Afrikaans
Perspective

Detroit se noodbestuurder rig ‘n uitdaging

Met die vrystelling van sy Finansiële en Bedryfsplan Maandag het Detroit se noodbestuurder, Kevyn Orr, die uitdaging aan die werkersklas gerig. Hy gebruik die dreigement van bankrotskap as hefboom en daarmee doen Orr ‘n beroep vir ‘n wrede aanval op ‘n bevolking wat alreeds deur werkloosheid, verlaagde lone en armoede geteister word.

Detroit is in die front linie van ‘n nasionale en internasionale strategie van die korporatiewe en finansiële elite, waarby toenemend diktatoriale metodes gebruik word om onpopulêre maatreëls deur te voer.

Agter die onbeduidende frases oor om die “stad se operasies te stroomlyn” en “die herstrukturering van die stad se langtermyn skulde” lê ‘n streep-en-brand beleid. Gesondheidsversekering vir 28 500 aktiewe stadwerkers sal besnoei word of geheel en al uitgeskakel word. Verdere besnoeiinge in lone sal eensydig ingestel word. Enige winsgewende stadsbates of dienste sal verkoop word.

Onder die bates “op die tafel”, volgens Orr, is die Departement van Vervoer, Detroit Public Lighting, en die Water en Riool Departement. Die brandbestrydingsdepartement, wat geweldig onder-befonds is, gaan daarna kyk om dienste te “deel” of “uit te kontrakteer” om geld te in. Die helfte van die stad se straatligte gaan afgehaal word. Die afbreek van huise gaan bespoedig word as deel van die pogings om Detroit kleiner te maak en hele woonbuurte ongedaan te maak.

“Die stad se noodbestuurder gee aan inwoners en stadswerkers die inligting dat wat aan die kom is nie mooi of pynloos is nie,” het die Detroit News Dinsdag gespog. “Sekere dienste sal op ‘n nuwe manier gelewer word, waarskynlik deur privaat kontrakteurs en baie van die juwele … sal of verkoop word of in streeksowerhede verander word … Detroit kan nie beksotig om beloftes van die verlede na te kom nie.”

In die 1980s is ‘n tipe samesmelting in die VSA ontwikkel, die sogenaamde hefboom vir uitkoop, waarvolgens spekulante ‘n maatskappy oorgeneem het, met skuld belaai het, lone en voordele besnoei het, groot dele van die werksmag afgedank het en winsgewende bates verkoop het. Deur hierdie besondere vorm van parasitisme is massiewe bronne na die banke en finansiële markte gestuur, terwyl die bekomde maatskappye ‘n skadu van hul vorige self is en reg is vir likwidasie.

‘n Soortgelyke proses word nou in Detroit ingestel, met bankrotskap prokureur Orr wat die dubbele rol speel van bate-stroper en finansiële diktator – teen ‘n goeie slaris van $275 000.

Dit lyk waarskynlik dat watter maatreëls Orr ookal oor die komende maande gaan instel gaan gevolg word deur munisipale bankrotskap, met Detroit wat die Amerikaanse stad sal word met die meeste skuld om vir bankrotskap aansoek te doen. Orr het gesê hy sal ‘n besluit oor bankrotskap binne ses weke neem, met die uiteinde wat daarvan afhang van hoeveel hy kan besnoei binne die tydsraamwerk.

Orr, ‘n lewenslange Demokraat wat deur Michigan se Republikeinse Goewerneur Rick Snyder aangestel is en ten nouste met die Demokratiese Staatstesourier Andy Dillon saamwerk, het bykans onbeperkte magte. Sy voorstelle is nie onderworpe aan openbare debat nie.

“Hierdie is nie ‘n volkstemming nie, en ons onderhandel nie die besonderhede van die plan nie,” het hy verklaar. Die bevolking van die stad, wat geen seggenskap in sy aanstelling gehad het nie, kan hom nie uit sy amp verwyder nie. Hy kan op eensydige wyse arbeidskontrakte verander en het die mag om enige stadsamptenaar af te dank of aan te stel.

