Afrikaans

Unies werk saam om werkers te onderdruk terwyl Suid-Afrika se stakings verminder

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is besig met ‘n brutale kampanje van intimidasie wat gefasiliteer word dur die onderdrukking van stakings in die mynsektor deur die Congress of South African Trade Unions (COSATU).

Die polisie en Cosatu werk in tandem as agente van die mynmaatskappye en die African National Congress (ANC) regering. Die meeste van die sowat 80 000 tot 100 000 mynwerkers wat deelgeneem het aan stakings is terug werk toe na dreigemente van massa afdankings georganiseer deur COSATU en die National Union of Mineworkers (NUM). Die werkers wat in opstand hierteenoor gekom het staar afdankings, marteling, moord en arrestasies in die gesig.

Dinsdag is daar op 2 000 werkers van Anglo American Platinum (Amplats) gevuur met rubber koeëls en traangas. Tevore was daar 12 000 werkers by die staking betrokke. Die polisie het 13 stakers in hegtenis geneem. Dit is moeilik om te sê hoeveel stakers betrokke is aangesien Amplats Donderdag gesê het nog nie genoeg werkers het teruggekeer werk toe om die mynbedrywighede weer te begin nie. 

Woensdag het die myn se veiligheidswagte wat vir die Kanadese maatskappy Forbes Coal werk, twee stakende steenkoolwerkers in KwaZulu Natal doodgeskiet. Hulle het gesê dit was in reaksie op die mynwerkers wat die myn se wapenstoor bestorm het. Selfs die polisie se amptelike verslag oor die voorval stel egter dat die werkers deur die wagte na ‘n nabygeleë blikkiesdorp gejaag is voordat daar op hulle gevuur is.

‘n Myn wat aan Gold Fields behoort bly toe nadat 8 500 werkers wat gestaak het, afgedank is. Xstrata he took 400 werkers afgedank wat in ‘n staking betrokke was wat produksie gestaak het by sy Kroondal chroom myn. Dit is amper al hul 619 werkers.

‘n Sit-staking deur 300 werkers oor bonus betalings by AngloGold Ashanti se Mponeng en TauTona myne, wes van Johannesburg, is laat vaar na afloop van onderhandelinge.

In ‘n hoogs opruiende skuif het Lonmin die unies laat weet dat hulle baie werksgeleenthede by hul myne volgende jaar gaan sny. Hulle het nog nie besluit hoeveel nie.

Die platinum mynmaatskappy besit Marikana waar die polisie  34 mynwerkers op 16 Augustus doodgeskiet het en dosyne ander beseer is tydens ‘n ses- weke lange staking. Daar was voorts baie geweldadige onderdrukking deur die polisie na afloop van 16 Augustus terwyl die Farlam Kommissie se amptelike ondersoek na die voorval aan die gang is.

 Na afloop van die slagting is 270 mynwerkers aangekla van moord nadat die regering die sogenaamde “common purpose” wette wat onder apartheid gebruik is, gebruik het. Hulle is gemartel en geslaan deur die polisie en gevra om die leiers van die staking te identifiseer.

Openbare verontwaardiging het daartoe gelei dat die klagtes teruggetrek is, maat arrestasies duur voort op klagtes wat net so onwaar is. Van die nege onlangse arrestasies is die meerderhied teen leiers van nie amptelike stakings komitees wat teen die NUM se samewerking met die mynbesture saamgestel is. Twee mense is dood in verwante aanvalle. Arrestasies is ook gemaak teen diesulkes wat voor die Farlam Kommissie getuig het, ietwat van ‘n identifikasie parade vir die polisie om hul volgende slagoffer te kies.

 Die mynwerkers se verteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu het gesê ses van die mans is gemartel terwyl hulle in aanhouding was. Vier van hulle – Zamikhaya Ndude, Sithembele Sohandi, Loyiso Mtsheketshe en Anele Xole is deur ‘n groot groep polisie amptenare gearresteer terwyl hulle die ondersoek verlaat het en op pad huis toe was (sien “Leiers van staking gearresteer na getuienis voor Marikana slagting se ondersoek”).

“Een persoon het gesê hy is geslaan tot hy homself bevuil het. Nog een het die gehoor in sy regteroor verloor en nog een het duidelike wonde gehad,” volgens Mpofu.

