Afrikaans

VSA gaan sluipmoord program na Noord-Afrika uitbrei

Die Obama administrasie bespreek die uitbreiding van sy sogenaamde ‘drone’ program na Algerië en ander lande in Noordwes-Afrika, volgens media verslae. Die voorbereidings om die weermag en CIA se “moordlyste” uit te brei vind plaas te midde van voorstelle om die sluipmoord program meer te institusionaliseer.

Volgens ‘n voorblad artikel in Saterdag se Wall Street Journal met die hoofopskrif “Dryfkrag om VSA se Moordlys uit te Brei”, is die eerste teiken van die program Mokhtar Belmokthar, ‘n Algeryn wat verantwoordelikheid aanvaar het vir ‘n operasie om ‘n gas fasiliteit in Amenas in Algerië in Januarie te beset. ‘n Algerynse militêre tog na die fasiliteit – ‘n kritieke energie fasiliteit wat met multi-nasionale maatskappye bestuur word – het gelei tot die dood van 69 mense.

Volgens die Journal “druk sommige VSA amptenare daarvoor dat die land meer direk by die jag op Mnr. Belmokhtar moet wees, of dit nou deur drones, ander vliegtuie of Amerikaanse magte is. So ‘n poging kan staatmaak op die militêre vleuel se spesiale aksie-eenheid met hulp van die CIA, volgens amptenare.”

Sluipmoord aanvalle het tot dusver gefokus op Pakistan, Afghanistan,Yemen en die Noord-Afrikaanse land Somalië. Die uitbreiding van die drone program na Noord-Afrika is deel van hernieude fokus van imperialistiese magte op Noord-Afrika, insluitend die VSA se oorlog op Libië en die Franse oorlog teen Mali.

Die VSA regering het reeds ‘n status van magte ooreenkoms bereik om die drone program uit te brei om ‘n basis in Niger te hê, wat deur Algerië aan die Noorde en Mali aan die Westekant begrens word.

Die posisie van die Obama administrasie is dat hulle die reg het om enige iemand te vermoor, insluitend VSA burgers, sonder geografiese probleme of om nasionale soewereiniteit aan te tas. ‘n Witskrif van die Departement van Justisie wat verlede week uitgelek het argumenteer dat ‘n dodelike operasie wettig is indien die nasie waar dit plaasvind se toestemming verkry is of indien daardie regering nie die bedreiging self wil onderdruk nie; met ander woorde ongeag die houding van die nasie wat geteiken word.

Nadat hy mag oorgeneem het, het Obama drone sluipmoorde beduidend uitgebrei in Afghanistan en Pakistan. Meer as 2 300 mense is al in Pakistan gedood, insluitend nege in ‘n aanval Vrydag. Volgens Pakistan was 80% van die mense gewone burgerlikes.

Die VSA sien toenemend drone sluipmoorde as ‘n sentrale hulpmiddel vir militêre aksies regoor die wêreld. Dit is ‘n hulpmiddel om magte wat in konflik met die VSA gekom het, te teiken sonder om noodwendig troepe te gebruik. Die oorlog op terreur is gewoon net ‘n voorwendsel vir hierdie geweldige uitbreiding aan Amerikaanse militarisme.

Die Journal meld voorts dat daar onenigheid in die Obama administrasie is oor of die aanvalle uitgebrei moet word na die Al Qaeda groep in Maghreb omdat daar “nie ooreenstemming is oor hoeveel die groep Amerika bedreig nie.”

Om die waarheid te seg, baie Al Qaeda groepe het met die VSA saamgewerk in die bloedige oorlog om die leier van Libië, Muammar Gaddafi, te ontsetel, terwyl van die groepe ook die VSA help om die burgerlike oorlog in Sirië aan te wakker.

Oor die algemeen word Noord-Afrika toenemend as ‘n kern geopolitieke streek gesien, met beduidende voorrade van natuurlike gas en ander strategiese bronne. Dit is ook ‘n groot bron van konflik tussen die VSA en Sjina. 

Onder Obama was daar reeds beduidende uitbreidings van die weermag se Africa Command (AFRICOM), tesame met voorstelle om permanente basisse op die kontinent op te rig. As deel van die Mali operasie, is Spesiale Magte van die VSA gestuur na Niger, Nigerië, Burkina Faso, Senegal, Togo en Ghana.

