Afrikaans
Perspective

’n Storie van twee stede

Die bomaanvalle in Boston van 15 April domineer steeds die Amerikaanse media. Die twee ontploffings naby die einde van die stad se jaarlikse marathon het drie mense doodgemaak en meer as 170 beseer, waarvan baie ernstig.

Maar ‘n meer dodelike en destruktiewe ontploffing, die een by die West Fertilizer Company aanleg in die landelike dorp van West, Texas, maak omtrent gladnie meer nuus nie. Die gebeurtenis, wat lyk asof dit ‘n industriële ongeluk was wat gewag het om te gebeur, het 14 mense gedood en 200 beseer, sommige krities. Dit het omtrent ‘n vyf-blok woongebied langs die aanleg platgevee, oor die 50 huise is plat, ‘n woonstelblok is platgeslaan en ‘n middel skool en ouetehuis is beskadig.

Die voorwendsel vir die de facto staat van beleg wat op die Bostonse metropolitaanse area opgelê is – ‘n ongeëwenaarde vaslegging van ‘n VSA stad deur die weermag en polisie – was die veronderstelde behoefte om die bevolking te beskerm. Maar eerder as om die mobilisering van duisende troepe, polisie en ontplooiing van gepandserde voertuie en Blackhawk helikopters – alles om een 19-jarige jeugdige te jag – te bevraagteken, doen die media alles moontlik om vrees aan te wakker en om ‘n oefening in polisie-staat beheer te verheerlik.

TV kommentators het asemloos die nodelose en onwettige huis-tot-huis soektogte geprys en het die dood van een verdagte en die in hegtenisneming van die ander gevier en aangedring dat die skuldiges aanpreeklik gehou word vir hulle misdaad. Politici van President Obama na onder het deelgeneem, met Obama wat ‘n laatnag verklaring uitgereik het om krediet te neem vir die vang van die vermeende bommer, Dzhokhar Tsarnaev.

Maar daar is geen so bekommernis om die wat verantwoordelik is vir die ontploffing in West in Texas, verantwoordelik te hou nie. Daardie tragedie word alreeds behandel asof dit net nog ‘n industriële ongeluk is in ‘n land waar omtrent 4 miljoen werkers elke jaar beseer word en meer as 4 600 van werkverwante ongelukke in 2011 gesterf het.

Die Wit Huis het Dinsdag aangekondig dat Obama by ‘n gedenkdiens vir die slagoffers van die kunsmis-aanleg ontploffing wat Donderdag by Baylor Universiteit in die nabygeleë Waco, Texas plaasvind. Die tydsberekening is gerieflik, want die president was alreeds geskeduleer om Woensdag-aand in Dallas, Texas ‘n fondsinsamelingsgeleentheid te hou en om Donderdag ‘n toewydingseremonie vir die George W. Bush biblioteek in Dallas by te woon.

Die onverskilligheid van die media en politici teenoor die dood en verminking van werkers deur maatskappye wat veiligheids- en gesondheids-regulasies ignoreer, en regerings-agentskappe wat nie beide die bronne of begeerte het om die regulasies af te dwing nie, beklemtoon die bedrog van die oënskynlike besorgdheid vir die mense van Boston.

Dieselfde dag wat Obama ‘n verskyning maak by Baylor om krokodiltrane te stort vir die slagoffers van die West, Texas ontploffing, sal hy eer betoon aan ‘n man, sy voorganger in die Wit Huis, wat federale veiligheids- en gesondheids-agentskappe ontman het en ‘n belied van “vrywillige self-nakoming” ingestel het, d.w.s. ‘n oop uitnodiging vir eienaars om regulasies te ignoreer, wat ookal die koste verbonde aan die lewens en liggame van hul werknemers.

Obama het self die dekade lange twee party beleid gevolg om beroeps-gesondheid en veiligheids afdwinging te ondermyn in die belang van korporatiewe wins. Sy nuwe begroting doen ‘n beroep vir ‘n besnoeiing in nakoming bystand programme wat deur die Occupational Safety and Health Administration (OSHA) uitgevoer word. Selfs meer problematies is die 8 persent besnoeiing aan die agentskap se begroting as gevolg van die sekwester besnoeiinge wat Obama wet gemaak het in Maart.

OSHA en ander federale agentskappe, soos die Chemical Safety Board, het hopeloos te min personeel. Tussen OSHA en staats-agenstkappe is daar slegs 2 200 inspekteure verantwoordelik om die veiligheid van 130 miljoen VSA werkers te verseker. OSHA het 37 inspekteure vir elke miljoen werkers. Vandag is daar slegs 22, ‘n verlaging van meer as 40 persent. As gevolg daarvan het OSHA die inspeksie van werksplekke laat vaar.

Potensiële tyd bomme soos die West Fertilizer aanleg breek veiligheids reels gereeld en word of nie ondersoek nie of word nou en dan boetes opgelê. Die uitgebreide kunsmis stoor- en handels-fasiliteit bevat 540 000 pond se plofbare ammoniumnitraat, die materiaal wat deur Timothy McVeigh gebruik is om die federale gebou in 1995 in Oklahoma Stad te bombardeer. Dit is 1 350 keer die hoeveelheid wat veronderstel is om toesig deur die Departement van Tuisland Sekuriteit te ontketen. Die aanleg stoor ook 110 000 pond se plofbare watervrye ammoniak.

Oor die laaste dekade is die aanleg beboet vir veiligheids-oortredings en om sonder ‘n permit sake te doen. Die aanleg het geen outomatiese afskakelingsisteem, geen vuurwalle en geen nood bestuursplanne nie. Die laaste keer wat die OSHA die aanleg besoek het was in 1985, toe die agenstkap “ernstige oortredings” gevind het en die eienaars met $30 beboet het.

Daar is omtrent 6 000 sulke kunsmis handelsentrums landwyd, volgens die Fertilizer Institute.

Daar is beide ekonomiese en politieke redes vir die reuse verskil tussen die houdings van die staat en die media tot die gebeure in Boston en West Texas. Ekonomies is die staat toegewyd daaraan om privaatbesit te beskerm en om industrie te beheer en om enige maatreëls teen te staan wat inbreuk maak op die “reg” van eienaars om werksomstandighede voor te skryf en winste te vermeerder.

Polities streef die heersersklas ‘n agenda na in Boston wat vrees en angs saai om die publiek te disorienteer, en om die aandag weg te neem van hul aanval op die werkersklas se lewensstandaarde, en om ‘n beleid van militarisme en oorlog te regverdig, en dit word alles onder die vaandel van die “oorlog op terreur” uitgevoer.

Dit word beïnvloed deur vrees vir toenemende sosiale onrustigheid en die haglike stand van globale finansiële markte, wat nog ‘n finansiële ineenstorting en die uitbreek van massa sosiale stryde tot gevolg kan hê. Dit is ter voorbereiding van sulke gebeure dat dit diktatoriale vorms van beheer beplan, soos die wat verlede week in Boston getoets is.

Loading