Afrikaans

Klagtes dat met getuienis gepeuter is by ondersoek na Suid-Afrikaanse mynslagting

Die Farlam Kommissie van Ondersoek het aantygings gehoor dat die polisie getuienis geplant het by die toneel van die slagting van stakende mynwerkers op 16 Augustus.

Daar is 34 werkers dood en 78 beseer toe die werkers by die Lonmin platinum myn gestaak het oor lae salarisse en swak lewensomstandighede. Dit was die ergste slagting deur die staat sedert apartheid 18 jare tevore beëindig is. Die aanslag is goedgekeur deur die African National Congress regering en sy vennote, die Congress of South African Trade Unions (COSATU), asook die National Union of Mineworkers (NUM) en die Stalinistiese Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP).

Twee fotos van die toneel is aan die kommissie voorgelê. Die eerste is in daglig geneem en wys die bebloede liggaam van ‘n staker. In ‘n foto wat daarna geneem is, geneem net voor sononder, is ‘n mes bygevoeg.

Die prokureur George Bizos wat namens die stakers verskyn, het gesê dat enige poging om getuienis op ‘n toneel te verander ‘n ernstige oortreding is en dat daar ‘n sterk pirma facie saak was dat die gereg gedwarsboom is.

Ander fotos het getoon dat stakers boeie aangehad het toe hulle doodgeskiet is. In ‘n video kan daar gehoor word hoe polisiemanne grappies maak terwyl hulle langs die liggame staan.

Misdaadtoneel kenner Kaptein Aplollo Mohlaki het toegegee dat die foto wat in die laat middag geneem is meer wapens langs die liggame gehad het as vroeër in die dag. Hy het geen idee gehad hoe die wapens daar kon wees nie, want die toneel was gesluit vir die publiek.

Hy het toegegee dat die video toon dat een van die liggame boeie aangehad het.

Die fotos toon dat van die oomblik van die slagting die polisie op hoë vlak betrokke was by pogings om die waarheid te bedek.

Greg Marinovich skryf op die Daily Maverick dat senior polisie amptenare bewus moes wees dat daar met getuienis gepeuter is. Hy skryf voorts dat die Polisie se Onahfhanklike Klagte Direktoraat bewus moes gewees het daarvan.

Nogtans is geen enkele offisier afgedank nie.

Na afloop van die slagting het die polisie gesê hulle het hulself verdedig nadat hulle deur die mynstakers wat messe gedra het, aangeval is. Dít is ondersteun deur die ANC, COSATU, SAKP en die NUM, wat die stakers as “kriminele” en “teen revolusionêre elemente” beskryf het.

Onafhanklike ondersoeke en ooggetuie verslae het egter direk met hierdie weergawe verskil.

Post mortems van baie van die dooie werkers wys dat hulle in die rug geskiet is terwyl hulle op die vlug geslaan het.

In ‘n verdere poging om die waarheid te bedek en die stakers te intimideer, het die Nasionale Vervolgingsgesag 275 werkers van die moord van hul kollegas aangekla. Hulle het die sogenaamde “common purpose” wette aangewend wat onder apartheid gebruik is,. Baie van hierdie werkers is ook volgens verslae in polisie aanhouding gemartel en aangerand.

Die verontwaardiging wat die aanklagte tot gevolg gehad het, het gesorg dat hulle terug getrek is, maar hulle kan wel weer later ingestel word.

Die Lonmin staking het betrekking op die woede wat daar bestaan oor armoede en ongelykheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. ‘n Beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging het slegs ‘n klein swart elite, hoofsaaklik uit ANC en unie geledere bevoordeel, terwyl werkers armer geword het. Dit is waarom die Lonmin staking en die golf van staking swat deur die mynsektor beweeg het, ‘n tipe rebellie teen die amptelike unies is.

Dit was om hierdie kwessie te bedek dat President Jacob Zuma die kommissie van ondersoek na die gebeure op 16 Augustus gelas het.

