Afrikaans

Noodtoestand aangekondig terwyl onrus in Sui-Afrika versprei

Die Suid-Afrikaanse Weermag is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas te midde van ‘n toenemende golf van stakings waarby stakende platinum en goud mynwerkers betrokke is.

Dit is die eerste keer sedert die einde van apartheid waar die weermag op dié wyse gereed gehou word en ‘n voorwendsel daarvoor was ‘n vergadering wat Julius Malema met soldate gehad het. Malema is die voormalige jeugleier van die African National Congress en die mees prominente leier van ‘n ander faksie as President Jacob Zuma.

Malema het dusver gepoog om die ongelukkigheid van die mynwerkers teenoor die ANC leiers en hul vennote, die National Union of Mineworkers (NUM) en die COSATU federasie te gebruik vir sy eie ambisie om ANC leier te word. Gister het Malema sy fokus op soldate wat kwaad is oor afdankings, geplaas.

Die troepe se dienste is opgeskort uit die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) nadat hulle in die hoofstad, Pretoria, in 2009 in oproerige onluste betrokke was. Hulle het protes aangeteken teen swak salarisse en werkstoestande. Die polisie het hulle toe met rubber koeëls en traangas ingewag.

Indien daar teen Malema opgetree word kan dit die begin van ‘n algemene onderdrukking teen mynwerkers wees omdat die regerende koalisie van die ANC, COSATU en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party die onrus by myne as ‘n sameswering bestempel het met Malema en die wegbreek unie, die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) sentraal daaraan.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het Malema daarvan beskuldig dat hy teen die staat wil “mobiliseer”. Sy het opgemerk dat Malema die myne besoek het na afloop van die slagting van

34 werkers by die Marikana myn op 16 Augustus. “Hierdie is alles aanduidings van ‘n teen-revolusie,” het sy gesê.

Sy sien ‘n verband tussen die agitasie van die soldate en die gebeure by Marikana en het soldate gewaarsku dat daar gevolge sou wees indien hulle nie Woensdag vir werk opdaag nie.

Meer as 40 000 mynwerkers is nou betrokke by stakings wat toenemend bitter en militant word.

Die staking by Lonmin se Marikana myn het op 10 Augustus begin en daar was aanvanklik 3 000 rotsboorders betrokke. Maar nou het die stakings om beter salarisse te vra reeds produksie in die platinum en goudbedryf begin raak. Werkers by Marikana staak steeds en net 1.8 persent werk tans. ‘n Liggaam is Dinsdag naby die myn gevind, met diep meswonde aan die agterkant van sy kop.

Die dodetal by Marikana staan reeds op 45, insluitend twee veiligheidswagte wat lewendig binne hulle motor verbrand is en ses unie beamptes van die NUM. Die NUM word beskou as ‘n maatskappy-unie van wie die bestuurslede groot bedrae verdien het terwyl werkers op brutale wyse onderdruk word.

Dinsdag het 8 000 stakende werkers na ‘n hospital gemarsjeer om 190 Marikana werkers wat deur die polisie aangeval is, te besoek. Hulle kon nie die hospitaal besoek nie, want die polisie het hulle verhoed met gepantserde voertuie en aan hulle gesê die pasiënte is ontruim.

Die mynwerkers is na verneem word, gemartel sodat Malema as die geheime hand agter die stakings ontmasker kon word.

Volgens die Mail & Guardian ondersoek die Polisie se Onafhanklike Ondersoek-direktoraat vyf aanklagte van aanvalle by polisie stasies, maar hulle is onbewus van enige voorvalle waar werkers gemartel is.

Die adjunk-kommissaris van polisie in die Noordweste, Luitenant-generaal William Mpembe was na bewering teenwoordig toe werkers in aanhouding aangeval is. Hy was een van 10 polisie amptenare wie polisiestasies na die Marikana slagting besoek het en werkers probeer oorreed het om nie klagtes teen die polisie in te dien nie.

