Afrikaans

Suid-Afrikaanse polisie vermoor Mosambiekse taxi-bestuurder

Mido Macia, ‘n man van Mosambiek, is op 27 Februarie dood aan kopbeserings in polisie-aanhouding in Suid-Afrika. Hy is vermoor in die dorpie Daveyton, in die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit in Gauteng. Dit was 27 myl weg van waar hy verfilm is nadat hy agter ‘n polisie-vertuig geboei en getrek is.

Openbare ontevredenheid oor die voorval het daartoe gelei dat agt polisie-amptenare gearresteer is. Verslae oor die dispuut tussen Macia, 27, en die agt polisie-amptenare, wie van moord aangekla is, het gespruit daaruit dat Macia aan die verkeerde kant van die pad geparkeer het!

Net ‘n paar maande het verloop sedert die protes by Marikana waar meer as 30 stakende mynwerkers deur die polisie doodgeskiet is. Nou, in ‘n voorval wat sterk herinner aan polisie brutaliteit, het die selfoon beeld wat wys dat ‘n man in boeie gesit is en agter ‘n polisie-voertuig getrek is, plaaslik en internasionaal tot verontwaardiging gelei. Die enigste verskil tussen die jongste voorval en die van die apartheid era is dat die polisie swart is.

Die video is verlede Donderdag deur die Daily Sun geplaas. Dit het gewys dat verskeie polisie amptenare Macia na ‘n groot trok gesleep het. Die polisie het toe die man se hande aan die agterkant van die trok geboei en weggery, met die polisie wat hom ‘n paar oomblikke van die grond afgehou het en hom toe laat sak het. Die trok het weggery teen ‘n hoë spoed, met toeskouers wat agterna gehardloop het. Macia is dood aangetref in ‘n polisie-sel twee ure later.

Volgens die Daily Sun het verskeie aangehoudenes gesê dat Macia ook in aanhouding geslaan is. ‘n Post mortem dui daarop dat Macia verskeie beserings aan sy kop en bo abdomen gehad het en intern gebloei het.

Xenofobiese geweld in 2008 in die omgewing waar Macia gearresteer is het daarop gedui dat daar gevaarlike anti-immigrant sentimente is. Die immigrante word daarvan verdink dat hulle Suid-Afrikaners se werk steel. Die geweld is egter in hierdie geval deur die polisie uitgedeel en het gelei tot ‘n golf van openbare solidariteit en het die aandag gevestig op stygende openbare ontevredenheid teen die African National Congress (ANC).

Sedert die einde van apartheid en die oorgang na meerderheidsregering in 1994 het misdaad gestyg wat aangedryf word deur hoë vlakke van armoede en deprivasie vir die meerderheid, met net ‘n paar mense wat baie ryk is. Die ANC se reaksie was om meer en meer repressief te raak en 70 000 nuwe polisie-lede aan te stel.

In 2008 het die adjunk minister van Polisie, Susan Shabangu gesê die polisie moet skiet om dood te maak. “Ek wil geen waarksuwingskote hê nie … Julle het een skoot en dit moet wees om dood te maak.”

“Julle moet die bliksems doodmaak as hulle julle of die gemeenskap bedreig. Julle moet nie omgee oor die regulasies nie. Dit is my verantwoordelikheid. Julle verantwoordelikheid is om te dien en beskerm,” het Shabangu aan polisie in Pretoria gesê. Daardie jaar was daar 790 mense wat aan die hande van die polisie dood is.

In 2009 het die hoof van die Suid-Afrikaanse polisie, Bheki Cele die polisie aangemoedig om ‘n skiet om dood te maak, beleid aan te neem. Hy het benadruk dat hulle nie moes omgee wat daarna gebeur nie.

Dit het ‘n jaar na die opsraakwekkende moord op die politieke aktivis Andries Tatane tydens ‘n diensleweringsprotes in 2011, en meer as twee jaar voor die Marikana protes, plaasgevind. Alhoewel hierdie twee van die meer hoë profiel voorvalle was, was daar baie sulke moorde waarop gedui kan word. In die Limpopo provinsie het beeldmateriaal van ‘n selfoon weereens daarop gedui dat die polisie onder aanmoediging van ‘n skare ‘n man bewusteloos geslaan het.

Amnesty International het in Oktober 2011 daarop gedui dat die polisie “na bewering te veel mag gebruik het nadat hulle sogenaamde onwettige buitekanders in Nyanga gearresteer het. Die mense wat geraak is het erkende vlugtelinge ingesluit wat hul dokumente aan die polisie gewys het.”

Agt-en-twintig van die lede van die Cato Manor Georganiseerde Misdaadeenheid van die polisie, van Durban, word tans aangekla van 116 oortredings, insluitend 28 van moord. Die verneemde slagoffers was die taxi baas Bongani Mkhize, wie doodgemaak is nadat hy ‘n hofbevel teen die polisie gekry het. Hy het gesê die polisie bedreig sy lewe. Nog ‘n slagoffer was die 15-jarige skoolseun Kwazi Ndlovu.

Die polisie se toesig-eenhied, die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat, ontvang elke jaar 700 nuwe sake waar aangehoudenes aan die hande van die polisie gedood word.

President Jacob Zuma het geveinsde stellings van skok en verontwaardiging oor die dood van Macia uitgereik. Maar hy het herhaaldelik die groen lig gegee vir onderdrukkende polisie aksie, die mees onlangse waarvan was tydens sy Stand van die Unie toespraak in Februarie, waar hy gesê het hy sal met ‘n “ystervuis” enige protesaksies beeïndig.

Marikana het die regering se determinasie om ten alle koste die belange van die sakebedryf te beskerm, uitgewys. Macia se dood het gewys dat polisie-geweld onafwendbaar is in ‘n samelewing met groot sosiale kontradiksies, veral die groot verskil tussen armes en rykes, met hoë vlakke van werkloosheid vir die massas en toegang tot selfs basiese dienste soos water en elektrisiteit vir min mense.

Die groeiende ontevredenheid onder werkers en die jeug wat raadop is met die onvermoë van die regering om die beloftes van die nuwe Suid-Afrika n ate kom, is baie duidelik.

Loading