Afrikaans

COSATU federasie leier se vrees vir sosiale uitbarsting in Suid-Afrika

Te midde van ‘n voortslepende golf wildcat stakings deur werkers in die platinum, goud, steenkool en chroom sektore van die mynbedryf en na afloop van die massa-moord op 34 stakende werkers by Lonmin se Marikana platinum myn het Suid-Afrika se grootste vak-unie, COSATU, sy 11de nationale congress by Gallagher Estate in die Gauteng Provinsie gehou.

Zwelinisnzima Vavi, COSATU se algemene sekretaris het in ‘n ernstige toespraak aangevoer dat “’n veelvuldige krisis besig is om in ons samelewing te ontwikkel en kan tot die ondergang van organisasies lei asook tot ‘n sosiale uitbarsting.”

Volgens die verslag wat Vavi gelewer het is die sleutel elemente van die krisis as volg:

 Eerstens, “’n Opkomende organisatoriese krisis waar die ANC toenemend gebuk gaan onder faksievorming, begunstiging en korrupsie en dit het nie meer die vermoë om uitdrukking te gee aan die missie en strategiese visie van die organisasie nie.”

Tweedens, “’n krisis in die staat waar jare van verwaarlosing, fiskale inkrimping en die uitkontraktering van die staat se verantwoordelikhede in samehang met endemiese korrupsie en ‘n mislukking van politieke en burokratiese verantwoordelikheid … veroorsaak dat sekere dele van die staat se bestel nie meer effektief is nie en soms ook selfs disfunsksioneel.”

Hy het bygevoeg dat die “institusionele krisis in dele van die staat te doen het met nie-lewering van dienste wat baie werkersklas mense beïnvloed.”

Derdens het sy verslag gewys na “’n krisis van armoede, ongelykeid en werkloosheid wat aangehelp word deur strukturele aspekte van die ekonomie.”

Vavi se verslag het voortgegaan deur te stel dat hierdie drie-voudige krisis lei tot ‘n “ontluikende krisis van politieke legitimiteit en ontnugtering” wat daarop dui “dat ‘n toenemende aantal kiesers nie in 2014 wil stem nie.”

Vavi stel die vraag in die verslag: “Wie het die meeste baat gevind by ons revolusie oor die laaste 18 jaar?”

Hy het as volg geantwoord: “Die verslag wys dat die hoof begunstigdes was kapitale belange en meer spesifiek wit kapitaal en ‘n nuwe elite” en hy voeg by dat “onderwyl winste styg, ontvang werkers ‘n kleiner aandeel van die BNP en in werklikheid het werkers se lewens dus nie verbeter nie.”

Die verslag rig die waarskuwing dat “gewone mense sal vra waarom, terwyl hulle dikwels die mandaat gegee is om die transformasie van die samelewing te verseker, ons beweging (COSATU) net die belange van mag en voorreg verskans, met slegs die nuwe elite wat daarby ingesluit word; dit gebeur terwyl die lewens van gewone mense gekarakteriseer word deur armoede, siekte, onkunde en werkloosheid.” Veral beduidend was Vavi se woorde dat “indien ons nie hul belange dien nie sal hulle na ‘n alternatief moet soek.”

Vavi stel ook in sy verslag dat daar ‘n “kommerwekkende tendens is dat unie-leiers gekoöpteer word en hulle skuldig maak aan korrupsie en dat werkers agtergelaat word. Hy het genoem dat slegs 6 persent van geaffilieerde unies se lede weet wie die algemene sekretaris of president is.

Vavi het voorts gesê dat die verkiesing van Jacob Zuma as President en die vervanging van Thabo Mbeki ‘n “opstand van onder beteken het, van beleidsrigtings wat die werkersklas sou bevoordeel,” maar dit het nie gebeur nie. Na die verkiesing van 2009 waar Zuma verkies is, volgens Vavi, “was daar die gevoel dat die alliansie tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) as ‘n verkiesingsmasjien gebruik is.”

Vavi se verslag het kritiek ontlont, veral vanaf geaffilieerde lede wat hul grootste krisisse oor die afgelope jaar in die gesig gestaar het, soos die National Union of Mineworkers en die South African Democratic Teachers Union. Frans Baleni, die algemene sekretaris van die NUM het aangedring dat COSATU die ANC meer moes respekteer en nie aan hulle probeer voorsê nie. SADTU het gesê Vavi het die word “krisis” te veel gebruik en het voorgestel dat dit deur “uitdaging” vervang moet word.

Volgens SADTU kan mens nie sê die ANC verkeer in ‘n krisis omdat jou eie sake nie goed verloop het nie.

Die sekretaris-generaal van die ANC het ook ‘n bydrae gelewer deur te sê die verslag poog om tweespalt tussen die ANC en sy lede te saai.

Mantashe het gesê die ANC word aangeval deur ontnugterde lede en dat COSATU dikwels die kant van hierdie lede kies. Volgens Mantashe wil COSATU met “ander magte op ‘n taktiese basis” saamwerk onderwyl hulle op ‘n strategiese basis steeds met die ANC wil saamwerk. COSATU, het hy bygevoeg, moet nie feite verkeerd aanhaal om die legitimiteit van die staat in twyfel te trek nie.

Die SAKP en ANC het daarop aangedring dat enige kritiek van hul organisasie van die document verwyder moet word.

Vavi val egter nie die ANC aan nie, maar waarku slegs sy vennoot, die regering. Sy boodskap is dat indien die ANC mag wil behou en ‘n revolusie wil verhoed dan moet die regering sy rigting verander deur van slegte skuld ontslae te raak en om armes te help.

Die ANC se reaksie toon dat hierdie versoek op dooie ore val.

Vavi het min gepraat oor COSATU se aandeel aan die krisis sedert demokrasie 18 jaar tevore. Hy het verwys na die sogenaamde verkiesingsplan van Zuma hierbo terwyl COSATU se eie 2015-plan wat in 2003 saamgestel is voorgestel het dat meer en meer werkers by die ANC aansluit.

COSATU was in die verlede die hoof meganisme om te verseker dat werkers steeds die ANC steun. Dit word nou uitmekaargeskeur na afloop van die massa moorde by Marikana.

Tydens die kongres is ‘n verklaring aangaande Marikana saamgestel. Gwede Mantashe het namens die ANC die uiteindelike bewoording gekritiseer en bygevoeg dat COSATU die “konteks moet verduidelik dat die teen-revolusionere aanvalle op die NUM wys dat daar swakhede in COSATU en dus ook in die alliansie is.”

Die gevaar van ‘n teen-revolusie, volgens Mantashe, maak dit tans baie moeilik vir progessiewe stemme om uiting te vind.

Frans Baleni wat altyd die polisie se aanval op die stakende werkers verdedig het, het saamgestem dat die bewoording van die verslag verander moes word, veral rondom die dade van die polisie.

Die kongres het sterk steun uitgespreek daarvoor dat President Jacob Zuma herverkies moet word. Zuma se aankoms by die kongres het gelei tot baie applous en die sing van pro-Zuma liedjies. Vorige opponente van Zuma, Irvin Jim van NUMSA en Thobile Ntola van SADTU het gepoog om uiting te gee aan hul steun vir die president.

Carol Paton van Business Day het geskryf dat die golf van steun vir Zuma was die grootste kontradiksie van die week, want een maand nadat

34 mynwerkers doodgeskiet is het COSATU afgevaardigdes die president met die hoogste agting bejeen.

Loading