Die Irak Oorlog tien jaar later: ‘n Keerpunt vir VSA imperialisme

19 Maart 2013

Vandag is die tiende herdenking van die Anglo-Amerikaanse inval van Irak. Tien jaar gelede het die wêreld met “skok en afrgryse” dopgehou hoe die bomaanvalle die naglig van Bagdad opgehelder het met wolke van vlamme en rook sigbaar.

Hierdie kampanje en die bloedige tien jaar wat daarop gevolg het, het ‘n verwoestende impak gehad op wat eens een van die mees gevorderde samelewings in die Midde Ooste was. Honderd duisende Irakese burgerlikes is doodgemaak en miljoene is dakloos gelaat.

Die Amerikaanse weermag se optrede tydens die oorlog het misdade van ontsaglike proporsies tot gevolg gehad. Dit sluit in die omdraai van Fallujah, ‘n stad van 350 000 mense, tot ‘n vry-sone, waar die inwoners met fosfaat-selle gebombardeer is, onwettig volgens internasionale reg, en die terregstelling van gewonde gevangenes. Tien jaar later is die voorvalle van kinders met kanker en geboorte defekte soortgelyk aan die in Hiroshima na afloop van die VSA se atoombom-aanval.

Die uitlek van afgryslike fotos van Abu Ghraib het die sluier gelig oor die barbaarse karakter van die oorlog, wat die sistematiese gebruik van marteling, moordbendes en sektariese slagtings wat die Irakese bevolking moes terroriseer om op te gee, uitgewys het.

Mense gaan steeds dood as gevolg van sektariese geweld wat op die oorlog gevolg het, sowel as van die vernietiging van infrastruktuur wat mense sonder skoon water, gesondheidsorg en ander belangrike alledaagse benodigdhede gelaat het. Een miljoen kinders onder die ouderdom van 18 jaar het een of beide ouers verloor, en honderd duisende het die een of ander wond.

In die VSA self het nagenoeg 4 500 troepe omgekom, en 34 000 soldate het gewond huis toe gegaan en honderd duisende lei aan psigologiese trauma.

Al hierdie moorde en geweld is uitgevoer op die basis van leuens, opgesom in die aanname dat die Irakese regering “wapens van massa verwoesting” weggesteek het. Hierdie valse voorwendsels vir oorlog was niks minder krimineel as die wat deur Duitsland se Derde Reich gebruik is om die inval van Poland en ander lande wat geteiken is aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog, te regverdig.

Indien die voorbeeld van die Nuremberg hofsake wat saamgestel is om die oorlewende Nazi leiers na die oorlog te vervolg gevolg is, sou almal wat verantwoordelik was vir die inval van Irak – in hierdie geval George W. Bush, Dick Cheney, Donald Rumsfeld, Colin Powell en Condoleezza Rice – voor die hof gedaag word en ten minste vir die res van hul lewens tronk toe gestuur word.

In die Verenigde Koningkryk sou dieselfde lot vir die voormalige Eerste Minister Tony Blair en andere in sy regering gewag het.

Onderwyl die Nazis skuldig was aan ‘n geweldsoorlog in Europa wat volksmoord tot gevolg gehad het, het Washington se agressiewe oorlog teen Irak die sistematiese desimasie van ‘n samelewing tot gevolg gehad. Na afloop van meer as ‘n dekade van kwaai ekonomiese sanksies, is die volle mag van die Amerikaanse weermag gebruik om wat oorgebly het van die land se ekonomie, infrastruktuur en sosiale struktuur uitmekaar te skeur.

Die hele establishment media is gebruik om die oorlog te loods, deur voorwendsels vir die inval te herhaal terwyl hulle geweet het dis vals. Die New York Times het veral ‘n onmisbare rol gespeel om die aksies van die Bush administrasie te legitimiseer en om “getuienis” van die bestaan van wapens van massa verwoesting te skep. Bekende opinie-leiers soos Thomas Friedman van die Times en Richard Cohen en Charles Krauthammer van die Washington Post was ten nouste betrokke by die promosie van die oorlog.

Toe die inval eers begin het, het joernaliste wat “ingebed” was gedien as propogandiste vir die VSA se weermag, terwyl hulle op sorgvuldige wyse die oorlog se wreedhede en die verwoestende impak daarvan verberg het.

Hierdie oorlog, verbysterend in die kriminaliteit van beide die beplanning en uitvoering daarvan, was ‘n kritieke keerpunt in die geskiedenis van Amerikaanse imperialisme. Ongeag die feit dat dit in chaos geeïndig het, met die leuens wat die oorlog se bestaan geregverdig het ontbloot, en in operasionele terme wyd beskou as ‘n gemors, het dit nogtans die basis gelê vir die intensifisering van die oorlog in Afghanistan en die uitbreek van Amerikaanse militarisme dwarsoor die planeet.

Irak was ‘n predatoriese imperialistiese oorlog. Dit was uitgevoer as deel van die lang proses waarvolgens Amerika die Midde Ooste wou herorganiseer om Amerikaanse belange te vestig en beheer te kry oor die streek se energie-bronne.

Onderliggend aan hierdie strategie was die poging om die toenemende ekonomiese krisis te verreken deur die gebruik van militêre mag. Terselfdertyd het die “oorlog van keuse” gedien as ‘n bron om die plofbare sosiale spanninge wat deur sosiale ongelykhede op tuisbodem geskep is, uitwaarts te dwing in die vorm van militaristiese geweld.

Om hierdie belange na te streef was die terreur aanvalle van 9/11 niks meer as ‘n siniese preteks nie. Die regime van Saddam Hussein, wat ookal sy misdade teen die Irakese mense, was sekulêr, ‘n vyand van Al Qaeda en gladnie betrokke by September 11 nie.

