VSA se gesekwestreerde besnoeiinge en die bedrog van “politieke toeknoping”

27 Maart 2013

Die VSA se President Barack Obama het Dinsdag ‘n nuwe wet onderteken wat $85 biljoen in gesekwestreerde besnoeiinge permanent maak, wat die weg baan vir die oplegging van verlofperiodes op ‘n miljoen of meer federale werkers, so vroeg as volgende maand.

Die wet, wat die federale regering tot aan die einde van September befonds, was deurgevoer met twee-party steun in beide huise van die Kongres.

Die sekwester sluit in $9.9 biljoen aan besnoeiinge aan Medicare, $2 biljoen aan steun vir openbare behuising, $840 miljoen aan spesiale opvoedkundige programme, sowel as $400 miljoen aan Head Start, die opvoedkundige program vir jong kinders.

Die nagenoeg 4 miljoen mense wat langtermyn werkloos is wat federale werkloosheidsvoordele kry, sal ‘n 11 persent besnoeiing in hul voordele sien, of sowat $130 per maand. ‘n Groot deel van die besnoeiinge sal ingestel word deur verlofperiodes vir werknemers van die federale regering, wat tot effektiewe loonverlagings van 20 tot 35 persent sal lei. Die weermag het egter aangekondig dat dit die verlof van sommige van hul burgerlike werknemers kan uitstel nadat die lede van die Kongres taal ingesluit het wat vir hulle groter buigsaamheid met die besnoeiinge gee.

By die verwoestende invloed van die verlofperiodes moet mens nog voeg dat die wet die betaling van federale werknemers bevries tot die einde van die jaar. Dit keer die vroeëre uitvoerende opdrag om wat ‘n einde aan die huidige betalings-bevriesing gemaak het. Die bevriesing was in plek vir twee jaar en het aan federale werknemers ‘n skrale 0.5 persent verhoging toegestaan. Die betalings-bevriesing, selfs meer as die wet self, is nie deur die media gerapporteer nie.

Die Wit Huis het gepoog om huself te distansieer van die besnoeiings, met Obama se woordvoerder Jay Carney wat tydens ‘n perskonferensie Dinsdag gesê het, “daar is geen kwessie daaroor dat ons glo ons behoort nie tot hierdie punt te gekom het waar sekwester toegepas sal word nie.” Hy het bygevoeg dat “gewone mense onnodig geskaad word deur die instelling van die sekwester, wat ontwerp is deur die Demokrate en Republikeine op doelgerigte wyse om nooit wet te word nie en om gevul te word met sinnelose benaderings tot vermindering van tekorte.

Dit is bedrog. Die vinnige wyse waarop die wet goedgekeur is met twee-party steun is ‘n repudiasie van die amptelike diskoers van ‘n reuse politieke verdeling tussen die twee partye, en stel die werklike stand van sake bloot dat die Demokrate en Republikeine nie eintlik baklei nie maar verenig is daarin om die werkersklas te laat betaal selfs terwyl die aandele markte styg en die korporatiewe en finansiële elite ryker as ooit is.

Terwyl hulle die verpligte en pro-forma stellings uitreik van jammerte, het die Demokrate absoluut niks gedoen om te keer dat die wet goedgekeur word nie, wat, indien dit nie goedgekeur was nie, tot ‘n sluiting van die federale regering op 28 Maart sou gelei het.

Die politieke “dooiepunt” in Washington is grootliks vir openbare verbruik geskep. Agter die skynbare twee-party konflik, gaan beide partye voort met ‘n gedeelde agenda. Die sekwester besnoeiinge was self die produk van die sogenaamde “dooiepunt.” Oorspronklik ontwerp deur die Wit Huis om seker te maak dat ‘n breëre ooreenkoms op die tekort bereik kon word, is dit toe gebruik om ongewilde besnoeiinge in te stel sonder dat enige van die partye verantwoordelikheid daarvoor hoef te aanvaar.

