Afrikaans
Perspective

Die SID se oorlog teen Sirië

Na afloop van President Barack Obama se sogenaamde “vredestog” na Israel verlede week, op die tiende herdenking van die VSA se inval van Irak, brei Washington sy bloedige intervensie in die Midde Ooste uit.

Nadat hy die Siriese President Bashar al-Assad en sy hoof vennoot, die olie-ryk Iran in ‘n toespraak in Jerusalem gedreig het, is dit duidelik dat Obama die proxy oorlog in Sirië intensifiseer. Onmiddellik na afloop van Obama se besoek het Amerika se Staats-sekretaris John Kerry Irak besoek en het summier beveel dat Irak wapen-vervoer deur Iran na Sirië deur Irak verbied.

Maandag het die New York Times ‘n verslag gepubliseer met die titel “Wapens per vliegtuig na Siriese rebelle neem toe, met SID (Sentrale Intelligensie-diens) hulp,” en het ‘n gedetaileerde prentjie gegee van hoe die SID wapens verskaf aan Westerse militêre groepe wat teen Assad binne Sirië veg.

“Met die hulp van die SID, het Arabiese regerings en Turkye hul militêre steun aan Siriese opposisie vegters skerp verhoog oor die laaste paar maande, en het ‘n geheime lugbrug van wapens en toerusting vir die opstand teen President Bashar al-Assad uitgebrei, volgens lugverkeer data, onderhoude met amptenare in verskeie lande en verslae van rebelle-leiers,” skryf die New York Times .

Dit voeg by dat die “lugbrug, wat op ‘n klein skaal vroeg in 2012 begin het” het gegroei dat dit “meer as 160 militêre vragvlugte deur Jordaniese, Saudi en Qatariese militêre styl vragvliegtuie insluit wat land by die Esenboga Lughawe naby Ankara, en, tot ‘n mindere mate, by ander Turkse en Jordaanse lughawens.”

Hierdie “katarak van wapens,” in die woorde van een amptenaar, word georganiseer en toesig gehou deur die SID. Die Times skryf: “Van kantore in geheime plekke, het Amerikaanse intelligensie offisiere Arabiese regerings gehelp om inkopies te doen vir wapens, insluitend ‘n groot verkryging van Kroasië, en het rebelle-leiers en groepe gekeur om te bepaal wie watter wapens moet kry soos hulle arriveer.”

Die Times haal een analis aan: “Die intensiteit en gereeldheid waarmee hierdie vlugte plaasvind dui op ‘n goed beplande en gekoördineerde klandestiene militêre logistieke operasie.”

Hierdie verslae maak dit duidelik dat die Obama administrasie se aanvoering dat hulle net “nie-dodelike” hulp aan die opposisie verskaf, is onwaar. Dit substansieer die World Socialist Web Site se analise dat die oorlog in Sirië ‘n SID operasie is, wat daarop gemik is om Assad te ontsetel. Assad is ‘n bondgenoot van Iran en word gesien as ‘n struikelblok vir die VSA se belange in die streek.

Gedurende die twee-jaar oorlog in Sirië is daar reeds 70 000 mense dood en miljoene is verplaas. Groot dele van Sirië, een van die bakermatte van die menslike samelewing tesame met Irak, is verwoes. Die SID het die mees regsgesinde Islamietiese magte gemobiliseer en bewapen – soos Jabhat al-Nusra, die Siriese deel van Al Qaeda – en hierdie magte slag geloofsminderhede en voer selfmoord bomaanvalle op burgerlikes uit.

Die sinisme en kriminaliteit van die VSA se imperialisme is verbysterend. Terwyl hulle Al Qaeda organisasies tot die tande bewapen, waarsku Obama van die gevaar dat “Sirië ‘n plek vir ekstremiste word” en handhaaf ‘n siniese skynhouding dat Washington ‘n “oorlog op terreur veg.”

Die Siriese oorlog stel die pretensies van die Obama administrasie en sy Europese bondgenote bloot dat hulle ‘n fundamenteel verskillende beleid as die gehate oorlog van Bush in Irak volg. Gedurende die inval en daaropvolgende tien-jaar lange besetting van Irak, is honderde duisende Irakese doodgemaak en miljoene vlugtelinge gemaak soos hulle land verwoes is, op die basis van vals aannames dat Irak “wapens van massa verwoesting” het.

Die imperialistiese magte se reaksie op die eerste rewolusionêre woelinge wat diktators wat deur die VSA gesteun is in Egipte en Tunisië in 2011 ontsetel het, is ‘n logiese uitbreiding van die program van neo-koloniale beset van die Midde Ooste soos deur Bush begin: ‘n NAVO oorlog om Libië oor te neem, ‘n proxy oorlog in Sirië, en aanhoudende oorlogs-dreigemente teen Iran.

Gedurende hierdie operasies, het ‘n hele aantal pseudo-linkse groepe as moontlik makers opgetree – die International Socialist Organisation in die VSA, die Nuwe anti-Kapitalistiese Party in Frankryk, die Socialist Workers Party in Britanje, die Linkse Party in Duitsland en hulle eweknieë in die Midde Ooste.

Hierdie magte het daarna gepoog om die werkersklas ondergeskik te stel aan verskeie faksies van die Arabiese bourgeoisie om die aanvanklike rewolusionêre oplewing in Egipte en Tunisië te staak en weg te kanaliseer van die stryd van die werkersklas om mag oor te neem.

Deur NAVO se oorlog teen Libië en die bloedige intervensie in Sirië as “humanitêre” intervensies, of selfs “sosiale rewolusies” te bevorder, het hulle gefunksioneer as propogandiste vir die SID en agente van imperialisme. Hulle kritiek van die VSA en Europese magte is eintlik ‘n oproep vir meer wapens om na die Siriese opposisie-magte wat hulle “rewolusionêre” magte noem, verskeep te word.

Nadat hulle die Al Qaeda groepe swaar bewapen het, het Westerse magte begin om besorg te wees oor wat sal gebeur as hulle politieke mag oorneem. Tot die mate wat imperialisme daarna poog om magte ter syde te stel wat hulle deur die konflik gebruik het, sal hulle gaan na dieselfde sosiale magte wat die meeste deur die pseudo-linkse groepe gesteun word.

Om hierdie imperialistiese offensief te keer moet die werkersklas die rewolusionêre oplewing van twee jaar gelede hernieu. Hierdie keer moet dit egter bewustelik gerig word teen imperialisme, die Arabiese bourgeoisie, en hul pseudo-linkse aanhangsels.

Die pad vorentoe vir die werkersklas om ‘n einde te maak aan imperialistiese oorlog en kapitalistiese onderdrukking is om hul stryde te baseer op ‘n internasionale sosialistiese program wat hul onafhanklike politieke belange artikuleer.

Loading