Afrikaans

‘n Finansiële diktator vir Detroit

Met die aanstelling Donderdag van ‘n noodbestuurder het Detroit die grootste stad geword in die Amerikaanse geskiedenis om deur die staat se regering oorgeneem te word. Die nuwe bestuurder, die bankrotskap prokureur Kevin Orr, sal wye magte hê en een essensiële taak: om ‘n brutale aanslag op werksgeleenthede en die lewenskondisies van die werkersklas uit te voer.

Wat tans gebeur in Detroit het nasionale en internasionale belang. Die Financial Times van Londen het een persoon wat betrokke was by die aanstelling van die finansiële bestuurder aangehaal: “Hierdie sal die beste gevalle-studie wees om te bepaal hoe ‘n stad herstruktureer moet word.” In redaksionele kommentaar het die koerant gevra vir “radikale – en nie populêre aksie” om Detroit se finansiële probleme aan te spreek, ‘n posisie wat deur elke koerant met ‘n groot sirkulasie in die VSA gesteun word.

Die “herstrukturering” van Detroit is ‘n eufimisme vir die beleid om werksgeleenthede te vernietig, om lone en pensioene te besnoei, om sosiale dienste te sny insluitend sanitasie en brandbestryding en gesondheidsorg en opvoeding, en om die stad se bates te oorhandig aan banke en spekulante. Die sosiale magte wat verantwoordelik is vir die stad se huidige toestand gebruik die krisis wat hulself geskep het om die stad se bronne verder te ontgin en om welvaart van die bopunt na die onderpunt te verdeel.

Die heersersklas wys daardeur dat hulle die brutale aard van Amerikaanse kapitalisme ten toon stel deur ‘n program van teen-revolusie na te streef. Daardeur word die beginsels van demokrasie ter syde gestel en ‘n diktatorskap van die banke oor die stad aangestel.

Die breë konsensus binne die politieke establishment vir hierdie maatreëls was Donderdag duidelik sigbaar. Tydens ‘n perskonferensie waar die aanstelling van Orr, ‘n lewenslange Demokraat, aangekondig is, het die stad se Republikeinse goewerneur Rick Snyder langs Detroit se Demokratiese burgemeester, David Bing, gestaan. Die formele besluit om Orr aan te stel en sy salaris vas te stel as $275 000 is deur die staat se finansiële raad, van wie Michigan se tesourier Andrew Dillon (‘n Demokraat), gemaak.

Die Demokraties-beheerde stadsraad het die aanstelling van ‘n finansiële bestuurder afgedwing sodat hulle op meer effektiewe wyse die wye besnoeiings wat deur die banke en motor base verwag word, kan instel.

Sonder twyfel een van die redes waarom Orr aangestel is, is dat hy ‘n Afrikaan-Amerikaanse burger is. Vir dekades het die Demokratiese Party establishment rassistiese politiek gebruik om die werkersklas te verdeel. Indien daar enige teenstand was teen die aanstelling van die noodbestuurder van die politieke establishment gaan dit oor rassistiese politiek, opgesom in die stelling dat “wit Lansing” poog om beheer oor “swart Detroit” oor te neem. Maar Orr, soos Bing, is net so aktiewe verteenwoordiger van die heersersklas as Snyder of Dillon.

Agter hierdie plaaslike- en staatsamptenare staan die Obama administrasie en die finansiële belange van Wall Street wat hulle verteenwoordig. Die administrasie beskou Detroit as ‘n model vir sy nasionale planne.

Die identiteit van die persoon wat gekies is om die posisie van noodbestuurder te vul dui daarop wat die meeste burgers van Detroit kan verwag. Orr het ‘n sleutelrol gespeel toe Chrysler in 2009 bankrot verklaar is, wat deel was van die Obama regering se herstrukturering van die motorbedryf, wat met die volle samewerking van die United Auto Workers union uitgevoer is. Dit het die sluiting van dosyne aanlegte ingesluit, tienduisende werksgeleenthede is verloor, lone van nuut aangestelde werkers is gehalveer, voordele is besnoei en stakings verban.

Orr sal ‘n soortgelyke agenda vir Detroit hê. Bing en die stadsraad het reeds ‘n 10% loonverlaging aangekondig en duisende werkers is afgedank. Basiese sosiale dienste is besnoei.

Teen die einde van die maand, onder ‘n nuwe wet wat teen die einde van laasjaar in effek gekom het, sal Orr die mag hê om arbeidskontrakte te verander, sosiale programme te besnoei en om die stad se bates te verkoop. Die moontlikheid om die stad bankrot te verklaar word aktief na gekyk, want dit kan dit wettig maak om die pensioene van mense wat reeds afgetree het, te besnoei.

