Afrikaans

Stakings brei regoor Suid-Afrika uit ongeag grootskaalse afdankings

Te midde van die groot aantal werkers in Suid-Afrika wat nie werk toe gaan nie, het mynmaatskappye grootskaalse afdankings van hierdie werkers aangekondig.

Verlede week het Anglo American Platinum (Amplats), die wêreld se grootste platinum produsent, 12 000 werkers afgedank. Dit was in reaksie op ‘n staking van drie weke deur sowat 28 000 mynwerkers by vier van die maatskappy se myne in Rustenburg.

‘n Dag voor die aankondiging is ‘n mynwerker doodgeskiet na botsings met die polisie. Hierdie was die jongste voorval nadat 50 werkers reeds gedood is oor die laaste aantal weke, insluitend die 34 wat doodgeskiet is op 16 Augustus by Lonmin se Marikana myn.

Dinsdag het twee ander myne Amplats se voorbeeld gevolg deur 3 500 werkers af te dank. Stakings by hierdie myne het op 1 Oktober begin.

Die werkers staak oor lae lone en swak werkstoestande. Verlede week het die platinum maatskappy Atlatsa 2 161 werkers by sy Bokoni myn afgedank nadat die maatskappy die staking as onwettig bestempel het.

Die myn se bestuur het die werkers tot die volgende dag gegee om appél aan te teken teen die beslissing.

Die Gold One mynmaatskappy het 1 435 werkers afgedank, en dit is sowat 75 persent van alle werkers by ‘n goud en uraan myn buite Johannesburg. Werkers is tot Donderdag gegee om appél aan te teken.

Die maatskappy het daarna ‘n ernstige waarskuwing gerig in ‘n verklaring deur te sê onderdrukking deur die polisie wag op enige werker wat hul beslissing teenstaan: “Die Suid Afrikaanse Polisiediens is goed verteenwoordig by die myn  om te verseker daar is geen dade van geweld of intimidasie nie. Tans gaan slegs noodsaaklike dienste voort by die myn.”

Die golf van afdankings deur die land het egter nie verhoed dat daar nog stakings, meeste waarvan nie amptelik is nie, gevolg het. Die groeiende rebellie van werkers lyk meer en meer soos ‘n nie-amptelike nasionale beweging wat die groot korporasies, die ANC regering en die amptelike vakbonde teenstaan.

Sedert Augustus, toe werkers by Lonmin se platinum myn begin staak het, het meer as 100 000 werkers nie werk toe gegaan nie. Hierdie stryde het werkers in die vervoer, motor en ander bedrywe ingesluit.

Stakings in die goudbedryf het volgens verslae die landwye produksie met meer as 40 persent laat daal. Afrika se grootste goudprodusente - AngloGold Ashanti Ltd., Gold Fields Ltd., en Harmony Gold Mining – is almal daardeur geraak.

Nadat platinum werkers by die Marikana myn ‘n loonverhoging van 22 persent gekry het, het werkers by AngloGold Ashanti dieselfe verhoging verwag en die myn het tot stilstand gekom vanweë ‘n staking daar.

Daarby het 13 000 werkers van Gold Fields reeds vir ‘n aantal weke gestaak. Mynwerkers by Harmony se Kusasalethu myn staak reeds sedert die begin van Oktober.

Werkers by die Kumba ystermyn, ook deel van Anglo American en onder die top 10 yster produsente ter wêreld, staak tans ook. Werknemers by die maatskappy se Sishen myn het op 3 Oktober van die werk weggebly in ‘n nie-amptelike staking om ‘n maandelikse salaris van R15 000 ($1725) te bekom. Die werkers het toegang tot die mynskag versper en produksie moes die volgende dag gestaak word. Die maatskappy het Maandag ‘n verklaring uitgereik en gesê “die werkers is almal permanent en is lede van die unies wat deur ons erken word, maar tans tree hulle op sonder die unie se toedoen”.

Dinsdag het sowat 400 werkers by Xstrata se platinum myn in Brits in die noordweste van die land begin met ‘n staking om ‘n beter loon te bekom.

