Afrikaans
Perspective

Die aanval op openbare opvoeding in Chicago

Die aankondiging van planne in Chicago, Illinois om 61 elementêre en middel skole te sluit dui op ‘n nuwe stadium in die aanslag op openbare opvoeding en die sosiale teenrevolusie in Amerika.

Dit is die grootste enkele skool-sluiting aankondiging in die geskiedenis van die VSA. In die jongste fase van skool sluitinge sal 13 persent van primêre skole in die nasie se derde grootste distrik gesluit word en 30 000 studente word geaffekteer, tesame met 1 000 onderwysers wat hul werk sal verloor. Hierdie besnoeiinge sal klasse groter maak en groter stres plaas op skole wat oopbly, en vier persent van alle onderwysers in die stad verloor onmiddellik hul werk.

Die uiteindelike doel is die privatisering van die hele publieke opvoeding-sisteem. Ses van die skole wat geteiken word in hierdie rondte sluitings staar “omdraai” in die gesig – met alle onderwysers en personeel afgedank, en beheer wat oorhandig word aan die Academy for Urban School Leadership, ‘n polities verbinde privaat skool operateur met noue bande met die banke en belegginsgfondse.

Daar is massa populêre teenkanting teen die skool-sluitings. In Chicago het duisende mense verhore oor die sluitings oor die laaste twee maande bygewoon, en dit gee ‘n indruk van kokende woede onder breë lae van werkende mense.

‘n Konfrontasie is aan die brou tussen die werkersklas en die beleide wat in Chicago uitgevoer word deur die Demokratiese burgermeester, Rahm Emanuel, President Obama se voormalige Hoof van Staf. Sy argumente is soos ‘n eggo van die van politici dwarsoor die nasie: met ‘n $1 biljoen begrotings-tekort is daar kwansuis geen geld om bestaande skole oop te hou nie. Erger as dit word openbare skole onder-benut – ‘n self vervullende profesie omdat studente en befondsing na handves skole oorgedra word.

Die argument dat daar geen geld vir skole is nie, is ‘n infame leuen. Terwyl die heersersklas daarop aandring dat daar geen geld vir basiese sosiale regte soos openbare opvoeding is nie, handig dit honderde biljoene dollars elke jaar aan die finansiële skurke op Wall Street.

Deur die skool-sluitings teen te staan, gaan werkende mense ook die stryd tegemoet teen die nasionale beleid van die Obama administrasie en die Demokratiese Party, wat vir ‘n volledige aanval op openbare opvoeding as deel van Obama se Resies Na Bo program verantwoordelik was. Grootskaalse skool-sluitings is in Philadelphia, Washington, D.C., New York en Detroit aangekondig – almal onder die vaandel van die Demokratiese Party. Vandag is ‘n noodbestuurder besig om Detroit oor te neem, en hy dien as ‘n finansiële diktator wat massiewe besnoeiinge aan werksgeleenthede, lone en lewensomstandighede moet maak.

Op ‘n nasionale vlak is die Demokrate en Republikeine betrokke by ‘n twee party sameswering om Medicare, Medicaid en Sosiale Sekuriteit aan te val. Dit volg op die implementering van die “gesekwestreerde” begroting se besnoeiinge, wat ‘n 20 persent loonverlaging vir een miljoen federale werkers insluit, asook ‘n skerp verlaging in federale werkloosheids-voordele en ander verwoestende besnoeiinge.

Die kritiese vraag is om die massa opposisie wat by die werkersklas bestaan teen sosiale aanvalle deur die korrupte, en geld mal heersers-elite, te mobiliseer. Die verdediging van openbare opvoeding moet vorentoe gedra word, maar dit sal moet staatmaak op die vestiging van nuwe organisasies wat die stryd namens die werkersklas dra, onafhanklik van en in opposisie teen die unies en die Demokratiese Party.

Terwyl die Chicago Onderwysers-unie (COU) gemaak het of hulle die skool-sluitings teenstaan, het dit tog ‘n kritieke rol gespeel daarby om die Demokratiese Party te help om die aanval te loods.

Teenkanting teen die sluiting van alle skole is nie ‘n “werklike argument” nie, het COU President Karen Lewis Vrydag in ‘n onderhoud met Chicago Public Radio gesê. Die COU, wat in sy leierskap ‘n top lid van die pseudo-linksgesinde Internasionale Sosialistiese Organisasie het, wil hê Emanuel moet hul bystand aanvaar om seker te maak dat die sluiting van skole seepglad verloop.

Die COU het effektief die groen lig aan die skool-sluitings gegee deur laasjaar die staking van 26 000 onderwysers te sluit. Die onderwysers het gestaak om “hervormings” teen te staan wat dit makliker sou maak om onderwysers af te dank en om openbare opvoeding te verdedig. Die kontrak wat uiteindelik deur die COU deurgedruk is het alles bevat wat Emanuel voor gevra het, insluitend verskeie maatreëls wat dit makliker sal maak om onderwysers af te dank of te viktimiseer.

Die Chicago onderwyserstaking was ‘n reuse ervaring vir die werkersklas. Dit het die steun van werkers in Chicago en dwarsoor die land verkry, wie ook gesien het dat die aanval op onderwysers deel is van ‘n breër aanval op elke basiese sosiale en demokratiese reg.

In sy intervensie in hierdie stryd, het die Sosialistiese Gelykheidsparty daarop aangedring dat die verdediging van openbare opvoeding ‘n wegbreek van die COU en ‘n politieke stryd teen die Demokrate en Republikeine, teweeg bring. Openbare opvoeding, het ons argumenteer, is nie verenigbaar met die ondergeskikstelling van die samelewing aan die winsbejag van die finansiële aristokrasie nie. Die COU se bewegings om die staking vinnig te sluit, het ons geskryf, sou deur Emanuel gebruik word om die sluiting van skole deur die stad vinniger te laat plaasvind.

Dit het nou wel gebeur.

‘n Nuwe politieke leierskap moet gebou word, gewortel in die verstandhouding dat die regte van die werkersklas nie verenigbaar is met die kapitalistiese sisteem nie. Niks kan bereik word sonder om die ekonomiese en politieke diktatorskap van die banke en groot sake te beëindig nie.

Die SGP doen ‘n beroep op alle werkers en op jong mense – in Chicago, regdeur die VSA en rondom die wêreld – wat met hierdie program saamstem om ons vandag te kontak. Sluit by die SGP aan en neem die stryd van sosialisme op.

Loading