Afrikaans
Perspective

Die Israeliese aanvalle op Sirië

Israel se bomaanval op die Damaskus Internasionale Lughawe Donderdagaand en teikens van die Siriese weermag regoor Damaskus gisteroggend is moedswillige en onwettige oorlogsdade, gesteun deur Washington en hul Europese bondgenote as deel van die stygende kampanje teen Sirië.

Die Russiese media het verslag gedoen dat 300 Siriese soldate doodgemaak is en honderde meer gewond is slegs in Sondag se aanvalle.

Israel se magte het effektief opgetree as lugsteun vir die VSA-gesteunde Islamitiese militias rondom Damaskus. Die opposisie Damaskus Militêre Raad het Sondag kort na die bomaanvalle ‘n verklaring uitgereik en ‘n beroep gedoen op hul vegters om hul verkille by te lê en om gefokusde aanvalle op Siriese troepe te loods.

Die aanvalle kom te midde van ‘n debat in Washington oor hoe die Obama administrasie hul oorlog in Sirië behoort te eskaleer, gegewe die feit dat hulpmagte nie die Siriese regime omver kon werp nie. Die New York Times het Sondag dit as die “mees dringende buitelandse beleid kwessie van (Obama) se tweede termyn” beskryf.

Die metodes wat oorweeg word getuig van ‘n polities kriminele karakter van die onderneming. Dit sluit in om of meer wapens aan die VSA ondersteunde opposisie te gee, wat deur die Al Qaeda Al Nusra Front gedomineer word, of om regstreekse oorlog deur die VSA te ontketen. Die tweede opsie sluit VSA aanvalle op Siriese lugvaartuie en lugverdediging in om ‘n “geen vlieg sone” binne die land te vestig, of om Sirië binne te val met VSA troepe wat in Jordanië of Turkye gebasseer is.

Daar is elke aanduiding dat die Israeliese aanvalle ‘n oefening was vir moontlike VSA lugaanvalle op Sirië. Die VSA en Europese amptenare het egter na bewering samesprekinge gehou om aanvalle te loods om ‘n geen vlieg sone te vestig, maar Washington het dusver dit nie gedoen nie omdat hulle bekommerd is oor Sirië se lugverdediging-sisteme.

Die VSA Senator Patrick Leahy (Demokraat van Vermont) het op NBC News se “Meet the Press” gesê dat die Israeliese aanvalle met F-16 vegvliegtuie uitgevoer is wat deur die VSA verskaf is en dat hulle bewys het dat die “Russies verskafde lugverdediging-sisteme nie so goed is as wat gesê is nie.” Op dieselfde program het NBC se korrespondent Andrea Mitchell gesê dat ‘n geen vlieg sone meer waarskynlik voorkom na afloop van die aanvalle.

Die Obama administrasie het spoedig hulle stempel van goedkeuring op die Israeliese aanvalle gesit. VSA amptenare het sonder bewys beweer dat Donderdagaand se aanval ‘n vrag Iranese missiele geteiken het aan die Lebanese Shiite organisasie Hezbollah, ‘n bondgenoot van die Shiite regime van die Siriese president Bashar al-Assad. VSA gesteunde opposisie bronne het gesê die massiewe ontploffings wat Damaskus Sondagoggend geskud het was aanvalle wat gemik was op Siriese weermag bassise en die Jamraya militêre fasiliteit, wat na bewering chemiese wapens ontwikkel.

Van Costa Rica, waar hy op ‘n drie daagse toer van Latyns Amerika was, het Obama gesê: “Die Israelis moet met reg daarteen waak teen die oordrag van gevorderde wapens na terroriste organisasies soos Hezbollah … Ons koördineer met die Israelis, en dat hulle baie naby aan Sirië is, en baie naby aan Lebanon.”

Soos die leuens wat gebruik is om die VSA se inval van Irak te regverdig is die rasionalisasies vir oorlog teen Sirië wat aan die publiek gebied word ‘n mengsel van ongesubstansieerde aantygings en leuens. Aannames dat daar getuienis is dat Assad chemiese wapens gebruik – gebasseer op aantygings dat opposisie vegters die giftige senuwee gas sarin gevind het of daardeur vergiftig is – is, is vals. Soos een Britse amptenaar gister erken het, “Dit is steeds heeltemal onduidelik wie die goed gebruik het, in watter hoeveelhede en tot watter effek.”

Die VSA se reaksie tot die Israeli aanvalle maak egter een ding duidelik, dat na die oorloë in Irak en Afghanistan, Washington weer daarna beweeg op ‘n grootskaalse imperialistiese oorlog te begin, hierdie keer teen Sirië. Die gevolge daarvan om so ‘n oorlog te loods sal selfs erger as Irak wees.

Die VSA se proxy oorlog in Sirië het reeds die Midde Ooste aan die brand. Dit is daarop gemik om Sirië se hoof internasionale bondgenoot, olie-ryk Iran, te isoleer en intimideer, en dit kry dit net reg om Hezbollah in die geveg betrokke te kry en het gelei tot die uitbreek van burgeroorlog in Irak, waar Sunni sektariese magte met bande met Al Nusra die Shiite regering beveg.

Deur die oorlog in Sirië uit te brei, dreig Washington om ‘n breë streeks-konflik te ontketen wat – indien die Assab vennote Rusland of China betrokke raak – ‘n globale konflik kan ontketen.

Die VSA se oorlogsdrif teen Sirië, wat tien jaar na die inval op Irak uitgevoer is, getuig van die bankkrot aard van Amerika se demokrasie. Washington loods weer ‘n oorlog om imperialistiese belange na te streef, en wys minagting vir die populêre teenkanting teen die oorlog in die VSA en Midde Ooste. Opnames toon dat 62 persent van Amerikaners darateen is om Islamitiese opposisie te bewapen; en soortgelyke en selfs groter meerderhede in die Midde Oosterse lande is gekant tene ‘n proxy oorlog deur die VSA.

Die Israeli aanvalle het ook die leuens van ondersteuners van die Siriese opposisie uitgewys, soos die van Gilbert Achar van die pseudo-linkse United Secretariat, wat onlangs kritiek van die imperialistiese betrokkenheid in die Siriese oorlog as ‘n “soort samesweringsteorie” beskryf het. Omdat hulle die 2011 NAVO oorlog om van Kolonel Muammar Gaddafi ontslae te raak gesteun het, het die pseudo-linkse front hul aktiwiteite as propogandiste vir imperialistiese oorloë vir regime verandering vergroot, wat in tandem met regsgesinde sektariese elemente en reaksionêre streeksmagte gedoen word.

Sirië was reeds vir meer as ‘n dekade Washington se kruis, vanweë hul bande met Iran en magte soos Hezbollah. Met die huidige oorlog poog die VSA om ‘n protektoraat in Sirië te vestig wat geheel en al onderdanig aan VSA beleid sal wees.

Daar is omtrent geen populêre steun vir ‘n nuwe oorlog in die Midde Ooste binne die VSA nie, waar dieselfde heersers-elite wat oorlog in die buiteland voer daarby betrokke is om ‘n genadelose aanval op die werkersklas tuis te loods. Die dryfveer vir oorlog in Sirië skep toestande vir ‘n plofbare konflik tussen anti-oorlog sentimente in die werkersklas en die toenemend meer roekelose planne vir militêre plunder van die heersers-elite.

Loading