Afrikaans

ANC President Jacob Zuma sê weermag mag teen stakende werkers gebruik word

Mynwerkers by die Lonmin platinum myn by Marikana het Donderdag teruggekeer werk toe en terselfdertyd het President Jacob Zuma gesê die weermag mag gebruik word teen onluste in die mynsektor.

Na afloop van ‘n ses weke lange wildcat staking het werkers by Lonmin naby Johannesburg ‘n salarisverhoging van tussen 11 en 22 persent aanvaar.

Die vasberade houding van die werkers om die verhoging te bewerkstellig, van ‘n skamele R5 000 ($500) per maand tot R12 500 ($1513) was voltooi na brutale skermutselinge tussen die polisie en die werkers wat deur die African National Congress (ANC) en die National Union of Mineworkers (NUM) goedgekeur is.

Op 16 Augustus is 34 rotsboorders deur die polisie afgemaai nadat die werkers hul onmin met die NUM te kenne gegee het. Sowat 270 stakers is gearresteer en die regering het ‘n verbod op onwettige samekomste geplaas, ‘n nooddoestand verklaar en mense se huise deursoek het.

Die sterk standpunt van die werkers het daartoe gelei dat Lonmin werkers wat by die wegbreek unie, die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) aangesluit het, of aan geen unie behoort het nie, by die loonsamesprekinge ingesluit moes word.

Die ooreenkoms is minder as die werkers se oorspronklike eis, maar die werkers het dit nogtans as ‘n groot oorwinning gesien. Die werkers ontvang, bo en behalwe die salarisverhoging, ook ‘n betaling van R2 000 wat hulle verloor het ten tyde van die staking.

Lonmin se waarnemede HUB, Simon Scott, het die verhoging verdedig en gesê dit is toegestaan in uitsonderlike omstandighede waartydens die sosiale raamwerk van die land se samelewing aangetas is.

Duisende werkers het by die Wonderkop Stadion by Marikana byeengekom om nuus van die ooreenkoms aan te hoor. Hulle het oorwinningsliedjies gesing en was voorts baie negatief oor die NUM. Een banier het die volgende woorde gehad: “Doodsertifikaat, eerste naam NUM, rede vir dood: korrupsie.”

Die ooreenkoms is deur sommige kommentators en dele van die media bestempel as ‘n fout omdat dit tot nog soortgelyke stakings sou lei.

‘n Internaionale analis van Nomura, Peter Atard Montalto, het gesê hy stem saam met hierdie standpunt omdat Lonmin “geswig” het voor die werkers.

In die Financial Times skryf Andrew England dat die “, staking nie deur die unies beëindig is nie, maar deur ‘n informele groep werkers, gemeenskapsleiers en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. Werkers by ander myne gaan na hul kollegas by Lonmin kyk en dieselfde wil doen en dit kan nie goed wees vir stabiliteit in die industrie nie.

Verteenwoordigers van die ANC en die NUM het die ooreenkoms meesal veroordeel.

Die sekretaris general van die ANC, Gwede Mantashe, het gesê die ooreenkoms stuur die land in ‘n gevaarlike rigting terwyl die NUM se algemene sekretaris voel dat die tradisionele onderhandelingsforums gekompromiteer is.

Baleni het bygevoeg dat die NUM nou soortgelyke eise van lede oor die hele mynsektor ontvang het.

“Dit kan daartoe lei dat ‘n element van anargie beloon kan word, mense kan sekere dinge doen en daarmee wegkom en dit kan dus na ander myne oorspoel.”

Hierdie vrese het daartoe gelei dat myne soos die van Anglo American (Amplats) hul aktiwitiete by myne in Rustenburg gestaak het.

Werkers by die myne het as gevolg van die aktiwiteite by Lonmin met hul eie stakings begin.

Nadat Amplats hul aktiwiteite hervat het kon hulle slegs sowat 20% van die werkers oorreed om terug te keer werk toe. Tydens ‘n protes het die polisie rubber koeëls en traangas gebruik en ‘n woordvoerder van die polisie het gesê hulle “aanvaar nie onwettige samekomste nie”.

