Afrikaans

Klasse-oorlog in Europa

Die strafmaatreëls wat op Cyprus ingestel is beteken ‘n kwalitatiewe verdieping van die bourgeoisie se klasse-oorlog in Europa.

Onder voorwaardes wat deur die Troika ingestel is – die Europese Unie (EU), die Europese Sentrale Bank (ECB) en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) – is die $10 biljoen hulplening daaraan verbind om die ekonomiese grondslag vir lewe op die klein Meditireense eiland te verwoes. Hulle groot banke word toegemaak of herstruktureer, met belastings van soveel as 60% op depositos van meer as 100 000 Euro, om die ECB terug te betaal.

Dat dit ‘n plundery is deur die meer magtige dele van finans kapitaal word duidelik gemaak deur die uitgelekte ontwerp “memorandum van ooreenkoms” tussen die regering van Cyprus en die troika.

Gemerk “sensitief”, stipuleer dit dat Cyprus onmiddellik “strukturele hervorminge” moet implementeer, insluitend ‘n hoer aftree-ouderdom, die slagting van openbare sektor werksgeleenthede, uitgebreide privatisasie en ‘n vooruit plan vir die eksploitasie en “mark organisasie” van die land se natuurlike energie-bronne.

Dit moet ook “’n sisteem van loon indeksasie vergelykbaar” met die “kompeterendheid van die ekonomie” vestig. Onder omstandighede waar dit voorspel word dat BNP in Cyprus met 25% sal val oor die volgende twee jaar en werkloosheid verdubbel, sal dit barbaarse loonbesnoeiinge tot gevolg hê.

Wat veroorsaak sulke politiese kriminaliteit onder die heersende elite? Hul motiewe is uiteengesit deur Maria Damanaki, die Europese Kommissaris vir Griekeland in ‘n onderhoud met To Vima FM radio, toe die krisis in Cyprus begin het.

“Die strategie van die Europese Kommissie oor die laaste jaar en ‘n half of twee was om arbeidskostes af te bring in alle Europese lande om die kompterendheid van Europese maatskappye oor teenstaanders van Oos Europa en Asië te kan aanvat,” het sy gesê.

Hierdie basiese agenda is onderliggend aan die sosiaal destruktiewe hulppakette wat die EU toegepas het op Cyprus, Griekeland en lande regdeur Europa. As die EU gewillig is om hele lande te verwoes, is dit omdat hulle basiese agenda is om massas Europese werkers arm te maak, in die naam van die kompeterendheid van Europese kapitaal teen internasionale teenstaanders.

Die implikasie van Damanaki se gemaklike verwysing na die noodsaak om teen Sjina en Oos Europa te kompeteer is om die werkersklas te laat terugkeer na toestande wat nie sedert die 1930s gesien is nie, om die winste van die Europese finansiële aristokrasie te verhoog.

In Sjina wissel die amptelike maandelikse minimum loon van provinsie tot provinsie en tussen 60 Euro en 200 Euro per maand. Maar Oos Europa is nie ver agter nie, met die maandelikse minimum loon vasgestel as 157 Euro in Romenië, 159 Euro in Bulgarye, 312 Euro in die Tseggiese Republiek en 377 Euro in Poland.

Hierdie loonvlakke dui op armoede en is die gevolg van “skokterapie” wat deur Oos Europa in die 1990s toegepas is na afloop van die val van die Sowiet Unie en sy satelliet state.

In Oos Duitsland begin deur die Treuhand – die privatiserings-agentskap wat deur die vertrouelinge van Duitsland se groot korporasies en banke bestuur word – is die industriële en sosiale infrastruktuur van hierdie lande toegemaak of verkoop vir baie goedkoop.

Met miljoene werkloos is die streek omskep in ‘n goedkoop arbeids-reservoir vir trans-nasionale korporasies wat gretig was om ‘n teenwoordigheid te hê. Nou gebruik die hele Europese bourgeoisie die globale ekonomiese krisis om die Oos Europese “model” te vestig as die nuwe normaal op die kontinent.

Sowat 20 jaar na die likwidasie van die Sowiet Unie maak die heersers-elite geheim daarvan dat die uiteindelike gevolg sal wees stygende voorspoed in ‘n “sosiale Europa.” Instede daarvan word werkers se regte afgewys as ‘n struikelblok vir die kompterendheid van Europese kapitaal, en die regte moet op brutale wyse omgedraai word in a resies na die onderkant.

Hele lande word die ekviwalent van ‘n “mislukte state” verklaar, hulle ekonomieë geplunder en werkloosheid so hoog gedryf om die vlakke van super eksploitasie te bereik wat in Bulgarye gevind word.

Soos German Foreign Policy.com verlede jaar berig het, “In Griekeland tree die staatsbeheerde buitelandse handels-agentskap ‘Germany Trade and Invest (GTAI) as ‘konsultant’ op vir die ‘Hellenic Republic Asset Development Fund (HRADF)’ wat, sedert die einde van Maart al die eiendoms-titels op Griekse staatsbates besit en die verkoop daarvan voorberei.”

“Gebou rondom die German Treuhand,” “baat die HRADF van die ‘Duitse ervaring in die privatisering en herstruktureringsproses van die nuut gevormde Duitse state,’ volgens die Duitse Ministerie van Ekonomie,” het dit geskryf.

Dieselfde patroon waar planne gemaka word vir spesiale ekonomiese sones, privatiseringsagentskappe en omvattende arbeidshervorminge en welsyns-besnoeiinge, is te vinde in Spanje, Portugal en elders.

As gevolg hiervan het die Conference Board, ‘n konferensie groep, in Januarie verslag gedoen dat eenheid arbeidskoste – wat werkers se sosiale regte soos pensioene en kompensasie takseer – het “getuimel” in hierdie lande tussen 2011 en 2012, en met soveel as 10 persent in Griekeland.

Dis egter net die begin. In Griekeland, waar die minimum loon laasjaar met 25 persent tot 510 Euro per maand vir onder 25-jariges en 740 Euro vir ander gedaal het, dring sakeleiers openlik aan op besnoeiinge tot 250 Euro per maand.

Dit is hierdie dryfkrag om werkers se lone en werksomstandighede te verwoes wat wys hoekom die EU so meedoënloos met Cyprus was. Dit word bedoel as ‘n waarskuwing deur Europa se heerserselite dat niks hulle sal stop om hul doelstellings te bereik nie.

Dat hulle so vry kan voel om op te tree sonder oorweging is die verantwoordelikheid van die vak-unies en die pseudo-linkse groepe, soos SYRIZA in Griekeland, wat funskioneer as die mees vokale politieke voorstaanders van die EU en om enige politieke teenkanting onder die werkersklas te onderdruk. Hierdie organisasies, wat ‘n bevoorregte stratum van die bo middelklas verteenwoordig, het ‘n beskermde belang daarby om Europese kapitaal in staat te stel om die oorhand oor hul teenstaanders te kry.

Die sosiale teenrewolusie wat onderweg is in Europa kan slegs deur die metode van klassestryd oorwin word. Alles hang af van die ontwikkeling van ‘n samehorige aanslag teen die EU regoor die kontinent, en ook teen die betrokke regerings en hul politieke apologete in die geveg vir ‘n United Socialist States of Europe.

Loading