Afrikaans
Perspective

Vyftien Jaar van die World Socialist Web Site: 1998 – 2013

Dit was vandag vyftien jaar gelede dat die eerste artikel op die daaglikse bladsye van die World Socialist Web Site gepubliseer is. Sedert 14 Februarie 1998 het die WSWS elke dag vyf dae per week verskyn, en ses dae per week vandaf April 1999. Gedurende die eerste paar maande was die leserstal ‘n paar honderd, maar vyftien jaar later is die webtuiste verreweg die voorste internet sosialistiese publikasie in die wêreld.

Die World Socialist Web Site word tans elke dag deur tussen 40 000 en 50 000 individuele lesers gelees. Daar is baie dae wanneer die leserstal selfs baie hoër is. Selfs meer beduidend as die aantal lesers is die feit dat hulle van ‘n verskeidenheid geografiese gebiede kom. Die WSWS word gelees in dosyne lande op elke kontinent. Die World Socialist Web Siteis voorwaar ‘n internasionale publikasie.

Die publikasie van die World Socialist Web Site het plaasgevind in die laaste jare van die twintigste eeu en die eerste twee dekades van die 21ste. In 1998, gedurende die eerste jaar van publikasie, is 1 540 artikels op die tuiste geplaas. In 2012 het die getal na 4 580 gestyg. Die aanlyn argief beslaan reeds 45 000 artikels. Dit is ‘n indrukwekkende getal. Maar wat selfs meer indrukwekkend is, is die wye reeks onderwerpe waaroor geskryf is.

Die laaste 15 jaar was ‘n periode van gedurige en intensiewe politieke, ekonomiese en sosiale krisis. Die belangrikste politieke gebeure en sosio-ekonomiese prosesse was 9/11, die gepaardgaande imperialistiese oorlog op terreur en die herontluiking van neo-kolonialisme, die agteruitgang van bourgeois demokrasie binne die VSA en internasionaal, die groei van internasionale geo-politiese spanning wat gesentreer is rondom die antagonisme tussen die VSA en Sjina, ‘n reeks globale ekonomiese probleme wat begin het met die Asiese debakel van 1997 en gekulmineer het met die Wall Street gebeure ‘n dekade later, die toenemed brutale pogings om armoede te bekamp deur die kapitalistiese klas in reaksie teen die 2008 ekonomiese gebeure, die uitbreek van revolusie in Egipte en die aanvanklike manifestasies van die werkersklas se weerstand teen die wêreldwye kapitalistiese sosiale teen-revolusie.

Al hierdie gebeure en prosesse is opgeneem en ge-analiseer met ongeëwenaarde akkuraatheid en insig deur die World Socialist Web Site. Die tuiste het gepoog om elke dag nie slegs te rapporteer oor wat gebeur nie, maar ook om op die waarheid van gebeure te dui deur die metode van historiese en dialektiese Marksistiese analise te gebruik. Dit het aldus die gebeure ontleed met ‘n bewustheid van die ontvouende geskiedenis van kapitalisme en die klassestryd wat daaruit volg en die wêreld sosialistiese revolusie as die noodwendige gevolg daarvan.

Vanaf die eerste dag van publikasie was die doel van die  World Socialist Web Site om ‘n sosialistiese klasse-bewustheid binne die werkersklas te skep. Dit het geverg dat daar sonder ophou op die groot politieke gebeure van die dag gefokus word. Maar die werk van sy redaksie en skrywers rondom die wêreld was nie net op die dekking en analise van politiek gefokus nie. Oor die laaste 15 jaar het die WSWS ook oor kuns en kultuur geskryf. Hierdie skrywe oor films, musiek, kuns en literatuur gaan gepaard met die uiteensetting van ‘n krities revolusionêre houding teenoor alle aspekte van die kontemporêre kapitalistiese samelewing. Die WSWS het met sorg die belangrike gebeure ronmdom wetenskaplike navorsing gevolg, en verwelkom die geleentheid wat geskep is deur vooruitgang om ‘n materialistiese begrip van die natuur en samelewing te vestig.

Gedurende die laaste 15 jaar het die World Socialist Web Site die gesaghebbende stem van internasionale revolusionêre sosialisme geword. Dit poogbedien om die onontbeerlike politieke en intellektuele gids vir werkers, studente en die jeug wat sin wil maak van gebeure tydens tye van groot krisis en menslike swaarkry rondom die wêreld wil maak, te word. Dit is dus die revolusionêre en progressiewe alternatief in ‘n disfunksionele kapitalistiese wêreld wat in barbarisme ontaard.

Waar is die die sterkte van die World Socialist Web Site geleë, wat dit moontlik gemaak het om vir die laaste 15 jaar te publiseer? Wat het die WSWS in staat gestel om politieke, ekonomiese en sosiale analise en kommentaar van hoogstaande gehalte te lewer wat deur sy argiewe gesubstansieer word?