Na bewering is een staker dood toe ‘n gepantserde voertuig van die polisie oor hom gery het. Die mynwerkers en hul ondersteuners het die paaie met brandende bande en rotse versper om die polisie te verhoed om die area binne te gaan. Reuters het een gemeenskapslid aangehaal wat gesê het die mense het Lonmin as ‘n oorwinning bestempel.

Ondertussen het wildcat aksies voortgegaan by Impala Platium, die wêreld se tweede grootste platinum produsent, en by Samancor Chrome noordwes van Johannesburg.

Die stakings het ook na die goudsektor versprei, met 15 000 werkers by die KDC West deel van Gold Fields op ‘n onwettige staking vir twee weke. Hulle eis ‘n soortgelyke stand van sake as by Lonmin en vir die NUM leiers by die myn om te bedank.

‘n Woordvoerder van Gold Fields, Sven Lunsche het gesê hulle “kan nie en gaan nie oor salarisse onderhandel nie.”

Gold Fields het verlede Maandag reeds ‘n hofbevel verkry wat die staking onwettig verklaar het en het gedreig om hul hele arbeidsmag aft e dank indien hulle nie werk toe gaan nie. Die werkers het egter gesê hulle gaan aanhou staak tot daar aan hulle eise toegestaan word.

Die goud myn industrie maak gebruik van ‘n kollektiewe bedingingsforum, anders as by platinum, volgens Lunsche, en hy het bygevoeg dat hierdie forum goed gewerk het vir twee dekades.

“Dit sal die beste wees indien die NUM hulle kan oortuig om terug te keer werk toe,” het hy gesê.

Woensdag het Zwelinzima Vavu, COSATU se algemene sekretaris sy organisasie se 11de jaarkongres verlaat om die mynwerkers te probeer oorreed om terug te keer werk toe.

Vavi het gemaan dat die werkers teen Vrydag afgedank kan word indien hulle nie na die werkplek terugkeer nie en hy het beloof om die werkers se eise met mynbestuur te bespreek. Maar die mynwerkers het net gesê “ons gaan beslis nie terug werk toe nie.”

Donderdag het werkers by AngloGold se Kopanang myn die jongste werkerskorps geword om sogenaamde wildcat stakings te begin. AngloGold is die grootste goudprodusent in Afrika. Daar is 5 000 werkers by die myn en hulle eis ‘n maandelikse salarisse van R12 500.

Op dieselfde dag het Zuma gesê dit is aanvaarbaar indien die weermag betrokke raak om die opstokers te hanteer.

Hy het ‘n brief aan die parlement se nasionale vergadering geskryf waarin hy sê, “ek het dit goedgekeur dat 137 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) met lede van die polisie saam werk om wetteloosheid in die Marikana gebied te bestry. Dit is geldig vir die periode tussen 14 September 2012 tot 31 Januarie 2013.”

Om die waarheid te sê, sowat 1 000 troepe is reeds die vorige week na Marikana gestuur om die polisie te help sonder enige amptelike aankondiging deur die President. Die ministerie van Verdediging het hierdie duidelik onkonstitusionele stap probeer regverdig deur middle van ‘n teruggedateerde brief.

Vrydag is dit bevestig dat ‘n lasbrief vir die arrestasie van Julius Malema, die voormalige leier van die ANC Jeugliga, uitgereik is. Malema is in April uit die ANC geskors.

Malema het gepoog om die onrus te gebruik om sy faksie-stryd teen Jacob Zuma aan te wakker en om aan te dring dat hy tot die ANC hertoegelaat word. Oor die laaste twee weke het Malema uitdruklik die mynwerkers se eise gesteun en ‘n beroep gedoen dat myne genasionaliseer word.

Maandag het die polisie hom egter verhoed om ‘n skare mynwerkers in Marikana toe te spreek.

Malema se prokureurs het gesê hulle weet nie wat die aanklagte teen hom is nie en dat hy nie tronk toe gestuur sal word nie en die volgende week in die hof sou verskyn.

Loading