Afrikaans
Perspective

Die Boston bomaanvalle en die wortels van terreur

Binne dae na die bomaanval in Boston het massiewe teenstrydighede na vore gekom in die amptelike weergawes wat deur die Obama administrasie, die FBI en ander staatsagentskappe oor die wyse waarop die terroriste aanval plaasgevind het, gegee is.

Soos in soveel vorige gevalle was die individu wat waarskynlik die hoof organiseerder van ‘n terroriste daad was, welbekend aan die FBI. In 2011 het Russiese intelligensie die agentskap laat weet dat Tamerlan Tsarnaev, wat verlede week dood is na ‘n skiet-uit met die polisie, daarvan verdink was dat hy noue bande met gewapende radikale Islamiste in Noordelike Kaukasië gehad het.

Die FBI sê nou dat hulle Tsarnaev, ‘n inwondende vreemdeling en Russiese burger, ondersoek het, maar dat hulle geen inkriminerende bewyse gevind het nie, en niks meer van hom te wete gekom het tot na die 15 April bomaanval nie.

Tuisland Sekuriteit minister Janet Napolitano het Dinsdag op Capitol Hill getuig dat toe Tsarnaev die VSA vir ‘n ses maande besoek aan Kaukasië in 2012 verlaat het, het dit die department van Tuisland Sekuriteit se sisteem “gewaarsku”, maar toe hy teruggekeer het, het niemand dit opgemerk nie want die ondersoek na sy aktiwiteite het reeds verval.

Daar is baie moontlike verduidelikings vir hoe iemand wat onder FBI ondersoek geplaas is as ‘n moontlike militante Islamiet ‘n bomaanval in die hartjie van ‘n VSA stad kon uitvoer, en drie mense gedood en 170 beseer het. Die een wat die minste geloofwaardig is, en as ‘n leuen en dekmantel verwerp kan word, is die FBI se aanname dat die verdagte eenvoudig onder hul radar geval het.

Die moeder van die twee broers het direk die FBI se storie weerspreek, en het verslag gedoen dat Tamerlan in gedurige kontak met die agentskap was vir tussen drie en vyf jaar en dat hulle “elkeen van sy stappe beheer” het.

Russiese polisie-bronne het die FBI se aanname weerspreek dat hulle niks inligting van Moskou ontvang het nie, want hulle het verslag gedoen dat hulle ‘n dossier oor Tamerlan verskaf het.

Te midde van die self-gelukwensings vir die polisie agentskappe wat Boston verlede Vrydag onder ‘n staat van beleg geplaas het voordat Tsarnaev se 19-jarige broer Dzhokhar gevang is, is daar ‘n groeiende dromslag van kritiek oor ‘n “intelligensie mislukking” deur die FBI. Die VSA se senaat en die Huis se intelligensie komitees het Dinsdag vergaderings agter geslote deure gehou oor die FBI se hantering van die 2011 ondersoek na die aktiwiteite van Tsarnaev.

Daar is geen rede as om enige iets anders as ‘n verdoeseling van hierdie vergaderings te verwag nie. Mens moet slegs in aanmerking neem dat die FBI se direkteur is Robert Mueller, wat dieselfde pos op 11 September 2001 gehad het. Waarskynlik die grootste intelligensie mislukking in die geskiedenis van die Verenigde State, nie 9/11 of enige van die verhore wat daarop gevolg het, het daartoe gelei dat Mueller of enige ander senior VSA intelligensie, militêre or regerings-amptenaar hul poste verloor vir “die mislukking om die storie saam te voeg” nie.

‘n Aantal van die wat betrokke was by die 9/11 aanvalle was onder waarneming deur die FBI en CIA. Die CIA was bewus daarvan dat twee van die skakers die VSA binnegegaan het, maar het doelbewus die inligting van ander agentskappe weggesteek. Elemente binne die FBI het op ‘n ondersoek na die verdagte aktiwiteite van Saudi en ander Arabiese burgers wat by vliegskole in die VSA afgerig is aangedring, maar niks het daarvan gekom nie.

