Ras en klas in Amerika

16 Julie 2013

Die onskuldig-bevinding van George Zimmerman, die “buurtwag” vrywilliger wat die 17-jarige Travyon Martin in Februuarie 2012 geskiet het, het tot populêre verontwaardiging gelei. Die baldadige slagting van ‘n ongewapende Afrikaans-Amerikaanse jeugdige, wat geen gevaar ingehou het vir sy aanvaller nie, en die geregtelike bespotting van die moordenaar se kwytskelding het die fokus geword van die teenkanting tot die ongeregtighede wat die Amerikaanse samelewing deurdring.

Beide die tragiese dood van Martin en die verontwaardiging van Zimmerman se kwytskelding kan verstaan word nie slegs binne die konteks van dekades van politieke reaksie in die Verenigde State, waar die heersersklas op meedoënlose wyse poog om sosiale agterlikheid, militarisme en ‘n atmosfeer van vigilantisme voor te staan.

Soos die geval was na die dood van Trayvon Martin, is die fokus van die reaksie in die media, die politieke establishment en die verskeie middelklas pseudo-linkse groepe tot Zimmerman se kwytskelding is om die aangeleentheid in terme van ras uit te druk.

Die algemene oproep – net nog een keer – is vir ‘n “nasionale gesprek oor ras”. Dit is ‘n ontwyking van die meer fundamentele sosiale, politieke en historiese kwessies wat deur die Trayvon Martin geval na vore gebring is.

Die redaksionele kommentaar in die New York Times wat verklaar het dat Zimmerman se vrystelling “beslis oor ras gegaan het” was tipies. Die kommentaar het voortgegaan deur die Verenigde State te beskryf as “’n land wat geteister word deur rassisme.” Meer histeriese variasies op dieselfde tema was verskaf deur die International Socialist Organisation se SocialistWorker.org en die Nation tydskrif. Die tweede het ‘n stuk gepubliseer (“Wit Heerskappy Stel Zimmerman Vry”) wat Zimmerman se prokureurs aan die kaak gestel het omdat hulle “die slaaf baas en verkragter Thomas Jefferson” aangehaal het.

Was ras wel ‘n kwessie in die Trayvon Martin storie en speel dit ‘n rol in die Amerikaanse lewe? Natuurlik. Maar dit kan nie verstaan word as ‘n ding opsigself nie, geskeur van sy werklike materiële, ekonomiese, sosiale en geskiedkundige wortels in die ontwikkeling van Amerika en wêreld kapitalisme. Om dit te doen is om die meer fundamentele bron van onderdrukking van werkers en jeug van alle rasse, kleure, gelowe, ens. – die eksploitasie van die werkersklas – en die werklike dryfkrag van die geskiedenis: die klassestryd.

Meer as 40 jaar het verbygegaan sedert die burgerregte beweging, wat so ‘n belangrike rol in die Amerikaanse politieke lewe gespeel het, ontstaan het. Toe was dit begryp dat die kwessie van ras ten nouste verbind was met klasse kwessies. Dit was wyd aanvaar dat die toestande wat Afrikaans-Amerikaanse burgers in die gesig staar – Jim Crow skeiding, geweld, slanery in die Suide; armoede, polisie brutaliteit, diskriminasie in die Noorde – was deel van die kapitalistiese samelewing, en dat rassisme was een van die mees skadelike maniere wat deur die Amerikaanse heersersklas gebruik word om die werkersklas te verdeel.

In die groot klasse beweging vir die industriële wat die burgerregte beweging voorafgegaan het, was ‘n kritieke kwessie was die teenkanting van rassisme en om werkers saam te voeg van alle rasse en nasionaliteite. Henry Ford het gewerk om rasse verdelings aan te hits, en het Afrikaans-Amerikaanse werkers ingevoer van die Suide om te dien as roofwerkers in die 1941 staking wat deur die United Auto Workers begin is. Sy plan het gefaal hoofsaaklik deur die pogings van sosialistiese motor werkers wat gekant was teen alle vorms van rassisme en geveg het om alle werkers te laat saamwerk in ‘n gemene stryd teen industriële despotisme.

