Afrikaans
Perspective

Die verskriklike koste van Washington se oorloë

Harvard Universiteit se nuwe verslag beraam dat die VSA se oorloë in Irak en Afghanistan uiteindelik soveel as $6 triljoen sal kos en dit is nog ‘n aanduiding van die verskriklike prys wat deur werkende mense die wêreld oor betaal moet word vir die misdade van imperialisme.

Dit is die mees onlangse in ‘n reeks studies gedoen deur Harvard se senior dosent oor openbare beleid, Linda Bilmes saam met die ekonoom Joseph Stiglitz. Elke studie het die beraamde langtermyn koste van die oorlog laat styg, grotendeels te danke aan die stygende en volhoubare koste om vir die honderd duisende veterane van Irak en Afghanistan wat huistoe is nadat hulle ernstige fisiese en sielkundige skade gelei het, te sorg en te kompenseer.

Weggesteek agter die rou syfers is lewens wat vir altyd verander is, nie alleen vir die 50 000 Amerikaanse troepe wat “in aksie gewond” is nie, maar vir die honderd duisende meer wat ly aan post-traumatiese stres wanorde (PTSD) en ander geestelike gesondheidsprobleme – soveel as ‘n derde van al die soldate – en traumatiese brein beserings (wat meer as ‘n kwart miljoen troepe geraak het).

Die Pentagon het ‘n ongekende aantal soldate en Mariniers wat met PSTD, depressie, angstigheid en ander geestelike gesondheidsprobleme gediagnoseer is toegeskryf aan ‘n veranderende kultuur binne die gewapende magte wat die stigma daaraan om sulke probleme na vorige oorloë te raporteer ter syde gestel het.

Dit is sonder twyfel ‘n faktor, maar die aard van die oorloë speel ook ‘n beduidende rol. Geloods op die basis van leuens oor terrorisme en “wapens van massa verwoesting”, het die besettings van Afghanistan en Irak uitgerrekte vuil kolonialistiese okkupasies tot gevolg gehad wat daarop gemik is om hele volkere te onderdruk en om beslag te lê op strategiese bronne, mees krities hiervan olie.

Soldate aan wie gesê is dat hulle wraak gaan pleeg vir 9/11 en Al Qaeda te beveg het hulself in ‘n heel ander onderneming bevind, wat verskriklike misdade teen burgerlikes ingesluit het en die hele bevolking in die “vyand” verander het.

Natuurlik maak die $6 triljoen syfer wat in die Harvard verslag ingesluit is geen behoorlike begin aan die impak van die oorloë nie. Dit asseseer slegs die impak op die VSA se ekonomie. Wat van die koste om die lande wat deur die oorloë verwoes is, te herbou. Daar is meer as 1 miljoen Irakese en Afganistanse burgers dood in die oorloë. Wat van die koste om die miljoene wat vermink is of vlugtelinge in hul eie land gelaat is?

Sover dit die meetbare koste van die grootskaalse verwoesting van sosiale infrastruktuur aangaan – water, elektrisiteit, opvoeding, gesondheidsorg, werksgeleenthede – sluit die studie slegs in die bedrag wat deur die VSA uitgegee is in herkonstruksie skemas wat vol is van korrupsie en onbevoegdheid, waarby tien biljoene dollars gemors is of weg is in die sakke van oneerlike kontrakteurs en skewe politici.

Dan was daar die finansiering van die oorloë. Bush administrasie amptenare soos die Sekretaris van Verdediging Donald Rumsfeld het aan die begin van die oorlog beraam dat die koste van die Irakese oorlog “ietwat onder $50 biljoen sou wees – minder as een een honderste van die huidige beraming.

Die oorloë is befonds deur “addisionele krediete,” ‘n praktyk wat onder Bush begin is en deur Obama voortgesit is, insluitend om die ekskursie in Afghanistan te finansier. Betaal “van die boeke af” en weg van die normale begrotingsprosesse, die ware koste vir Amerikaanse huisgesinne – nou ‘n beraamde $75 000 per huishouding – is geheim gehou. Instede daarvan om inkomste te verhoog om vir die militêre operasies te betaal, het die regering belastings vir die rykes besnoei en $2 triljoen geleen, hoofsaaklik van oorsee.

Hierdie metodes om die oorlog te finansier, wat deur die Demokrate en Republikeine ondersteun is, is dieselfde as die bedrog, parasitisme en sosiaal destruktiewe vorme van spekulasie wat teenwoordig is in die Amerikaanse finansiële sisteem en Amerikaanse kapitalisme as ‘n geheel.

Dit is terwyl amptenare van albei partye sê daar is geen geld vir werk, goeie lone, opvoeding, goeie gesondheidsorg en ander belangrike noodsaaklikhede nie,

Hulle was bereid om groot bronne vir Washington se oorlogmasjien te kry – wat uiteindelik deur intense soberheidsmaatreëls vir die werkersklas betaal moet word.

Bilmes, wat dit van die hand wys dat daar enige kans is dat die einde van die oorloë in Irak en Afghanistan uiteindelik ‘n vredesdivident sal lewer, voorspel dat nog ‘n langtermyn gevolg van die oorlog sal wees “dat ‘n baie kleiner deel van ‘n reeds krimpende verdedigingsbegroting beskikbaar sal wees vir kern militêre funskies.” Sy stel voor dat die mediese koste en koste vir kompensasie sal waarskynlik tot ‘n vermindering in die aantal troepe lei en groter “belegging in onbemande wapens,” soos gewapende drone.

Die Obama administrasie het droon oorlogvoering dramaties uitgebrei, en het moordadige radio-beheerde bomaanvalle teen tandlose bevolkings in Afghanistan, Pakistan, Yemen, Somalië en elders geloods en het gesê die president het die reg om droon aanvalle teen Amerikaanse burgers te loods. Hierdie taktiese skuif sluit egter nie die moontlikheid uit dat Amerika oorloë kan loods wat nog meer sal kos as die in Irak en Afghanistan nie.

Inderdaad, die gemak wat die geniet wat die oorlog teen Irak en Afghanistan geloods het, en die onvermoë om hulle aanspreeklik te hou – in die eerste plek George W. Bush, Dick Cheney, Donald Rumsfeld, Colin Powell, Condoleezza Rice en George Tenet – maak nog sulke oorloë waarskynlik.

Die Obama administrasie het reeds ‘n oorlog vir regime verandering in Libië geloods en steun ‘n soortgelyke oorlog in Sirië, terwyl hulle Iran met militêre agressie dreig, en troepe ontplooi in Afrika en die sogenaamde ‘pivot’ na Asië uitvoer wat gepaardgaan met spanninge in Sjina.

Terwyl die werkersklas geen sê het in die besluit om oorloë in Irak en Afghanistan te loods nie en sal ook geen besluit aangebied word in enige nuwe oorloë nie, sal hulle die volle koste voel in die vorm van aanvalle op werksgeleenthede, lone en belangrike sosiale dienste, sowel as die dood en verminking van jong werkers wat gestuur is om hulle te beveg.

Die reuse bronne wat vermors is en die onberekenbare menslike swaarkry wat deur die VSA se opgeblase militêre en intelligensie raamwerk veroorsaak is wys die dringendheid daarvan om ‘n ware massa beweging teen militarisme en oorlog te bou. Dit kan slegs ontwikkel as ‘n onafhanklike sosiale en politieke beweging van die werkersklas wat gerig is teen die kapitalistiese sisteem.

Loading