Xolani Nzuza is aangekla, sonder enige getuienis, vir die moord van die plaaslike NUM sekretaris, Daluvuyo Bongo.

Mpofu het gesê daar is ‘n skrikbewind onder moontlike getuies.

Ongeag die feit dat ‘n magistraat die manne verlede Vrydag vrygelaat het, is die vier onmiddellik weer in hegtenis geneem onder instruksie van óf die nasionale direkteur van vervolgings of die provinsiale direkteur.

Mpofu is aangehaal waar hy gesê het hy kan nie in goeder trou ‘n kombi bus vir mense reel om voor die kommissie te getuig nie, want die mense weet hulle sal slegs weer aangekla word. Die mense, volgens Mpofu, sal sê “jy’s mal om te dink ek gaan myself laat arresteer soos die ander.”

Nog twee mans, Zenzile Nyenye en Siyakhele Kwazile is ook sonder bewyse van die moord van Bongo aangekla.

David Bruce van die Daily Maverick het ‘n leier van die stakingskomitee, “Bhele” Tholakele Dlunga, ondervra nadat hy op 25 Oktober om 5.30 v.m. deur vyf polisiemanne in gewone klere aangekeer is. Hulle het hom met ‘n swart sak versmoor en geslaan en aangekla van die besit van ‘n onwettige wapen. Hy is vir ses dae aangehou en herhaaldelik gemartel terwyl hy gevra is waar ander mense wat by Marikana betrokke was, woon.

Zonke is op dieselfde dag in hegtenis geneem en hy is geslaan en versmoor totdat hy beheer oor sy ingewande verloor het. Alle klagtes teen hom is teruggetrek maar Bruce het hom beskryf as ‘n skadu van hoe hy voorheen was.

Die dekmantel van die Farlam Kommissie kon kwalik meer duidelik gewees het.

Volgens die polisie bestaan daar slegs 41 minute se video materiaal van 16 Augustus wat deur Lt-kol. Cornelius Botha uit ‘n helicopter geneem is en die material toon niks beduidend nie.

Slegs na herhaaldelike ondervraging het Botha onthou dat twee granate uit die helicopter gevuur is. Hy het homself hierdeur weerspreek dat hy te laat op die toneel aangekom het om te weet wat gebeur het. 

Hy is gevra hoeveel helicopters daar in die lug was en hy het gesê vier.

In ‘n verwante ontwikkeling het die polisie ‘n aktivis, Angy Peter, in hegtenis geneem vir die moord op ‘n polisie informant, Rowan du Preez.

Peter het vir jare lank polisie mishandelings in Khayelitsha in Kaapstad ontbloot, maar word nou aangekla van moord op iemand wie sy onlangs gered het van ‘n vyandige groep wat hom aangeval het. Peter is ‘n sleutelgetuie voor die Farlam Kommissie.

Tans word die mynwerkers gelei tot ‘n doodloopstraat. Die wegbreek unie, die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) het geen perspektief daarop oor hoe om die samewerking tussen die NUM, COSATU, die werkgewers en die ANC uit te daag nie. Die sogenaamde Democratic Socialist Movement (DSM) wat by die Committee for a Workers International geaffilieer is, speel ‘n sleutelrol by die samestelling van stakingskomitees en hulle moedig werkers aan om ‘n enkele vakunie te stig wat onafhanklik van die drieparty alliansie funksioneer en wat ‘n sosialistiese en onafhanklike program het. Dié unie moet soos COSATU van weleer wees.

Dit is selfs aan te beveel, volgens die DSM, dat die unies en stakingskomitees ‘n gesamentlike ondersoek na die Marikana slagting lei.

Dit is egter ‘n gevaarlike speletjie, want COSATU en die NUM het die polisie slagting gesteun. COSATU verteenwoordig die klasse bestel van die bourgeoisie, want hulle het self kapitaliste geword en hulle het ‘n direkte aandeel aan die eksploitasie van werkers d.m.v. talle swart ekonomiese bemagtigingskemas.

Die voormalige NUM leier Cyril Ramaphosa is saam met President Jacob Zuma in die leierstryd vir die ANC en word deur sy voormalige unie gesteun. ‘n Reeks e-posse wat voor die Farlam Kommissie gelees is, toon duidelik dat Ramaphosa ‘n sleutelrol in die slagting gespeel het (sien “Suid-Afrikaanse unies gebruik massa afdankings en moord om mynwerkers te onderdruk”).