In realitiet is die sekwester besnoeiinge grootliks in lyn met die Obama administrasie se vroeëre beleid. In 2009 het die administrasie ‘n beroep gedoen dat diskresionêre uitgawes verlaag word tot op die vlak bepaal deur die sekwester. Op verskeie geleenthede het Obama gespog dat uitgawes besnoei is tot die laagste vlak as ‘n persentasie van die BNI sedert die Eisenhower administrasie.

In ‘n artikel wat vandeesweek gepubliseer is, “Terwyl Obama die sekwester besnoeiinge onderteken, word sy ekonomiese doelwitte riskant,” het die Washington Post daarop gewys dat daar ‘n oënskynlike teenstelling is tussen die Wit Huis se bewerings dat dit die middelklas beskerm en die administrasie se ware beleid.

“Obama het herhaaldelik ‘n reeks regerings-beleggings voorgestaan wat volgens hom die ekonomie sou uitbrei en die middelklas versterk, insluitend om opleiding vir jong kinders te verbeter, om meer op navorsing en ontwikkeling te bestee, en die opgradering van die land se paaie en spoorweë … Maar geen van hierdie beleide het eers naby daaraan gekom om toegepas te word nie,” het die koerant opgemerk. “Instede daarvan is Obama vasbeslote om ‘n regering befondsings-maatreël te onderteken wat omvattende besnoeiinge bekend as sekwestrasie tot gevolg sal hê – ‘n beleid wat baie van die doelstellings wat hy gedurende die 2012 veldtog voorgestel het sal ondermyn.

In werklikheid is Obama se posering as voorstaander van die “middelklas” geheel en al net ‘n vertoning. Die Obama administrasie is ver daarvan om programme soos openbare opvoeding uit te brei, en hy het van die begin van sy termyn sosiale uitgawes aangeval, met meer as 700 000 staats, plaaslike en federale regering werksgeleenthede daarmee heen sedert hy oorgeneem het. Sy hoofsaaklike “ekonomiese doel” was om die banke te help en om ‘n geskiedkundige verplasing van welvaart van die werkersklas na die finansiële elite te verseker.

Met die sekwester besnoeiings nou permanent, beplan die Wit Huis om sy aandag te skenk daaraan om basiese sosiale programme te besnoei met die bekendstelling van die Wit Huis begroting vroeg volgende maand. Die Obama administrasie het dit duidelik gestel aan sy ondersteuners op Wall Street dat hulle Medicaid, Medicare en Sosiale Sekuriteit in hul begrotings-voorstelle gaan besnoei, in kombinasie met die standaard oproep vir “gedeelde opofferinge” deur bykomstige inkomste.

Vir die bevolking, wat bykans eenparig gekant is teen hierdie programme, bied Obama en die Demokrate hul steun aan vir die besnoeiings tot die kern van sosiale programme as ‘n onafwendbare gevolg van Republikeinse “ontoegeeflik.”

Die twee partye se begrotings-voorstelle is ‘n goeie voorbeeld: Die Republikeine stel voor dat $5.7 trijloen in besnoeiings ingestel word en dat daar verrykende herstrukturering van Medicare en Medicaid moet plaasvind. Die Demokrate in teenstelling, stel voor dat $1 triljoen in begrotings-besnoeiinge moet plaasvind, insluitend ‘n vermindering in Medicare uitgawes.

Die resultaat van hierdie proses sal dieselfde wees as tevore: die Demokrate sal bewustelik ‘n ooreenkoms uitwerk wat reuse besnoeings sal instel as ‘n “kompromie” met Republikeine. Hierdie ooreenkoms sal weer die toestand skep vir verdere besnoeiings in die toekoms.

Onder toestande van die grootste sosiale en ekonomiese krisis sedert die Groot Depressie, bestaan daar nie in die hele politieke establishment enige groep wat sosiale programme wil handhaaf nie, wat nog te sê om hulle uit te brei. Te midde van desperate toestande vir miljoene mense, is die heersersklas verenig in sy beleid om die werkersklas te laat betaal vir die krisis van kapitalisme.

Andre Damon