Die sterkte en integriteit van die WSWS kom daarvan dat sy werk met bewusstheid gegrond is in die teoretiese en politieke tradisies van die revolusionêre Marksistiese beweging. Die WSWS bestaan na aanleiding van die dekade lange stryd van die Internasionale Komitee van die Vierde Internasionaal om die program van die internasionale sosialistiese revolusie te ontwikkel en beskerm. Toe die WSWS van stapel gestuur is was die finansiële bronne van die Internasionale Komitee baie klein. Maar in terme van politieke en intellektuele kapitaal was die bronne van ons beweging sonder weerga. Die analise van gebeure deur die redaksie van die WSWS het gevolg op die wetenskaplike fundasies van die Marksistiese analise van kapitalisme en die politieke gedagtes van die grootste twintigste eeuse strateë van die wêreld sosialistiese revolusie, Vladimir Lenin en Leon Trotsky.

Die World Socialist Web Site se stigting het gevolg nadat die Soviet Unie ondergegaan het, te midde van ongeëwenaarde en reaksionêre bourgeois houdings van oorwinning wat die finale dood van sosialisme en die historiese oorwinning van kapitalisme benadruk het. Daar was talle middelklas radikale wat hierdie valse weergawe van die werklikheid aanvaar het. Maar die Internasionale Komitee, gegrond in die politieke en teoretiese werk van Leon Trotsky, het vir dekades gewys op die reaksionêre rol van Stalinisme en het dus die opbreek van die Soviet Unie voorsien. Dit was Stalinisme en saam met dit alle vorms van Marksistiese nasionalistiese opportunisme wat nie geslaag het nie.

Die World Socialist Web Site is polemies en is sonder verkoning op sy eie aan die kant van die werkers. Dit maak geen geheim van sy revolusionêre doelstellings nie. Die doel is nie om die afbrekende kapitalistiese samelewing te reformer nie, want dit is in elk geval onmoontlik. Die WSWS praat die waarheid en is dus revolusionêr. Die WSWS is reguit en maak geen verskoning vir die intellektuele en politieke kondemnasie van anti-Marksisme en anti-sosialsime nie.

Die Internasionale Komitee, toe dit in die 1990s die plan vir die samestelling van die World Socialist Web Site ontwerp het, het drie faktore wat ‘n nuwe revolusie sou steun, aangedui.

Eerstens die ekonomiese en politieke gevolge van die globalisering van kapitalisme, wat dit onafwendbaar maak dat daar kontradiksies in kontemporêre kapitalisme is, naamlik die konflik tussen die internasionale ontwikkeling en integrasie van produktiewe kragte en die ekonomiese gebrek aan noodsaaklikheid van die kapitalistiese staat.

Tweedens het die IKVI daarop gelet dat die globale uitbreiding van kapitalsime ‘n reuse werkersklas met ‘n reuse potensiaal vir revolusie geskep het.

Derdens die skepping van nuwe kommunikasie tegnologie, veral die wat geassosieer word met die internet, wat dit moontlik sou maak vir die internasionale werkersklas om saam te staan teen kapitalisme.

Die sukses van die World Socialist Web Site dui daarop dat sy samestelling in 1998 geheel en al geregverdig was.

Oor die laaste 15 jaar het die WSWS ‘n ongeëwenaarde politieke rekord geskep. Deur ons 15 jaar te herdenk loods ons ‘n spesiale uitstalling binne die tuiste wat ons lesers in staat sal stel om makliker binne te argiewe rond te beweeg. Die eerste uitstalling sal bestaan uit ‘n kronologiese nagaan van belangrike artikels. Ons moedig ons lesers aan om die reaksie van die WSWS op groot gebeure van die laaste dekade en ‘n half, na te gaan. Besluit gerus self of die tuiste hierdie gebeure korrek geanaliseer het en of dit sy politieke verantwoordelikheid tot die werkersklas nagekom het.

Latere uitstallings sal in groter detail spesifieke onderwerpe wat op uitgebreide wyse deur die WSWS gedek is, nagaan.

As deel van die herdenking nooi ons lesers om u eie stellings oor die samelewing, politiek en kultuur en hoe dit deur die WSWS beïnvloed is, aan te stuur. Oor die laaste 15 jaar het die World Socialist Web Site ‘n kragtige teoretiese en politieke fundasie van die nuwe revolusionêre werkersklas-beweging neergelê, en dit is van ongeëwenaarde krag en internasionale omvang en dit sal beslis groei.

David North, Voorsitter van die Internasionale Redaksionele Raad

Om die WSWS se 15de verjaardag bladsy te besoek, kliek hier.

Loading