Ramaphosa se netto bate is R3-biljoen (US$365) en hy besit ‘n 9 persent aandeel in Marikana, maar dit is nie die hele prentjie nie. ‘n Verslag deur Arthur McKay in die 28 Oktober uitgawe van Zimbabwe se The Standard sê Ramaphosa kry R100 van elke R500 wat werkers by Lonmin verdien – sowat US$18 miljoen per jaar.

In 2010 het die maatskappy hom US$304 miljoen in kontant betaal in ‘n ooreenkoms wat deur Xstrata onderteken is, volgens McKay.

Ramaphosa het in 21010 ‘n 50.03 aandeel in Lonmin se SEB venoot Incwala Resources gekoop, maar Lonmin het die US$304 miljoen wat hy nodig gehad het, verskaf deur middel van Xstrata se aandele. Ramaphosa het ‘n verdere US$51 miljoen in krediet ontvang en hy word US$50 miljoen betaal om Lonmin se sosiale programme en opleiding te verskaf – ‘n total van US$400 miljoen sedert 2010.

Zuma en die ANC glo dat steun vir die COSATU unie burokrasie en die ander koalisie vennoot, die SAKP, beteken dat hy steeds stewig in die saal sit. Zuma se openbare kommentaar oor Marikana was dusver arrogant.

Hy het Marikana verlede week aan joernaliste ‘n “ongelukkie”genoem.

Voor die Huis van Tradisionele Leiers se opening in die parlement het Zuma gesê Marikana beteken nie ‘n terugkeer na ‘n tipe sisteem soos onder apartheid nie. Hy het gesê die Farlam Kommissie was besig om die waarheid van wat by Marikana gebeur het, te ontdek. Zuma het gesê “Marikana was maar net een voorval en dit was niks soos die reuse dekmantel van apartheid nie. Een insident beteken nie dat die sisteem ons mense doodmaak nie.”

Hy het daarop aangedring “dat geweld en intimidasie in dele waar stakings steeds voortduur tot ‘n einde gebring moet word”. Hy het na die mynwerkers en nie die polisie verwys en gesê hulle veroorsaak “chaos en anargie”.

Die realiteit is dat Zuma op ‘n politieke en sosiale kruitvat sit.

Werkloosheid in Suid-Afrika het onlangs tot 25.5 persent gestyg en die mees onlangse sensus syfers toon dat swart huishoudings tot ses maal minder as wittes verdien, 18 jaar na die einde van apartheid. Daarby is swart huishoudings nog gemiddeld groter as wittes. Daar word beraam date en mynwerker sowat 10 mense met sy salaries moet ondersteun. Van alle jeugdiges tussen 25 en 29 jaar oud is 33.7 per sent werkloos en tussen die ouderdomme van 30 en 34 is dit 27.4 persent. Die mynwese verdien 50 per sent van alle buitelandse valuta vir Suid-Afrika en het die tweede grootste bydrae tot werksverliese in die laaste kwartaal gemaak.

Zuma het onlangs ‘n vergadering van godsdiensgroepe gebruik waar post-apartheid “vrede en rekonsiliasie” die onderwerp was, om die stakings aan die kaak te stel as gevaarlik en abnormal. Hy het gesê “as werkers staak is daar baie woede, hulle brand dinge en verwoes eiendom. Wanneer gemeenskappe protes aanteken verwoes hulle die dinge waarvoor hulle vra. Dit is woede wat abnormal is.”

Zuma is tans betrokke by ‘n skandaal oor US$28 miljoen van openbare fondse wat gespandeer word om sy plattelandse huis in KwaZulu Natal te bou. Dit is een van vier huise wat Zuma besit. Verbeteringe sluit in ‘n landingsplek vir ‘n helicopter, heinings, koeëlvaste glas, twee Astro Turf sokkervelde en hysers wat ondergrondse skuilings bedien.

Baie miljoene is ook aan paaie in die omgewing spandeer.

Tydens ‘n vergadering Vrydag voor die South African Unemployed Workers Union het Zuma gesê mense moet nie na die ANC as korrup verwys nie.

“Mense sê dit, maar dit is nie waar nie,” het hy gesê.

Loading