Suid-Afrikaanse plaaswerkers praat oor stakings-kwessies

Deur Joshua Lumet en Iqra Qalam
26 November 2012

Na afloop van ‘n drie-weke lange konfrontasie met die polisie, is die militante staking waartydens twee plaaswerkers gedood is tydelik opgeskort na afloop van onderhandelinge tussen plaaswerkers, die Congress of South African Trade Unions (COSATU), die African National Congress (ANC) en die Demokratiese Alliansie (DA).

COSATU en die die twee hoof politieke partye poog om die staking deur die plaaswerkers te de-stabiliseer. Die staking volg op en is geïnspireer deur soortgelyke stakings in die mynbedryf. Die meeste plaaswerkers is nie lede van unies nie.

Die plaaswerkers het die regering tot 4 Desember gegee om te reageer op hul eis om die minimum daaglikse loon van R70 ($7.75) na R150 ($16.70) per dag te verhoog.

Die Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson het gesê die Werkverskaffer Voorwaarde Kommissie het reeds ontmoet om die basiese vlakke van betaling van Wes-Kaapse plaaswerkers te bespreek, maar geen besluit is nog openbaar gemaak nie.

Daar is baie geld ter sprake vir die Suid-Afrikaanse heersersklas. Suid-Afrika voer R3.5 biljoen se tafeldruiwe uit. Die Heksrivier-vallei – wat De Doorns insluit, waar die stakings begin het – is verantwoordelik vir 34% van die industrie se produksie, volgens Rhomona Gounden, bestuurder vir handel, bemarking en kommunikasie van die Suid-Afrikaanse Tafeldruif Industrie. Stakende werkers het die tafeldruif industrie tot ‘n halt gedwing.

Janus Goosen, eienaar van die Ou Stasie plaas buite Wolseley, sê hulle kon nie hul oes voltooi nie en dit is moeilik om skade te bepaal. “As daar nog ‘n staking is kan boere baie swaar kry. Ons kan nie nog ‘n staking hanteer nie, so ons bid net dat die regering met ‘n oplossing voor 4 Desember kom.”

Plaaswerkers is nie tydens die staking betaal nie, maar het terruggekeer werk toe in antisipasie van die regering se besluit. Die meerderheid werkers glo dat indien daar nie aan hul eise toegestaan word nie, ‘n selfs groter konfrontasie kan volg. Die situasie is baie gespanne.

Nico Williams, ‘n leier van ‘n ad hoc komitee van werkers in Wolseley sê wat moontlik kan volg sal baie erger as die oorspronklike staking wees omdat werkers baie op die spel geplaas het met die oorspronklike staking.

Jacques Minnaar, ‘n 43-jaar oue plaaswerkers van die Pine Valley area van Wolseley sê R70 per dag is nie eens genoeg om in die basiese behoeftes van werkers te voorsien nie. “Ek is reeds baie jare ‘n tydelike werkers. Om te dink dat selfs R150 ons lewens baie gaan verbeter is nie waar nie. Mense het regtig die geld nodig om kos te koop. Baie mense is werkloos.” Volgens Minnaar moet to soveel as 10 mense op een persoon se inkomste leef.

Plaaswerkers Justice Mohlane sê hulle is gereed om weer te staak indien daar nie aan hul eise toegegee word nie. Hy sê voorts dat die plaaswerkers inspirasie van hul “broers” in die mynbedryf kry.

Op 16 Augustus is 34 werkers by Lonmin se Marikana myn deur die polisie doodgeskiet en 78 beseer. Lonmin het eindelik aan die werkers se eise vir hoë lone toegegee. Die stakings in die mynbedryf het op een stadium meer as 100 000 werkers ingesluit in die goud-, platinum- en yster bedrywe.

Die plaaswerkers Jan Jonathan van die Ou Stasie plaas in die Wolseley area sê mense staak hoofsaaklik om ‘n beter lewe te hê. Dit sluit permanente en seisoenale werkers in.

Magdalena Daniels het vir 18 jaar as huiswerker vir die Dicey familie op die La Plaisante plaas gewerk. Magdalena se enigste kind, Michael is twee weke gelede deur die polisie op Wolseley doodgeskiet.

Magdalena sê R70 per dag is nie genoeg om te oorleef nie. “Lewenskoste gaan elke jaar op. En jaar na jaar raak dit moeiliker vir mense om te oorleer. Ek bly saam met baie ander plaaswerkers in Pine Valley en mense wil die ekstra geld hê vir kos en huisvesting. Jong mense soos my seun kry baie swaar, want mens kan nog kos koop vir R70 per dag, maar om eens te begin dink aan ‘n huis is net nie moontlik nie.”

Magdalena het bygevoeg dat dit baie moeilik was om haar seun tydens die staking te verloor. “Ons hoop net dat die salarisverhoging toegestaan word, want mense is nog baie gespanne in die area en daar kan dus nog stakings wees,” sê sy.