Afrikaans

VSA begroting teiken Sosiale Sekuriteit en Medicare

Net twee weke na afloop van die begin van sogenaamde “sekwestrasie” begrotingsbesnoeiings, wat reeds deur mense in die land gevoel word, beweeg die Demokrate en Republikeine reeds aan na die volgende sake wat aan die hand gemaak word: ‘n gekoördineerde aanval op die kern van federale gesondheidsorg en aftree-programme.

Terwyl die partye en die media weereens die indruk probeer skep van diep en fundamentele konflik – met eindelose praatjies oor kongressionele “knopinge” en “partydige verdeeldheid” – was daar nog nooit vantevore groter bi-party ooreenkoms oor basiese beleid nie. Die teatrale aspek van die sogenaamde begrotingsdebat is die jongste voorval van die siniese aard van die hond-en-ponie spektakel van Amerikaanse politiek wat onafwendbaar tot bi-party aanvalle op die werkersklas lei.

Die begrotingsvoorstelle van die twee partye is vandeesweek onthul. Die Republikeinse Verteenwoordiger Paul Ryan, die 2012 kandidaat vir visie-president, het ‘n voorstel ingedien wat besnoeings van $4.8 triljoen voorstel, insluitend besnoeiings waarvoor daar reeds wetgewing bestaan. Die Demokrate volg ‘n plan wat vra vir $1.8 triljoen in besnoeiings. Die Demokrate se begroting neem as ‘n basis die gesekwestreerde besnoeiings aan, en maak dit duidelik dat die drastiese besnoeiings  in sosiale programme nooit herstel sal word nie.

Onderwyl die oorgrootte meerderheid van die bevolking – 90% volgens ‘n onlangse meningsopname – gekant is teen besnoeiings in Medicare, Medicaid of Sosiale Sekuriteit, is die Demokrate en Republikeine dit eens dat hulle besnoei moet word.

President Obama het Dinsdag met kongressionele Demokrate ontmoet en aangedring daarop dat hulle besnoeiings in sogenaamde “aanspraak” programme aanvaar as deel van ‘n begrotingsooreenkoms met die Republikeine. Obama het reeds honderde biljoene se dollars in besnoeiings aan Medicare ingestel. Nou stoot hy ook vir veranderinge wat Sosiale Sekuriteit se voordele sal verander deur lewenskoste aanpassings te verminder.

Die begrotingstekort debat volg ‘n wel-deurtrapte en voorspelbare pad. Die Republikeine het die toon en raamwerk van die bespreking gestel deur die mees ekstreme posisie in te neem, terwyl die Demokrate, wat hulself ongeëwenaarde en brutale soberheidsmaatreëls voorstel, hulself voorhou as die beskermers van die middelklas en proponente van ‘n regverdige and gebalanseerde benadering.

Hierdie beplande besnoeiings is die mees onlangse in ‘n reeks aksies waardeur die krisis in kapitalisme uitgebreek het in 2008 en dit is gebruik om klasseverhoudinge in die VSA te herstruktureer. Die finansiële oligargie, wat die Wall Street ineenstorting ontketen het deur massiewe spekulasie en bedrog, dring daarop aan dat hul verliese herbetaal word deur die breë massa werkende mense nog armer te maak.

Net na die finansiële ineenstorting is die skuld van banke aangeneem deur die staat in die grootste bank reddingspoging in die geskiedenis – en dit is ondersteun eers deur Bush en toe deur Obama. Dit is gevolg deur ‘n historiese aanval op werkers se lone, wat geeïnisieer is deur die Obama administrasie se herstrukturering in 2009 van die motor industrie, wat ‘n 50% besnoeiing in die lone van nuut aangestelde werkers ingesluit het.