Niemand van die wat die amptelike ondersoeke van 9/11 gedoen het, het enige belang daarby gehad om te diep na hierdie verbindings te speur nie omdat hulle bang was wat dit sou blootstel.

Omtrent elke terreur saak in die VSA sedert 9/11 het die FBI se vingerafdrukke daarop gehad, en die Boston bomaanval is geen uitsondering nie. Die federale polisie agentskap het aan oneindige ondergrondse operasies deelgeneem, en het hoogs betaalde informante gebruik om moskees en immigrante gemeenskappe te deursoek, en het mense in komplotte gevang wat sonder die FBI se inmenging nooit die inspirasie of vermoëns sou gehad het nie.

In die geval van Tamerlan Tsarnaev het hulle die ideale kandidaat vir so ‘n ondergrondse operasie gehad.- daar word nou berig dat hy uit sy moskee gegooi is omdat hy militante stellings gemaak het. Maar hulle het vermoedelik die saak laat vaar omdat daar ‘n gebrek aan getuienis was. Hierdie aanname het geen geloofwaardigheid nie.

Na afloop van die bomaanval het die FBI se vrystelling van fotos van die Tsarnaev broers, en ‘n versoek vir “wenke” van die publiek, tot ‘n berekende dekmantel beloop. Die FBI is nie die Keystone polisie nie. Indien hulle geen vooraf kennis van die planne van die Tsarnaevs gehad het nie, het hulle presies geweet wie die individue is toe hulle hulle op die videos gesien het.

Nou is daar ‘n tasbare gevoel van senuagtigheid in regeringskringe. Voordat ‘n ware ondersoek begin het word die storie gesirkuleer dat die broers sonder bystand opgetree het. Binne die Obama administrasie is daar skynbaar ‘n daadwerklike poging om enige skade van nuwe onthullings te beperk.

Daar is ‘n aantal verduidelikings vir wat gebeur het nadat die FBI die versoek van Moskou ontvang het. Een is dat Tsarnaev ‘n pas gegee is omdat hy gesien is as ‘n bate om inligting oor Islamitiese groepe te win of om die VSA se donker operasies ter steun van separatisme in suidelike Rusland te help. Sommige bronne sê hy het teen sy hanteerders gedraai, soos baie voorheen gebeur het – die dood van vyf CIA amptenare in Afghanistan deur ‘n dokter van Jordanië wat Al Qaeda moes infiltreer, is een voorbeeld.

Een ding is seker, terrorisme is altyd verbonde aan die kriminele buitelandse beleid van Washington, wat die vorm aanneem van ‘n eindelose gevolg van roekelose, aanvallende en geweldadige ingrypings regoor die wêreld.

Die 11 September aanvalle het self hul wortels gehad in die besluit van die Carter administrasie aan die einde van die 1970s om ‘n Islamitiese opstand in Afghanistan te steun om die Sowiet gesteunde regering omver te werp, en Washington se besluit om daarna die majahideen te verwerp wat hulle voorheen as vryheidsvegters beskou het.

Die geskiedenis herhaal homself in die ingewikkelde en langdurige verhouding tussen VSA imperialisme en Al Qaeda. In beide Libië en Sirië het Washington Al Qaeda magte gebruik in oorloë vir regime verandering teen sekulêre Arabiese regerings.

In Libië, toe Gaddafi omvergewerp en vermoor is, het die VSA gepoog om hierdie magte te onderdruk, wat gelei het to die bloedige aanval op die VSA konsulaat in Benghazi wat die lewens van die VSA ambassadeur en drie ander Amerikaners verlede 11 September geëis het. In Sirië brei hulle voor om dieselfde ding te doen, en werk hulle om ‘n koalisie van gematigdes saam te stel om die al Nusra Islamiste te marginaliseer, wat tot nou toe die gevegte gelei het. Dit alles saai die saad vir meer terrorisme.

Onskuldige bystanders, of dit nou in Damaskus, Kaboel, Bagdad of Boston is, betaal uiteindelik die verskriklike prys vir hierdie VSA operasies, wat oral ‘n spoor van bloed en rampspoed los.

Loading