Afrikaans
Perspective

Die regse flank se bedreiging in Griekeland

Pogings deur Nuwe Demokrasie (ND), Griekeland se grooste heersende party, om ‘n deel van die fassistiese Golden Dawn stem te kry deur immigrante van die polisie en militêre sy te verban en om wette in te stel wat naturellisasie wat honderde duisende immigrante kinders affekteer, is ‘n duidelike waarskuwing aan die werkersklas.

Die Griekse howe het in 2010 die Ragousis naturellisasie-wette opsygestel nadat die ND en Golden Dawn hulle daarteen beywer het. Sowat 85 van die ND se 125 adjunkte het die militêre verbanning gesteun, wat nou uitgestel is en daarop gemik is om ver regse and rasse suiwere veiligheidsmagte te skep.

Hierdie is deel van ‘n breë kampanje deur die Griekse heersersklas om die Golden Dawn in amptelike politiek betrokke te kry. Die party, wat daagliks aanvalle op immigrante loods en hulle terroriseer, is sistematies oor die laaste jare opgebou. Hulle word gefinansier deur invloedryke afdelings van die Griekse bourgeoisie en ondersteun deur die polisie en het tans 14% steun.

Die aksies van die Griekse regering, wat bo en behalwe die ND ook die sosiale demokrate PASOK en die Demokratiese linkse party DIMAR insluit, is die skerpste aanduiding van ‘n tendens in Europa. Die heersersklas maak toenemend staat op die ver regse of anti-immigrant magte om steun in te win vir soberheidsbeleide wat op die werkersklas afgedwing word dwarsoor die kontinent.

Die uitsluiting en deportasie van Roma deur die Franse President Francois Hollande; die aanmaning van anti-Roma pogromme en fassistiese magte deur die Hongaarse regering; en die onlangse agitasie teen Oos Europese immigrante deur die Duitse Minister van Binnelandse Sake, Has-Peter Friedrich, is almal voorbeelde van hierdie diep reaksionêre beleid.

Europese regerings waaruit die Europese Unie (EU) bestaan maak tuis op sulke beleide staat en moedig dit aan in Griekeland, waar die EU nie net sosiale besnoeiinge beveel nie, dit help ook om massa polisie strooptogte wat daarop gemik is om vlugtelinge die land uit te sit aan die hand te bring. Hulle keur ook die onderdrukking van stakings goed en aanvaar die ND’s se samewerking met Golden Dawn.

Sowat 68 jaar na die einde van Nazi heerskappy in Europa is fassistiese organisaises weereens deel van amptelike politiek en entniese groepe word geheel en al gedeporteer en verneder. Te midde van ‘n diep afwaartse sosiale kurwe kom die barbarisme van Europese kapitalisme weer na die oppervlak.

Sosiale aanvalle wat in elke land uitgevoer word is nie langer verenigbaar met demokratiese regering nie. In Griekeland alleen het besnoeiings in onlangse jare ‘n gemiddelde verlies van 38% tot gevolg gehad. Werkloosheid styg konstant en het reeds 27% bereik.

Die Europese bourgeoisie se regsgesinde aanvalle is slegs moontlik in ‘n klimaat waar werkers se opposisie tot hierdie beleid onderdruk word en geen massa politieke mag staan teen die fassiste nie. Die primêre verantwoordelikheid vir die situasie lê by Europa se unies en die pseudo-linkse partye, wat gebasseer is op welgestelde lede van die middelklas. Hulle help om die EU se soberheidsbeleide in te stel, om werkers se stryde te saboteur, en om die ontwikkeling van die werkersklas party te blokkeer wat veg om die politieke invloed van Golden Dawn te vernietig.

Een sulke party in Griekeland, DIMAR, is alreeds deel van die regering en help om ‘n meerderheid vir die ND en die sosiaal-demokrate, PASOK, te verseker. Hulle is ten dele verantwoordelik vir die aanvalle op werkers en die heksejag van immigrante. Selfs na die ND se bewegings met Golden Dawn het DIMAR deel van die koalisie gebly.

Die sleutelrol om werkers se weerstand te onderdruk word egter deur die land se grootste opposisie party gespeel, Die Koalisie vir die Radikale Linkse Front (SYRIZA), waarvan DIMAR drie jaar gelede weggebreek het.

In onlangse jare het Griekeland massiewe sosiale proteste, stakings en demonstrasies ervaar. Maar die unies het ten nouste met die regering saamgewerk om die stakings te isoleer en die gevaar daarvan weg te neem. As dit nie slaag nie, soos by die laaste stakings van metro werkers en matrose, stel die regering gewoon krygswet in wat die werkers forseer om terug te gaan werk toe. Die unies het op hul beurt gesorg dat die krygswet onmiddellik ingestel word.

SYRIZA het nie net die unies wat die werkers se stryde onderdruk, gesteun nie, maar ook die regering by elke belangrike punt. Verlede November, toe die vyfde soberheidspaket ingestel is en honderde duisende werkers straat toe is om protes aan te teken, het SYRIZA se voorsitter Alexis Tsipras beloof dat sy party nie parlementêre vermoë sou gebruik om die regering tot ‘n val te bring nie. Tydens oorsese besoeke het hy beklemtoon dat SYRIZA die EU sal verdedig, asook hul skuldbeleid.

Die sosiale lae vir wie SYRIZA praat is organies gekant teen die sosiale belange van die proletariaat. Hulle steun vir soberheidsbeleide is hul dryfveer, tesame met die regerings in Europa wat selfs verder regs lê.

Net dae nadat die ND hul parlementêre manoeuvre met Chris Avgi begin het, het Tsipras gepraat by die 15-jarige herdenking van die dood van die ND stigter Konstantinos Karamanlis, met baie prys vir die ou reaksionêre stigterslid. SYRIZA het ook enige besnoeiings aan die weermag en befondsing om die polisie se wapens beter te maak te sny, teen gestaan.

Hierdie politieke orientasie is die rede waarom nie een van SYRIZA of die kleiner Griekse Kommunistiese Party (KKE) ‘n ernstige stryd teen fassistiese gevaar kan uitvoer nie of om immigrante teen aanvalle te beskerm. Hulle is baie banger vir ‘n werkersklas-beweging as die fassistiese bendes.

Om die gevaar van ‘n diktatorskap teen te werk het werkers hul eie onafhanklike perspektief nodig. Die situasie maak staat daarop dat werkers oor nasionale grense byeenkom in ‘n stryd teen sosiale aanvalle en vir sosialistiese programme wat die sosiale nood bo gierigheid vir winste stel. Daarom is ‘n onversetlike stryd in die werkersklas teen die unie burokrasie en al die pseudo-linkse tendense nodig.

Loading