Die toenemende gebruik van die CIA en sluipmoorde het daartoe gelei dat sekere dele van die politieke establishment dit wil institusionaliseer en dit wettig wil maak. Dit het meer prominensie gekry nadat die Witskrif verlede week uitgelek het.

Die argumente van die administrasie dat hulle burgers sonder die normale verloop van die wet kan doodmaak het verreikende gevolge vir demokratiese regte en dit investeer totale mag aan die uitvoerende deel van die regering en militêre intelligensie.

Maar onder die politieke establishment en die media was daar dusver geen oproepe om die drone program te staak of om mense daarvoor verantwoordelik te hou nie. Tydens ‘n konfirmasie geleentheid by die VSA se senaat vir Obama se keuse as nuwe CIA hoof, John Brennan, wat die program ontwerp het, is daar duidelik steun van alle partye in Amerika daarvoor uitgespreek. Brennan sal waarskynlik deur alle senatore gesteun word vir die posisie van CIA hoof en hy sal maklik bevestig word, moontlik so gou as hierdie week.

Kritiek van presidensiële sluipmoord op VSA burgers is dusver beperk tot taktiese en prosedurele kwessies. Sommige lede van die VSA se kongres en kommentators stem saam met die New York Times wat melding gemaak het van ‘n spesiale hof om die skyn te skep van judisiële oorsig asook ‘n pseudo-linkse goedkeuring van staatsmoord.

‘n Artikel in die New York Times op Saterdag (“Die debat rondom ‘n hof om drone aanvale goed te keur”) skryf dat “in reaksie op die weggesteekte burokrasie se gebrek aan satisfaksie oor die dodelike drone aanvalle is daar belang uitgespreek om ‘n reeds bestaande model van die sogenaamde Foreign Intelligence Surveillance Court, wat deur die Kongress geskep is, te gebruik waar mense wat as verdagtes beskou word dopgehou kan word as dit deur ‘n regter goedgekeur is, in gevalle van terroriste, of dan ten minste van Amerikaanse verdagtes.

Die Demokratiese senator Diane Feinstein, hoof van die Intelligensie Komitee, het die voorstel by die Brennan CIA bevestigingsverhoor ondersteun. Brennan het gesê die voorstel is die moeite werd om bespreek te word en die voormalige Minister van Verdediging Robert Gates het dit ook gesteun.

Die Times skryf, verwysend na regskenners en kenners van terrorisme, “dat dit tyd is met die oorlog in Afghanistan wat tot ‘n einde loop en Al Qaeda wat fragmenteer en moeilik raak om te lees, om ‘n nuwe vertroue te stel in ‘n deursigtige sisteem wat dodelike teen-terrorisme beheer.”

Die koerant skryf voorts dat “met Al Qaeda se kern in Pakistan nie meer so sterk nie en met Osama bin Laden dood is die teikens van sluipmoorde midvlak militante figure en voetsoldate wie se fokus dikwels meer op Pakistani en Yemeni gesagsfigure is en nie op die VSA nie.” Dit is ‘n erkenning dat die VSA se teikens van drone aanvalle nie meer eintlik Al Qaeda mense is nie, maar eerder enige iemand wat die VSA se beheer van hulle lande wil teenstaan of onderdrukkende regimes wat vir Washington bie.

Die Times artikel dui ook implisiet daarop dat ‘n nuwe hof nie tot groter deursigtigheid sal lei en die program met konstitusionele norme sal gelykstel nie. Volgens die koerant bestaan die FISA model vir die hof in totale geheimsigtigheid en keur dit elke aanval versoek van die regering in elk geval goed. Volgens die koerant: “In 2011, volgens die mees onlangse statistiek, is 1 745 versoeke vir elektroniese toesig of fisiese ondersoeke goedgekeur en nie een is nie goedkeur nie. Net 30 is ietwat verander.”

Indien dit gestig word sal so ‘n hof nie die program nagaan nie, maar sal eerder ‘n rubberstempel wees om die staat se toedoen van sluipmoorde in staatsinstellings verder goed te keur.

Loading