Omtrent 94 sake van aanranding is teen die polisie aanhangig gemaak en nog baie verklarings is gedoen. “In sommige gevalle is die beweerde slagoffers so erg aangerand dat hulle nie hulle oë kon oopmaak nie,” berig die M&G.

By Gold Fields se KDC Wes myn het 15 000 werkers Maandag gestaak.

Gister het Anglo American Platinum (Amplats), die wêreld se grootste platinum produsent, die bedryf van vier van hulle myne in Suid-Afrika se Noordwestelike provinsie opgeskort. Dit is in dieselfde gebied as Marikana, wat deur Lonmin besit word. Lonmin is die wêreld se derde grootste produsent van platinum.

Dinsdagaand het “omtrent 1 000 mynwerkers ‘n konfrontasie gehad met lede van die mynsekuriteit … by die Siphumelele mynskag en die situasie het vanoggend na ander skagte versprei,” volgens die streek se polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane.

Woensdag het werkers wat met messe gewapen was, seker gemaak dat ander Amplats mynboubedrywighede ook opgeskort moes word. Sowat 1 500 stakers het die polisie, wie gepantserde voertuie gehad het, by die hekke van die Bathophele skag naby Rustenburg gekonfronteer.

Een staker het aan Reuters gesê “almal van ons gaan dit regkry om al die mynbedrywighede te laat staak. Ons gaan dit selfs by die goudmyne regkry.”

Een werker het van die NUM gesê “al wat hulle weet om te doen is om geld in hul sake te stop.”

Dinsdag het Malema aan duisende mynwerkers by ‘n sokker veld van die westelike deel van Gold Fields se Internasionale KDC goudmyn by Carletonville wes van Johannesburg gesê “daar moet ‘n nasionale staking by al die myne wees tot (NUM sekretaris generaal) Frans Baleni en die leierskap van die unie onmiddellik bedank.

Malema het gesê stakers moet vir vyf dae per maand vreedsame stakings hou totdat hulle eis vir ‘n salaries van R12 500 per maand toegestaan is.

Malema het Baleni daarvan beskuldig dat hy R1-miljoen per jaar maak deur op myne se direksies te dien. Hy het voorts gesê die myne betaal President Jacob Zuma miljoene rand per jaar in ruil vir sy beskerming.

“Zuma gee nie om vir die werkers nie. Ons leiers slaap saam met die kapitaliste,” het Malema gesê.

COSATU het gesê Malema “speel met vuur”, terwyl die NUM gesê het werkers moet terugkeer werk toe en Malema se “bogpraatjies” van die hand wys.

Malema is in April uit die ANC geskors. Hy het polulêre steun gewerf deur ‘n beroep te doen vir die nasionalisering van myne en het gesê Zuma en Baleni word deur die mynbase beheer.

Malema is egter ook ‘n korrupte miljoenêr wat eintlik net seker wil maak dat sy faksie van die ANC eindelik die swart bourgeoisie domineer en voorrang geniet in toekomstige onderhandelinge met internasionale maatskappye.

COSATU maak een goeie punt; dat Malema met vuur speel. Hy wil hertoegelaat word tot die ANC deur die misnoë  van die werkers te gebruik om Zuma by die ANC se konferensie in Desember in Mangaung te ontsetel. Vroeër vandeesweek het Malema die steun van COSATU se algemene sekretaris Zwelinzima Vavi gesoek deur te sê hy en die COSATU hoof praat dieselfde taal.

Die polisie sê die dag kom nader dat Malema vir bedrog aangekla gaan word. Malema het self aan die Mail & Guardian gesê hy het ‘n polisie-verslag gesien wat op sy arrestasie dui.

Lasbriewe vir sy arrestasie is na wat verneem word uitgereik in verband met korrupsie en bedrog oor staatstenders wat hy bekom het en hy kan moontlik ook klagtes in die gesig staar wat verband hou met belastingontduiking.

Loading