Getuies vir die stakers is ook geïntimideer en gearresteer. Verlede week het die prokureur, Heidi Barnes, aan die kommissie vertel dat Jimmy Gamma, ‘n getuie wat by die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) geaffilieer is, dreigemente ontvang het.

“Drie mans met balaclavas het Mnr. Gamma se kind gedreig en gesê hulle kom terug vir die vader dieselfde nag.”

Die NUM het die AMCU geblameer asof hulle die stakings van stapel gestuur het. 

Verlede maand is vier stakers gearresteer onmiddellik nadat hulle voor die Farlam Kommissie getuig het. Nog ‘n Marikana staker – Xolani Nzuza, wat ook voor die kommissie sou getuig, is van die moord van ‘n NUM amptenaar aangekla.

Die kommissie het ingestem om sy proses in twee fases te laat plaasvind. Volgens bdlive sal die eerste fase die gedrag van die polisie ondersoek en of hulle óf die stakers aanspreeklik gehou moet word vir die gebeure van 16 Augustus. Die tweede fase sal kyk na die morele verantwoordelikheid van die polisie, werkers, unies en die mynbase.

Die polisie het hul aanname dat hulle uit selfverdediging opgetree het, verder probeer uitbou. Polisielid, Kolonel Victor Visser, sê daar was meer voorvalle van kriminaliteit en geweld deur die mynwerkers by Lonmin. Hy het gesê twee veiligheidswagte is gedood op 12 Augustus.

Bebloede fotos van die wagte is getoon en een foto wys waar een se tong uitgesny is. Visser het gesê die wagte het mynwerkers probeer keer om na die NUM kantore te marsjeer.

In Oktober het Jared Sacks in die Daily Maverick geskryf dat geweld by Marikana deur NUM amptenare begin is wat nie goedgesind was teenoor die mynwerkers se eise vir hoer lone nie. Volgens Sacks het die stakers op 11 Augustus na die NUM se kantore gemarsjeer en aangedring dat die unie hul pogings steun. Dit was toe dat die top vyf unie leiers en andere op die werkers begin skiet het, sonder enige provokasie.

Twee stakers is doodgeskiet, maar niemand is in verband met die voorval gearresteer nie. Dít het oënskynlik veroorsaak dat NUM veiligheidswagte en polisie amptenare geskiet is.

‘n Video voor die kommissie toon ‘n konfrontasie tussen die polisie en stakers. Die werkers is aangesê om hul wapens neer te lê indien hulle by hul mede werkers op Wonderkop Hill wou aansluit.

‘n Staker wat met die polisie gestry het, het gesê die wapens was vir self-verdediging. Die werkers het die polisie verseker dat die wapens net vir self-verdediging was. Daar is later op die werkers gevuur met granate.

Dit was op dieselfde dag dat die NUM se algemene sekretaris, Frans Baleni, ‘n beroep gedoen het op ‘n spesiale taakmag van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om die kriminele elemente in Rustenburg te hanteer.

Die volgende dag het daar ‘n groot polisie operasie begin. Lt. Kol. Duncan Scott het getuig oor die massiewe hoeveelheid wapens wat teen die stakers gebruik is. Sowat 630 polisie amptenare is na die toneel ontbied. Baie mynwerkers is by hul huise gearresteer.

Scott het gesê dat hy ure voor die slagting saam met die AMCU President, Joseph Mathunjwa, op die toneel was en hulle wou hulle ontwapen. Video material wys hoe die stakers Mathunjwa se versoeke verontagsaam het.

Een mynwerker het gesê elkeen is ‘n soldaat wat bereid is om enige tyd te sterf. 

Een ander het dieselfde gesê: “Ons is bereid om op hierdie berg te sterf.”

Ure later het die polisie op hulle begin skiet. Scott het gesê daar is altesaam agt keer op die werkers geskiet. Dit het tot ‘n einde gekom toe die Taktiese Reaksie Span gesien het verdere skeietery is onnodig, volgens Scott. Video materiaal het gewys hoe die stakers tydens die skietery val.

Loading