Afrikaans

Stakende werkers gekant teen protesoptog deur amptelike unies

Die Congress of South African Trade Unions (COSATU) het Saterdag ‘n protestoptog gehou by die Olympia Stadion in Rustenburg in wat veronderstel was om hul steun onder myners uit te beeld. COSATU se algemene sekretaris Zwelinzima Vavi het onderneem om “die Rustenburg gebied terug te neem van die mag van teen-revolusie.”

Vavi sou verskyn voor ‘n gehoor wat van omliggende gebiede deur bussies ingery was. Hy sou saam met Blade Nzimande, algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en Minister in die ANC gedomineerde alliansie, en die algemene sekretaris van die National Union of Mineworkers, Frans Baleni, verskyn.

Die protes het egter slegs getoon hoe ontman hierdie organisasies is en hoe gekant die menigte werkers teen hulle is.

Die sogenaamde “magte van die teen-revolusie” waarvan Vavi praat is tienduisende stakende werkers wie teen kwaai uitbuiting en lae lone en teen die NUM protes aanteken. Die NUM is eintlik maar net ‘n huis-unie vir die mynmaatskappye.

Rustenburg staan sentraal aan die sogenaamde wildcat opstand wat in Augustus by die Lonmin platinum myn in Marikana begin het en oor die hele mynsektor versprei het en op sy toppunt meer as 100 000 werkers ingesluit het.

Saterdag het sowat 1 000 werkers van Amplats vroeg by die Olympia Stadion aangekom en dit beset. Hulle het t-hemde gedra met die bewoording “Remember the Slain of Marikana (Onthou die wat by Marikana geval het)” en “Forward with Living Wage – R12 500 (Voorwaarts met beter lone) en hulle ook plakate gedra met die woorde “Moenie dat die polisie met moord wegkom nie” en “Ons is hier om die NUM te begrawe”.

Die Sapa nuusagentskap het vir Tshepang Moloi van die Rustenburg tak van die stakende komitee aangehaal: “Ons het ‘n boodskap vir Zwelinzima Vavi: Ons gaan nie terug werk toe voor julle nie aan ons eise toegegee het nie”. Nog ‘n staker het geskreeu, “Ons sterf ondergrond terwyl julle op stoele sit en geld verdien!”

Soos die stakers die stadion binnegestap het, het NUM amptenare gevlug. Die werkers het ANC en COSATU t-hemde verbrand en het toe buite die stadion liedjies gesing en slagspreuke geskreeu. Die hekke is deur die polisie met slotte gesluit.

Greg Marinovich het aan die Daily Maverick gesê “die polisie het die meeste optogte deur mynwerkers by Marikana verban en hulle sien selfs optogte deur vroue as ‘n gevaar vir openbare veiligheid.” Maar ten spyte van die feit dat grootskaalse konfrontasies sou uitbreek indien COSATU ‘n optog by die stadion hou, het die polisie inbeweeg om die mynwerkers te verwyder.

Drie amptenare van COSATU is aangeval. Volgens Marinovich het amptenare van die regering en die unies toegekyk hoe COSATU lede vir Rehad Desai, ‘n verteenwoordiger van die werkers, aangerand het. Die polisie het toe handgranate, traangas en rubber koeëls gebruik om die stakers na nabygeleë strate te jaag. Die skietery het vir meer as ‘n uur aangehou.

Binne die stadion het die SAKP se algemene sekretaris, Blade Nzimande, die dade van die polisie as prysenswaardig beskryf en gesê die SAKP sal toesien dat die NUM nooit vernietig word nie. “NUM is die bes beskikbare unie in Suid-Afrika om na die mynwerkers se belange om te sien,” het hy gesê.

Volgens verskeie verslae het Nzimande egter net ‘n skare van tussen

500 en 1 000 mense toegespreek. Die NUM het bykans reeds gedisintigreer en word aan die gang gehou vanweë  sy sleutelrol in die regering.

Marinovich het tot die volgende slotsom gekom: “Wat by die Olympia Stadion gebeur het, is deel van oop kompetisie en konflik tussen georganiseerde arbeid wat bande met die regering het en ‘n toenemend magtelose en gefrustreerde arbeidsmag, wat eens aan die voorpunt van die regeringsalliansie gestaan het.”

“Die ANC en sy unie federasie is vas van plan om sy unie in plek te hou by die myne, want hulle eie ondergang sal daarsonder verseker word. Die oorlog het nou reeds begin en as daar nie ‘n oplossing gevind word nie sal daar nog baie bloed en trane wees.”

Vier-en-dertig mynwerkers is deur die polisie by die Lonmin myn op 16 Augustus doodgeskiet. Hierdie dade is deur die NUM, COSATU en die SAKP goedgekeur en Dominic Tweedie van die SAKP en COSATU het gesê “ons behoort bly te wees, die dade van die polisie was prysenswaardig.”

Verlede week by die ANC-aangestelde ondersoek na die Marikana slagting, is dit onthul in e-posse tussen die Lonmin bestuur, regerings ministers en die polisie dat die voormalige NUM algemene sekretaris en sakeman, Cyril Ramaphosa, gevra het “on betyds aksie te neem” om die “kriminele dade” van die stakende werkers aan te spreek.

Dit was skaars 24 uur voor die polisie slagting op 16 Augustus.

Die werkers se “misdaad” is om die NUM te verwerp en om ‘n militante stryd te stry vir hoër lone. Hulle aksies het die projek van “swart ekonomiese bemagtiging” aan die kaak gestel waardeur die ANC en unie lede miljoenêrs geword het onderwyl die eksploitasie van werkers net erger geword het.

In ‘n poging om sy kredietwaardigheid gestand te doen het Vavi gesê die Rustenburg optog was “’n geveg teen die ondermynende magte vir die NUM se belange in die platinum belt”. Die doel was voorts om COSATU sterker te maak. In ‘n poging om die werkers gelukkig te hou, het Vavi gesê COSATU en die NUM sal daarop aandring dat werkers wat afgedank is hulle werk terugkry.

Donderdag is dit aangekondig dat die NUM en die Kamer van Mynwese tot ‘n ooreenkoms gekom het vir ‘n loonverhoging vir werkers by AngloGold Ashanti, Harmony en Gold Fields. Net voor Saterdag se optog het die NUM weer aangekondig dat Anglo American Platinum ingestem het om 12000 werkers wat by ‘n ses-weke lange staking betrokke was, weer in diens te neem.

Die aankondigings het egter net die werkers verder kwaad gemaak omdat hulle dit sien as pogings om hul eie dade minder effektief te maak en dieselfde by ander myne te doen.

Die aangepaste betalingstruktuur vir die goudsektor beslaan slegs ‘n toename van R500 per maand ($57.8) terwyl die werkers ‘n toename van R4 000 per maand tot R16 000 gevra het. Die ooreenkoms doen niks vir die tienduisende goud mynwerkers wat afgedank is nie.

Amplats het op hulle beurt Dinsdag gestel as ‘n finale datum waarop werkers kan terugkeer werk toe en sal hulle dan slegs ‘n eenmalige bedrag van R2 000 ($230) betaal.

Loading