik om hul anti-VSA geloofsbriewe te stu, is ten volle toegewyd aan die Verenigde State, wat economiese sanksies sal instel teen enige land wat Snowden aanvaar. In die besonder het Venezuela se nuwe president Nicolas Maduro dit duidelik gemaak dat hy beter verhoudinge met Washington wil hê.

Die populêre steun vir Snowden in die VSA vind geen uitdrukking binne die politieke establishment en massa media nie. Die groot koerante gebruik hul bladsye vir gemors en leuens, terwyl hulle hul bes doen om Snowden se dade te onderskat. Sover dit die “linkse” ondersteuners van die Demokratiese Party aangaan, het hulle grotendeels stilgebly, versigtig om nie hul vennote in die Obama administrasie te vervreem nie.

Daar is ‘n breër sosiale en politieke proses aan die werk. Vir meer as ‘n dekade is die VSA betrokke in ‘n reeks eindelose oorloë, die sistematiese verwoesting van demokratiese regte, en ‘n histories ongeëwenaarde oordrag van welvaart van die werkersklas na die korporatiewe en finansiële elite. Gister het die aandele markte tot rekord hoogtes gestyg, die resultaat van stellings deur die Fed Voorsitter Ben Bernanke wat daarop dui dat die eindelose voorraad geld wat in die markte gepomp word onvoorwaardelik sal voortgaan.

Dit het alles ‘n impak op die populêre bewusstheid gehad. Die instellings van die staat het alle kredietwaardigheid in die oë van die publiek verloor.

Die algemene sentiment is egter dat dit moet lei tot ‘n aktiewe politieke beweging. Die sosiale basis vir demokratiese regte is die werkersklas, die oorgrote meerderheid van die bevolking. ‘n Veldtog om Snowden te verdedig moet sistematies ontwikkel word in elke afdeling van die werkersklas, en een wat die verband tussen die beskerming van demokratiese regte verbind met ‘n stryd teen die heersersklas, hul twee politieke partye, en die kapitalistiese winssisteem wat hulle voorstaan.

Joseph Kishore