Werkers by Samancor se Western Chrome Mine het met ‘n onwettige staking begin en steenkool mynwerkers het met ‘n nie-amptelike staking begin by die Mooiplaats myn in Mpumalanga. ‘n Landwye staking deur steenkoolmyners sal vinnig lei tot ‘n stilstand in die land se ekonomie, want 85 persent vandie land se elektrisiteit kom van steenkool.

Op Dinsdag is daar ook verslag gedoen oor twee vervoer-unies wat hul werkers verhoed het om steeds deel te hê aan die voortslepende vervoerstakings. Werkers het egter ‘n substansiële loonverhoging bekom en die unies kon toe die stakings tot ‘n einde bring.

Ongeag die loonverhoging het 28 000 werkers, almal lede van die South African Transport and Allied Workers Union, onderneem om aan te hou staak. Dit het ‘n ernstige impak op die ekonomie en een werknemers-organisasie beraam dat die land sowat R1.2-biljoen ($135-miljoen) per week verloor.

Dit is voorts aangekondig dat werkers by hawens vir drie dae en spoorwegwerkers vir een dag sal staak om hul steun vir die vervoerwerkers duidelik te laat blyk.

In samehang met gewone intimidasie en dreigemente het ‘n aantal maatskappye laat blyk dat hulle stakings gaan probeer tot ‘n einde bring deur met onderhandelinge te begin en om meer te betaal as die norm.

John Meyer, ‘n beleggings-kenner in die bankwese, het Dinsdag bygevoeg “dit is geen verrassing dat die stakings so wydverspreid is nie en alle sektore sal waarskynlik teen die einde van die jaar beïnvloed word”.

Die gevolg van die National Union of Mineworkers (NUM) se samwewerking met die korporasies is dat werkers die unie in groot getalle verlaat het en baie weier tans om by enige van die amptelike unies aan te sluit.

Die NUM burokrasie, wat tot op hede ‘n sleutelrol as ‘n soort industriële polisie-diens oor een van die mees militante werkerskorpse in die land, gespeel het, word nou bedreig van onder deur ‘n massa teenkanting van die werkers. Die NUM het die rol tradisioneel in samewerking met die ANC en SAKP uitgevoer.

Die hoeveelheid werkers wat wegloop van die NUM is duidelik ook omdat Impala Platinum myn op 1 Oktober aan die unie geskryf het en gesê het die unie het nie meer genoeg werkers by die Rustenburg myn om as amptelike verteenwoordiger op te tree nie. Volgens Impala het die meerderheid van sy 28 000 werknemers die NUM verlaat. Die unie verteenwoordig nou slegs 13 persent van alle werkers en het in die verlede soveel as 70 persent steun gehad.

‘n Verslag op allafrica.com het gestel dat die unie meer as 50 persent van alle werkers moet verteenwoordig om amptelik erken te word en Impala het die unie drie maande gegee om hierdie peil te bereik.

‘n Artikel in Dinsdag se Independent Online het verdere aanduiding gegee van die groeiende onrus toe verteenwoordigers van die NUM en COSATU by Anglo American Platinum se Amandelbult myn die gebied moes verlaat nadat hulle motor met klippe bestook is.

Woensdag het honderde Amplats werknemers wat nie hul afdankings wou aanvaar nie na die NUM se kantore gemarsjeer om van die organisasie te bedank. Die polisie het hulle verhoed om die gebou binne te gaan.

Vroeër in die dag het die NUM se woordvoerder Lesiba Seshoka gesê “mynwerkers kan nie hul lidmaatskap staak as hulle reeds afgedank is nie, want hulle het nie werk nie”.

Die Mail & Guardian het oor hierdie voorval gesê: “Die Amplats werkers se dade wys dat die unies dalende steun het en die voorvalle by die Marikana myn van Lonmin het die situasie net verder vererger. Die huidige stakings wat in die platinum sektor begin het voor dit ook ander sektore aangeraak het, is aangevuur deur stakings-komitees wat onafhanklik van die unies en bestaande onderhandelings-ooreenkomste optree.” Die artikel het voorts gestel dat ‘n Amplats komitee-lid sou sê dat “werkers sal klaarmaak wat hulle begin het sonder die unies se toedoen.”

Loading