Daarna het ‘n ongeëwenaarde aanval op regeringswerkers gevolg, met 750 000 openbare sektor werksgeleenthede daarmee heen sedert 2008, hoofsaaklik op staats en plaaslike vlak. Staats- en stadregerings, onder beide Demokrate en Republikeine het, met die steun van die Obama administrasie, begin om belangrike sosiale dienste te besnoei. Honderde skole is gesluit, honderd duisende onderwysers afgedank en brandweerstasies tot teen die been besnoei.

Die aanval het daarna na federale begrotings oorgegaan, met $1.2 triljoen in besnoeiings in diskresionêre uitgawes wat deur die Demokrate en Republikeine in 2011 uitgewerk is. Nog $1.2 triljoen is in die gesekwestreerde fase bygevoeg.

Die groot pryse bly egter steeds bestaan. Die heersersklas het lank reeds beplan om Medicare, Medicaid en Sosiale Sekuriteit af te breek, wat gesien word as groot nuwe bronne van potensiële welvaart.

Die onuitgespreekte aanname van die hele amptelike besgrotingsdebat is dat geen opsie oorweeg kan word wat op enige wyse die welvaart en prerogatiewe van die finansiële elite aanraak nie. Aan die ander kant word geen ekonomiese reddingsboei vir werkende mense – werk, lone, pensioene, gesondheidsversekering – gespaar van die besnoeiings nie.

Sosiale sekuriteit, Medicare en Medicaid, wat tientalle miljoene mense uit armoede gehou het, was nie welwillende geskenke wat deur die heersersklas uitgedeel is nie. Hulle is weggewurg van die Amerikaanse korporatiewe elite deur massa sosiale stryde deur die werkersklas.

Sosiale Sekuriteit was deel van die New Deal hervormings wat in die 1930s deur die heersersklas ingestel is nadat hulle bang was vir ‘n sosiale revolusie. Met die Russiese Revolusie wat baie lewendig was in die kollektiewe bewussyn van die Amerikaanse werkersklas het massa stryde gevolg in reaksie op die Groot Depressie, insluitend massa stakings in die stede Toledo, Minneapolis en San Fransisco. Binne maande nadat wetgewing vir Sosiale Sekriteit ingestel is, het sitstakings deur die hele basiese industrie gevolg en het implisiet die vraag laat ontstaan watter klas die middele van produksie beheer.

Medicare en Medicaid is in die 1960s ingestel, na afloop van na-oorlogse stakings en te midde van arbeidstryde, die burgerregte beweging en stedelike stakings regdeur die land.

Toe en nou was die basiese vraag wat die werkersklas in die gesig staar of hulle as ‘n onafhanklike politieke mag moes mobiliseer. Onder die vaandel van ‘n na-oorlogse bloeitydperk in die ekonomie, het die heersersklas gereageer teen sosiale opstande deur beperkte hervorminge. Die sosiale struktuur van kapitalisme het ongeskonde gebly en met die belangrike bystand van die unies se burokrasie, wat die werkersklas polities met die Demokratiese Party verbind het, is die politieke en ekonomiese mag van die heersersklas onaangeraak.

Nou, tydens ‘n nuwe periode van krisis, beweeg die heersersklas spoedig daarna om terug te neem dit wat hulle moes prysgee oor die vorige dekades.

Die beskerming van gesondheidsorg, pensioene en ander basiese sosiale regte maak weereens staat op ‘n massa stryd. Sulke stryde is onafwendbaar. Hoe meer die heersersklas op die aanval oorgaan, hoe meer weerstand sal dit ontketen.

Vir hierdie stryde om suksesvol te wees, moet die werkersklas hulle politieke stemloosheid beeïndig deur hul eie politieke party te stig in opposisie teen die twee partye van groot sake-ondernemings. Die doel moet geensins wees om die huidige sisteem te hervormeer nie, want dit kan nie hervormeer word nie. Die mag van die finansiële aristokrasie moet gebreek word deur die nasionalisering van die banke en groot korporasies en die onteiening van die groot welvaart wat deur bedrog en spekulasie saamgevoeg is.

Loading