Afrikaans
Perspective

Hande van Sirië af

Aan die begin van ‘n twee dae lange besoek aan Israel het die VSA se President Barack Obama oorlogsugtige dreigemente teen beide Sirië en Irak uitgereik. Die besoek, wat gewoon die karakter aanneem van ‘n VSA-Israeli oorlogsraad, maak dit duidelik dat tien jaar na afloop van die VSA se inval van Irak, Amerikaanse imperialisme voorberei vir selfs groter misdade in die Midde Ooste.

Die Demokratiese president het die Siriese regime van Bashar al-Assad gedreig daarmee dat hulle “verantwoordelik gehou sal word vir die gebruik van chemiese wapens en hulp aan terroriste,” en het bygevoeg dat indien daar getuienis is dat sulke wapens gebruik is sal dit “die spel verander.”

Oor Iran het Obama weereens gesê hy wil “Iran verhoed om ‘n kernwapen te kry” en dat “alle opsies op die tafel is,” terwyl hy Israel se reg om eensydige aksie teen Iran te neem verdedig het. Daar is “nie baie daglig” tussen die VSA en Israel oor Iran nie, het hy gesê.

Obama se opmerkings het plaasgevind ‘n dag na die tiende herdenking van die VSA se inval van Irak. Geen toesprake of seremonies is deur die Obama administrasie of die VSA se kongres georganiseer om die begin van die oorlog te herdenk waarna 1.5 miljoen Amerikaners gestuur is nie, en waar amper 4 500 dood is en honderde duisende of fisiese of emosionele wonde opgedoen het.

Stilte, in hierdie geval, is tekenend van skuld. Albei politieke partye, elke deel van die regering, die media en VSA korporasies het almal direk ‘n deel gehad aan waarskynlik die grootste oorlogsmisdaad van die 21ste eeu: ‘n moedswillige oorlog wat op die basis van leuens geloods is, teen ‘n bykans weerlose nasie, waar omtrent een miljoen mense dood is en ‘n hele samelewing in puin gelê is.

Amerika se heersende elite druk nou vir selfs groter en meer destruktiewe konflikte, en baie lede van die publiek is daarteen gekant. Op Orweliaanse wyse word bekende en gediskreditere verskonings van “wapens van massa verwoesting,” terrorisme en die promosie van demokrasie weer gebruik, hierdie keer om die oorlog teen Sirië te regverdig.

Op Capitol Hill was daar verskeie oproepe vir nuwe oorloë in die Midde Ooste. Adm. James Stavridis, die hoof van die Pentagon in Europa het Dinsdag voor die Gewapende Magte Dienskomitee getuig dat NAVO breedvoerig beplan vir ‘n intervensie in Sirië. “Ons kyk na ‘n hele reeks operasies, en ons is voorbereid as ons gevra word om op te tree soos ons in Libië gemaak het.”

Onder ernstige oorweging, volgens Stavridis, is die vestiging van ‘n “geen vlieg sone.” Oproepe vir so ‘n geen vlieg sone in Libië, wat goedgekeur is deur die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in Maart 2011, het gelei tot die VSA en NAVO se bombardering van en oorlog vir regime verandering in Libië.

Die komitee se voorsitter, Senator Carl Levin (Demokraat, Michigan) het die ondervraging gelei. Die vorige dag het hy gepraat by die Raad op Buitelandse Verhoudinge, en hy het ‘n oproep gedoen vir die verstiging van ‘n “beskermde sone langs die Turks-Siriese grens” en die gebruik van militêre mag “om Siriese lugverdediging en sommige van die land se lug mag aan te val.”

Resolusies is ook bekendgestel in die Huis en Senaat wat vra vir groter bewapening en opleiding van Westers-gesteunde “rebelle” wat veg om van Assad onstlae te raak.

Intussen het die oënskynlike gebruik van ‘n chemiese wapen die lewens van meer as 30 mense geeïs en het tot hernieude oproepe op Capitol Hill gelei vir die VSA se intervensie.