Die grootste rede wat aangevoer word vir al heirdie voorgestelde maatreëls is dat daar geen geld is om vir basiese sosiale dienste te betaal nie. Die bevolking van Detroit, waarvan ‘n derde in armoede leef, leef vervolgens “bo hul vermoë” en wil oënskynlik op halstarrige wyse nie die moeilike besluite neem wat die situasie verlang nie, wat voorgestel word as ‘n onpersoonlike en sosiaal neutrale natuurdaad.

Dat daar “geen geld” is nie, is ‘n leuen. Die betalingstekort van Detroit is tans $327 miljoen. In vergelyking hiermee het ‘n handjievol biljoenêrs in die stad ‘n netto waarde van $24 biljoen, nagenoeg 75 keer soveel as die betalingstekort. Slegs tien persent belasting wat van hierdie individue gevra kan word sal die stad se tekort sewe maal dek.

Die Wall Street beleggers wat poog om geld te maak uit Detroit se munisipale effekte maak elke jaar honderde miljoene of selfs biljoene dollars. Wall Street reuse soos die Bank of America, JPMorgan Chase en UBS het reeds meer as $474 in fooie van die stad gekry wat te doene het met die verkoop van skuld, volgens ‘n verslag van Bloomberg News.

Onder die wat dalk die meeste kan baat by die aanstelling van ‘n noodbestuurder is Mike Ilitch (netto waarde van $2.7 biljoen), die eienaar van Little Caesars Pizza, en Daniel Gilbert (netto waarde van $1.9 biljoen), die stigter van Quicken Loans. Beide het grond teen winskopies begin aankoop, want hulle verwag dat die noodbestuurder tot ‘n oplewing in die stad se kern kan lei.

Die drie groot motormaatskappye, na wie Obama verwys as ‘n voorbeeld van die feit dat Detroit regkom, het meer as $11 biljoen se gesamentlike profyte gemaak in 2012, danksy die instelling van lone wat slegs armoede tot gevolg kan hê. Die top uitvoerende beamptes het aan hulself tientalle miljoene dollars betaal in bonuse.

Die lot van Detroit beliggaam die proses waardeur groot getalle geld deur die finansiële elite gemaak is deur industrieë uitmekaar te haal en sosiale infrastruktuur af te skeep.

Sedert die krisis van 2008 is honderde biljoene dollars gebruik om die banke te help en om die pryse van aandele die hoogte in te stoot. Die Federale Reserwebank druk elke maand $85 biljoen, 260 maal die betalingsterkort van Detroit. Hierdie geld word aan die banke oorhandig en word gebruik om opnuut daarmee te spekuleer.

Stede en state dwarsdeur die land stel soortgelyke maatreëls in wat in Detroit uitgevoer word. Op nasionale vlak, na afloop van triljoene dollars se begrotingsbesnoeiinge, werk die Obama administrasie saam met die Republikeine om nog triljoene te besnoei van federale gesondheidsorg en aftree-programme.

Hierdie soberheidsprogramme vir die werkersklas en rekord winste vir korporasies is ‘n internasionale tendens. In Griekeland, Spanje, Italië en ander Europese lande, doen regerings wat deur banke aangestel word dinge wat soortgelyk is aan depressie maatreëls om seker te maak dat die nasionale tesourie, wat doodgebloei word om die banke te help, groot beleggers en verbandhouers kan afbetaal.

Daar is geen resolusie vir die krisis wat die werkersklas in die gesig staar wat nie begin met ‘n frontale aanslag op die prerogatiewe van die korporasies en ryk mense nie. Hulle houvas oor die politieke en ekonomiese sisteem moet gebreek word deur die groot korporasies te nasionaliseer en die welvaart wat hulle beheer van hulle weg te neem.

Die mag van die moderne finansiële aristokrasie kan slegs gebreek word indien die werkersklas saamstaan, en die stryd moet meer wees as alle rasse, goegrafiese en nasionale divisies. In opposisie tot die voorstelle van die noodbestuurder, moet die werkersklas van Detroit se metro area hul eie organisasies begin om die situasie te beveg, geheel en al onafhanklik van die Demokratiese Party en die regsgesinde unies en daardeur te begin met hul eie sosiale en politieke program.

Teen die eise van die biljoenêrs moet werkers met hul eie program begin wat sosiale regte beskerm – die reg tot ‘n goeie werk met ‘n goeie loon, die reg tot opvoeding, gesondheidsorg, behuising, en ‘n veilige aftrede, wat slegs verseker kan word deur die herorganisasie van die samelewing om sosiale behoefte in te kan voorsien en nie die behoefte vir privaat profyt nie.

Sosiale stryde is onafwendbaar. Die essensiële taak is om ‘n politieke leierskap te bou wat hierdie stryde kan organiseer en hulle teen die kapitalistiewe sisteem te rig. Dit is tot hierdie taak wat die Socialist Equality Party toegewyd is. Ons doen ‘n beroep op almal wat saamstem met hierdie program, in die Detroit area en dwarsdeur die land om ‘n besluit te nee mom by die SEP aan te sluit en te begin met die geveg vir sosialisme.

Loading