Afrikaans
Perspective

VSA se korporatiewe uitvoerende beamptes maak geld

Soos die VSA voorberei daarop om 1 miljoen federale werkers op verlof te plaas en honderde biljoene in sosiale uitgawes te besnoei, ontvang korporatiewe uitvoerende beamptes van die hoogste uitbetalings in die geskiedenis. USA Today het Donderdag verslag gedoen dat ten minste tien HUBs het elk $50 miljoen verdien in 2012, hoofsaaklik danksy effekte wat saam met die stygende mark in waarde toegeneem het. Volgens die koerant het “proxy liassering in vroeg 2013 aangedui dat kompensasie vir 2012 daarop wys dat meer en meer HUBs meer as $50 miljoen maak, winste wat nog kan wys dat daar geen groter inkomste in grootte en breedte was sedert die Internet se eerste maatskappye op die aandele-beurs geplaas is en tech beamptes meer as ‘n dekade gelede ryk gemaak is nie.”

In hul eie analise het die Wall Street Journal opgemerk dat betalings vir uitvoerende beamptes toenemend gekoppel is aan die waarde van effekte. Die koerant merk op dat in 2012 meer as die helfte van kompensasie by groot maatskappye gekoppel was aan “die verdienste van effekte of finansiële vertonings,” vergeleke met 35% in 2009.

Onder die voorste betalings-pakette volgens voorlopige berekeninge is die van Starbucks se HUB, Howard Schultz, wat ingesluit het opsies op effekte van $103.3 miljoen vanjaar, bo en behalwe die ander kompensasies van $30 miljoen in kompensasie en effekte, sowel as $10.2 miljoen in gevestigde aandele, volgens USA Today .

Ford se HUB Alan Mulally het $61 miljoen in aandele in 2012 verdien, wat bygevoeg is by sy kompensasie van $21 miljoen. Hierdie uitbetaling is gebasseer op ‘n skerp styging in die maatskappy se winsgewindheid deur af te skaal en deur lone vir nuwe werkers tot $15 per uur te sny. Mulally se betaling is meer as 2 500 maal meer as die van ‘n nuwe motor werker.

Apple se HUB, Tim Cook, het $139.7 miljoen se beperkte aandele wat laasjaar uitbetaal het, verdien, terwyl Oracle se Larry Ellison $90 miljoen in aandele gegun is.

Hierdie uitbetalings is bloot ‘n paar voorbeelde van die massiewe bedrae geld wat die heerserklas aan hulself betaal. Die aandelemark, opgeblaas deur die $85 biljoen wat elke maand aan die banke deur die VSA se Federale Reserwe betaal word, is die sentrale wyse waarop hierdie verryking plaasvind.

Die stuwing van die heersersklas word gefasiliteer deur die aksies van die staat, en in die besonder die Obama administrasie. Na afloop van die finansiële ineenstorting van 2008, terwyl hulle wydverspreide verontwaardiging in die gesig gestaar het oor die kompensasie van uitvoerende beamptes, het die administrasie spesifiek gesê hulle is nie gekant teen beamptes wat baie verdien nie. “Ons is nie teen welvaart nie,” het Obama herhaaldelik gesê. Voorstelle vur HUB se betaling het daarop gefokus dat maatskappye hierdie betalings moet verbind aan “vertonings”, d.w.s. aandele waardes.

Selfs terwyl die korporatiewe HUBs en ander lede van die finansiële oligargie astronomiese bedrae verdien, is die gedurige deuntjie van die media en die partye van groot sake dat daar nie geld vir sosiale uitgawes is nie, en dat gesondheidsorg en aftree-programme besnoei moet word asook die inkomste van werkers.

Volgende maand, as gevolg van $85 biljoen in gesekwestreerde besnoeiings aan uitgawes, sal 1 miljoen regerings-amptenare begin met geskeduleerde verlofperiodes wat effektief tot 20 tot 30 persent se salaries-besnoeiings tot gevolg sal hê. Hierdie verlofperiodes kom tesame met tien biljoene dollars se besnoeiinge aan openbare opvoeding, anti-armoede programme en werkloosheidsversekering.

Met beide die Republikeine en Demokrate wat saamstem dat die besnoeiinge permanent sal wees, is die fokus nou daarop om ooreenkoms te bereik oor hoe honderde biljoene dollars van Medicare, Medicaid en Sosiale Sekuriteit besnoei gaan word. Die uiteindelike doel van die heersers-elite is om alles te ontbind wat te doen het met ‘n sosiale veligheidsnetwerk, wat die werkersklas in Dickensiaanse armoede en sosiale ellende sal laat verval.

Die argument dat daar geen geld is om vir hierdie programme te betaal nie is absurd as mens kyk na die groot bedrae geld wat aan uitvoerende beamptes betaal word of wat net op korporatiewe balansstate rondbeweeg. In 2012, het die hoeveelheid geld wat deur nie-finansiële korporasies gehou word met 10% gestyg tot $1.45 triljoen, volgens Moody’s. Hierdie bedrag is genoeg om 17 keer vir die gesekwestreerde besnoeiings te betaal.

Om die waarheid te sê, Apple, wat $137 biljoen in kontant het, kan self vir vanjaar se gesekwestreerde besnoeiings betaal, met $50 biljoen om te spaar.

Gelaai met geld en onwillig om te investeer, het korporasies hulle dividende betalings aan beleggers dramaties verhoog. Die New York Times het vroeër vandeesmaand berig dat S&P 500 maatskappye na verwagting $300 biljoen in dividende vanjaar gaan uitbetaal, ‘n toename vergeleke met 2012 se $282 biljoen. Amerikaanse korporasies het verlede maand $117.8 biljoen in hul eie aandele terug gekoop, die hoogste totaal op rekord tot 1985.

Die verhouding tussen die Amerikaanse heersersklas en die res van die samelewing is fundamenteel ‘n parastitiese een. Oor die verloop van drie dekades, onder toestande van ekonomiese agteruitgang, het aandele mark spekulasie eerder as produksie die sentrale meganisme vir welvaart geword.

Die krisis van 2008 het nie hierdie proses omgedraai nie, maar het dit sterker gemaak. Die heersers elite het die krisis gebruik om die oorbetaling van welvaart te laat toeneem. Die stygende HUB betalings en beleggers-uitbetalings aan die een kant, en die groot sosiale ellende aan die ander, is in werklikheid net twee kante van dieselfde proses.

Die Amerikaanse heersersklas gaan voort met ‘n bykans skaamtelose misagting van hul eie dade. Te midde van massa armoede en werkloosheid, soos hulle die mees brutale soberheidsmaatreëls dikteer, neem die finansiële aristokrasie deel aan ‘n onbeheerbare orgie, aangevuur deur sy eie sosiale wese.

Sulke dade word egter raakgesien. Dit produseer binne die Verenigde State ‘n reuse bron van sosiale teenkanting wat die vorm sal aanneem van ‘n stryd van die werkersklas.

Loading