Die Siriese regering het gesê Westerse vegters het die vuurpyl gevuur wat die chemiese wapen gedra het. Volgens alle verslae het die wapen ‘n regerings-beheerde dorpie buite Aleppo getref. Verskillende bronne het gesê die meeste van die slagoffers was Siriese regeringsoldate, terwyl bronne in Sirië hulle as Alawite burgerlikes, wat hoofsaaklik vir Assad steun, beskryf het.

Wetgewers het na Obama se vroeëre dreigemente verwys dat die gebruik van chemiese wapens in Sirië ‘n “rooi lyn” verteenwoordig wat tot die VSA se intervensie sal lei. “As vandag se verslag gesubstansieer word, is die President se rooi lyn oorkruis en ons dring daarop aan dat hy onmiddellik reageer om die gevolge in te stel wat hy belowe het,” het die Republikeinse Senatore Lindsey Graham en John McCain in ‘n gesamentlike stelling gesê.

Graham het verder gegaan in ‘n onderhoud, en het ‘n beroep gedoen vir die VSA om grond troepe na Sirië te stuur om die chemiese wapens te vind, ‘n operasie wat die Pentagon beraam sal 75 000 soldate en see-soldate verg.

Die verwronge logika van hierdie kampanje is dat die twee jare lange sektariese burger-oorlog wat deur die VSA en sy bondgenote in Europa, Turkye en die monargieë van die Persiese Golf, aangemoedig, befonds en bewapen is, die Assad regime sodanig verswak het dat sy chemiese wapens deur terroriste in die hande gekry kan word.

Hierdie terroriste, soos die Al Qaeda Jabhat al-Nusra en ander jihad militêre groepe, is egter die hoofsaaklike stormtroepe in die Westers gesteunde oorlog vir regime verandering.

Die feit dat Washington demokrasie in Sirië aanmoedig kan maklik teengestaan word omdat die eerste minister vir ‘n nuwe interim regering daar Siriese rebelled terrein deur die sogenaamde rebelle aangestel is. Die wenner, wat deur slegs 35 lede van die Siriese Nasionale Raad verkies is en deur die VSA se Staatsdepartement aangestel is, was Ghassan Hitto. Hy is ‘n burger van die VSA en het Sirië 30 jaar gelede as ‘n 17-jarige verlaat.

Die ideologiese voorwendsels vir die VSA se oorlog in Sirië is self minder koherent as die wat gebruik is om die oorlog in Irak meer as ‘n dekade gelede te regverdig. Die ware dryfkrag daaragter is dieselfde. ‘n Predatoriese oorlog wat daarop gemik is om die kaart van die Midde Ooste te herteken om die belange van VSA imperialisme te dien en sy hegemonie oor die streek se energie-bronne te verseker, is hier ter sake. Die oorlog vir regime verandering in Sirië is deel van ‘n breër kampanje vir oorlog met Iran en dan kan Rusland en Sjina ook dalk betrokke raak.

Terwyl die Amerikaanse heersersklas dalk die herinnering aan die oorlog in Irak wil begrawe, het werkende mense tot hul eie gevolgtrekkinge gekom, met statistieke wat bewys dat die oorgrote meerderheid mense sê daar moes nooit ‘n oorlog gewees het nie.

Die poging om ‘n nuwe oorlog op die Amerikaanse mense af te dwing, deur dieselfde ou leuens te gebruik, kom tesame met ‘n groter aanslag op werksgeleenthede en lewensstandaarde en baie openbaringe van die kriminaliteit van die finansiële aristokrasie, in wie se belang die oorlog geveg word. So ‘n plofbare mengsel is ‘n resep vir sosiale ontploffinge binne die Verenigde State en die ontwikkeling van ‘n massa politieke beweging teen die imperialistiese oorloë in Irak, Sirië en daarna.

Loading