Daar is oorweldigende teenkanting teen hierdie maatreëls, maar hierdie teenkanting het geen politieke uitlaatklep nie en geen uitdrukking in die media nie. Demokratiese en Republikeinse politici steun almal Orr se soberheidsagenda. Die vak-unies se leiers wil graag met hom saamwerk, solank hulle ‘n rol kan speel om toegewings van die werkersklas te bekom en om skuld van werkers te bekom wat vasgevang is binne hierdie regse organisasies.

Die situasie in Detroit is ‘n produk van die die krisis in Amerikaanse kapitalisme en die wrede maatreëls wat deur die heersersklas onderneem is in reaksie op die krisis. Die stad, die historiese sentrum van die VSA se motorbedryf, het eens die hoogste per kapita inkomste in die land gehad. Nou is die werklike werkloosheidsyfer sowat 50 persent, terwyl die kinder armoede vlak 60 persent bereik het.

Oor die laaste vier dekades het die verval van Amerikaanse kapitalisme gepaard gegaan met die opkoms van die finansiële aristokrasie wie se verhouding met die samelewing basies parasities is. Toenemend het die welvaart van die heerserklas gekom van spekulasie en swendelary en nie produksie nie. Honderd duisende motor en ander vervaardigingswerk is uitgewis in hierdie periode, en lone is, in ware terme, nou op die vlak waar dit in die 1930s was.

Onder die rigtingwysing van die Obama administrasie is onbeperkte bronne beskikbaar gestel aan die banke, terwyl stede en skool distrikte sonder fondse sit. Die aandele markte het tot rekord hoogtes geklim, terwyl die lewensstandaard van die meerderheid van die mense afgeneem het.

Detroit se nood finansiële plan is die jongste stadium van hierdie proses. Die politieke vorm wat met hierdie sosiale dinamiek gepaard gaan is diktatorskap. Demokrasie is nie versoenbaar met die vlakke van sosiale ongelykheid wat in die VSA voorkom nie.

Wat in die stad gebeur is deel van ‘n internasionale proses. Dieselfde maatreëls word deur Europese banke en Internasionale Monetêre Fonds ingestel, wat depressie vir Griekeland, Spanje, Italië, Cyprus en ander lande beteken.

In Europa is regerings deur banke ingestel en hele lande is onder ekonomiese bestuur geplaas deur die Europese Unie. Hierdie aanvalle is geloods ongeag massiewe populêre opposisie. Hiervoor het die heersersklas die vak-unies en hul bondgenote in die verskeie pseudo-linkse organisasies te bedank. Hierdie organisasies het sistematies gewerk om teenkanting van die werkersklas teen te werk.

Vir die heersersklas is Detroit ‘n toets-geval. Die werkersklas moet dit na die beginpunt van ‘n teen-offensief maak.

Die Socialist Equality Party het D’ Artagnan Collier as kandidaat vir burgemeester van Detroit in Augustus se verkiesings. Die SEP beplan om sy verkiesingskampanje te gebruik om die werkersklas te mobiliseer om die noodbestuurder uit te gooi en die diktatorskap van die banke te beeïndig. Dit is ‘n kampanje wat teen die hele politieke establishment en beide groot sake partye gerig is, asook die kapitalistiese sisteem wat hulle ondersteun.

Dit is gebasseer op die verstandhouding dat slegs die onafhanklike sosiale en politieke mobilisasie van die werkersklas volgens ‘n sosialistiese program die planne van die finansiële aristokrasie ongedaan kan maak.

Die kampanje sal die werkersklas nie net in Detroit aanspreek nie, maar oor die hele land en aan werkers oor die wêreld. Ons moedig werkers en die jeug in Detroit en verder daarbuite aan om hierdie kampanje te ondersteun en om by die Socialist Equality Party aan te sluit.

Om die SEP te kontak, kliek hier.

Loading