Die burgerregte beweging van die dekades daarna het toenemend meer deel geword van die breër klassestryd, insluitend ‘n reeks militante stakings in dielaat 1960s en vroeë 1970s. Dit het toenemend meer duidelik geword dat die stryd vir burgerregte was deel van die stryd van die werkersklas as ‘n geheel.

Die burgerregte beweging het onder die invloed van sosialiste gekom, ‘n ontwikkeling wat deur bitterheid teengestaan is deur die meer konserwatiewe

Leiers. Martin Luther King, Jr. en andere, het hoewel hulle hervormingsgesind gebly het in terme van hul program, was beïnvloed deur sosialistiese gedagtegang en het die vrystelling van Afrikaans Amerikaanse burgers gesien as onlosmaaklik verbind tot die stryd vir sosiale sowel as wetlike gelykheid. Hulle was nie, in teenstelling met Barack Obama, ondersteuners van die “vrye mark” nie.

In reaksie tot die woelinge van die 1960s, het die Amerikaanse heersersklas ‘n beleid aangeneem om ‘n deel van die burgerregte leierskap en Afrikaans-Amerikaanse middelklas te kultiveer en hulle te integreer in die sisteem van ekonomiese en politieke mag via die Demokratiese Party en deur diemedium van resgtellende aksies en identiteit politiek. Hierdie proses het ssamgeval met die laat vaar deur die Demokratiese Party van enige beleid van sosiale hervorming.

Vir meer as vier dekades het die Amerikaanse heersersklas gewerk op so’n wyse dat die kwessie van ras nie meer losgemaak kon word van die kwessie van klas nie. Dit het die belange gedien van ‘n welgestelde Afrikaans-Amerikaanse establishment, maar die impak op die breë massas was katastrofaal. Die toestande van diemeerderheid Afrikaans-Amerikaanse burgers is vandag slegter as wat dit 40 jaar gelede was.

Dit is vir die bevoorregte lae van die bo middelklas wat gebaat het by die beleid van regstellende aksie wat die voorstaanders van rasse en ander vorms van identiteit politiek praat.

Daar is ‘n groot element van skynheiligheid en self-belang in die poging om die Travyvon Martin geval te gebruik om rassitiese politiek te bevorder. Politieke charlatans soos Al Sharpton, leiers van die amptelike burgerregte organisasies, ryk Afrikaans-Amerikaanse media-kenners en akademici, pseudo-linkse groepe soos die International Socialist Organisation – almalmet bande tot die Demokratiese Party – het ‘n dwingende belang daarby omdie identiteit politiek van die industrie aan die gang te hou.

Hierdie groepe het geen begeerte om die breër sosiale en politieke konteks van die Trayvon Martin saak aan te spreek nie. Hulle posisie is opgesom deur Obama, wat ‘n merkbaar skynheilige stelling op die Wit Huis se webtuiste geplaas waarin hy verklaar het, “Ons is ‘n nasie van wette, en ‘n jurie het gepraat.”

Dit word bykans nooit genoem dat die “omheinde gemeenskap” in Sanford, Florida waar Trayvon Martin vermoor is is deurspek met huise waarvan die eienaars nie diepaaiemente kon betaal nie. In die voortdurende media kommentaar op die Martin saak was daar skaars ‘n melding van massa werkloosheid, stygende armoede en die verwoestende effek van korporatiewe loonbesnoeiinge en soberheid van die regering.

In stede daarvan om ‘n “nasionale gesprek oor ras” van stapel te stuur, is wat noodsaaklik is ‘n “nasionale gesprek” oor die horribale toestande wat die gevolg was van die in duie stort van die industriële infrastruktuur van die Verenigde State, die styging van die predatoriese finansiële aristokrasie, die militarisasie en brutalisering van die Amerikaanse samelewing, en die groei van sosiale ongelykheid.

Hierdie is toestande wat oorkom kan word slegs deur die unifikasie van die werkersklas op die basis van ‘n rewolusionêre sosialistiese program wat gekant is teen die kapitalistiese sisteem en die klasse eksploitasie ten harte.

Barry Grey