In hierdie verband het die oorlog ‘n patroon geskep waarvolgens Washington intervensies vir regime veranderinge in die Midde Ooste uitvoer deur sekulêre regerings te teiken en die onderduimse of openlike steun van Islamiste of Al Qaeda om hierdie doelstellinge te bereik. Dit was die geval in Libië in 2011 en dit is ook vandag die geval in Sirië.

Ondertussen het die “globale oorlog op terrorisme” van wie Irak veronderstel was om die kern te wees, gepaard gegaan met ongehoorde opbou van die mag van die staat en sy militêre intelligensie komponent en die intensivering van die aanval op demokratiese regte in die VSA en internasionaal. Onder die Obama administrasie het dit die punt bereik waar die president aanneem dat hy die mag het om Amerikaanse burgers met behulp van droon aanvalle terreg te stel sonder om klagtes aanhangig te maak, wat nog te sê om hulle in ‘n hof te bewys.

Die Irakese oorlog het nie net ‘n keerpunt vir Amerikaanse imperialisme tot gevolg gehad nie, maar ook vir die politieke evolusie van Europa. Met die uitsondering van die Britte het die Europese bourgeoisie ‘n versigtige houding in die aanloop van die Amerikaanse inval gehad, en in baie gevalle hul voorbehoude en verskille uitgespreek. Na afloop van ‘n reeks openbare dispute het die Europese magte egter hul posisie verander en gesien dat die oorlog die geleentheid oopgemaak het vir ongebreidelde imperialsime waarvolgens hulle ook in die plunder van lande kon deel.

Na afloop van die oorlog is dit ook duidelik dat linksgesinde en anti-oorlog partye baie na regs geskuif het, nadat hulle die pretens dat hulle imperialisme wou teenstaan gelos het. Nadat hulle geen poging aangewend het om die breë spontane opposie wat in die vorm van massa demonstrasies teen die oorlog uitgebreek het, te mobiliseer nie, het hierdie magte spoedig beweeg daarna om imperialistiese inmenging te steun. Politieke organisasies soos die Greens van Duitsland en die Rifondazione Communista van Italië ingesluit het, het die oorlog in Afghanistan direk gesteun.

In die VSA self het die amptelike anti-oorlog beweging aanhoudend gewerk om die massa populêre opposisie teen die Irak oorlog agter die Demokrate te kanaliseer. Die Demokrate het egter in die Kongres gestem om die inval goed te keur en dit enduit te finansier. Met die verkiesing van Obama het die pseudo-linkse elemente volle ondersteuners van Amerikaanse militêre operasies geword, en het die “humanitêre” intervensie in Libië en Sirië gesteun.

Irak het daarvoor gesorg dat mense nie meer kan aanspraak daarop maak dat ons in ‘n post-koloniale era leef nie. Die toename van imperialistiese operasies duur onverpoost voort deur die wêreld. Die onttrekking van Amerikaanse magte van Irak en die ontrekking ook uit Afghanistan beteken nie, soos Obama aanvoer, dat die “gety van oorlog afneem nie”, maar eerder dat militêre mannekrag en bronne vir selfs groter invalle elders gebruik kan word.

Selfs terwyl die oorlog in Afghanistan voortgaan, het Washington agressiewe belange in Afrika, en het reeds ingemeng in Sirië, berei voor vir oorlog in Iran en “tuimel” na Asië, met toenemende oorlogsugtige dreigemente teen Sjina.

Nuwe oorloë is onafwendbaar, aangevuur deur die onoplosbare krisis van Amerikaanse en wêreld kapitalisme. Hulle word gefasiliteer op geen klein skaal deur die feit dat Amerikaanse misdade in die Irakese oorlog nie gestraf is nie.

Niemand is nog aanspreeklik gehou onder internasionale reg vir die beplanning en uitvoer van ‘n agressiewe oorlog waartydens honderd duisende mense dood is nie – nie die politici wat die oorlog beplan het nie, nie die generaals wat dit gelei het nie, en ook nie die joernaliste wat die leuens geskryf het om dit te promofeer nie. Sommiges is hoë poste in die akademie aangebied, soos Condoleezza Rice by Stanford Universiteit. Andere leef gemaklik as afgetredenes of dien op verskeie korporatiewe rade, of hul streef ander winsgewende projekte na. Die media hou steeds aan om te skryf asof niks gebeur het nie.

Hierdie ongestrafde politieke misdaad het verreikende gevolge regoor die wêreld, soos die intensivering van imperialsitiese neokolonialisme die ruimte skep vir nuwe botsings.

Baie diep en sobere lesse moet uit hierdie oorlog geleer word, en dit is gladnie ‘n geïsoleerde voorval wat na die verlede gerelegeer moet word nie, maar skep steeds die politieke omgewing van vandag. Die ervaring van die Irakese oorlog demonstreer dat die stryd teen oorlog, wat die kern is van politieke lewe in elke land, gewen kan word indien die werkersklas verbind is aan die politieke partye wat die oorloë voer en nie onderdanig gestel word aan die ekonomiese sisteem van kapitalisme wat hulle onafwendbaar maak nie.

Tien jaar na die inval van Irak moet dit gesê word dat die een konsekwente stem van teenkanting teen die oorlog die World Socialist Web Site en die Internasionale Komitee van die Vierde Internasionaal was. Die stellinge wat ons voor en gedurende die oorlog geskryf het is ‘n aanduiding van die beginselvaste karakter van die beweging se politiek en die mag van ‘n Marksistiese perspektief.

Die geveg teen oorlog vandag kan slegs suksesvol bestry word deur die opbou van die Sosialistiese Gelykheidsparty.

Bill Van Auken en David North