Afrikaans
Perspective

Die sosiale ramp in Tornado Alley

Die onmiddellike oorsaak van die ramp wat vandeesweek by Moore in Oklahoma voorgekom het was natuurlik in karakter: ‘n massiewe tornado met winde van meer as 200 myl per uur. Maar met so baie soortgelyke gebeure in Amerika was die gevolge vererger deur sosiale en ekonomiese toestande.

Ten minste 24 mense is dood en 240 beseer. Onder die dooies was daar tien kinders. Die sterftes kon verhoed word – die direkte produk van ‘n gebrek aan infrastruktuur en veiligheidsbeskerming in wat bekend is as “Tornado Alley”.

As daar enige stad is in die Verenigde State waar noodmaatreëls geneem moes word om teen tornadoes te beskerm is dit Moore. Die stad is miskien die bekendste vir sy herhaalde botsings met tornadoes. In 1999 is die sterkste tornado nog naby die aarde se oppervlak gemeet in dieselfde area toe 42 mense dood is.

Die feit dat veertien jaar later niks gedoen is om inwoners te beskerm nie is ‘n misdaad waarvoor die politieke establishment geblameer moet word.

Die tegnologie bestaan reeds om tornado bestande strukture en veilige huise op te rig, sowel as om huise te bou wat meer bestand teen die elemente is. Byvoorbeeld, meer as twintig mense is gered in Moore nadat hulle skuiling in ‘n bank se kluis gesoek het. Die kluis het bly staan maar die hele res van die bank het weggewaai.

‘n Wooneenheid kan gebou word vir sowat $8 000. ‘n Veilige kamer in ‘n openbare plek soos ‘n skool kan vir $1.4 miljoen gebou word. Maar slegs ‘n klein minderheid huise het hierdie strukture, en net 100 van Oklahoma se skole. As gevolg daarvan is twee dosyn mense dood, insluitend sewe kinders wat skuiling gesoek het in die Plaza Towers Elementary.

Net een van Oklahoma se sewe biljoenêrs kan vir die installasie van veilige kamers met sy kleingeld betaal. Harold Hamm (netto bates van $11.3 biljoen) het $1 miljoen geskenk aan die presidensiële kampanje van Mitt Romney. Tulsa se George Kaiser (netto bates van $10 miljoen) was ‘n fonds insamelaar vir die Obama verkiesingsveldtog.

Die VSA se oorloë in Irak en Afghanistan het na raming $6 triljoen gekos. Die prys van ‘n enkele aanvallende of sogenaamde Preadtor droon wat by die Afgani grens gebruik word is $4 miljoen en kon die studente wat dood is beskerm.

Vyf jaar na die ekonomiese krisis wat deur die spekulatiewe aktiwiteite in die finansiële sektor begin is oorhandig die Obama administrasie elke maand $85 biljoen aan die weddersklas. ‘n Enkele dag se uitbetalings sal meer as genoeg wees vir Oklahoma se skade van $2 biljoen.

Na Obama se oppervlakkige opmerkings beweeg die administrasie vinnig na meer belangrike aangeleenthede, soos om massiewe besnoeiinge aan sosiale programme aan te bring. Federale steun sal baie minder wees en plaaslike amptenare sal nou die herstel operasies moet stuur. FEMA se reeds karige begroting is met nog $1 biljoen besnoei na aanleiding van die federale sekwestrasie bevel wat Obama in Maart onderteken het.

Terwyl die wit huis gegryp het na die kans om ‘n gemilitariseerde polisie-mag te mobilisser in Boston tydens die marathon verlede maand, is hulle nie in staat daartoe of is onwillig om ‘n betekenisvolle hulpverlening in nood areas.

Die media het sover dit verhoed om dit enigsens te noem dat ongelykheid die sosiale toestande wat betsaan tot gevolg gehad. Nadat ‘n beduidende aantal menslike belang stories geskryf is sal die storie uiteindelik laat vaar word.

‘n Hersiening van Obama se rekord maak dit duidelik dat die slagoffers van die tornado laat vaar word nadat die nuusmense nie meer daar is nie.

Die Washington Post het Woensdag berig dat ses maande nadat die Ooskus aangeval is deur Orkaan Sandy, wag driekwart van die klein sake wat deur die orkaan geraak is steeds vir federale hulp. Slegs vyftine persent van fondse wat vir leneings goedgekeur is, is betaal.

In 2011 het ‘n massiewe tornado in Joplin, Missouri 162 mense doodgemaak, insluitend baie wie se mobiele huise deur die winde verwoes is. Vrywilligers het die herbou proses gedra. Vir skade wat sowat $3 biljoen beloop het, het die stad slegs $500 miljoen ontvang, baie daarvan inj die vorm van lenings. Amptenare van Joplin het vir veilige huise toelae aansoek gedoen, maar die karige FEMA hulp is reeds op vloedhulp gespandeer. Duisende families wat nie versekering gehad het nie of huurders het alles verloor.

Net verlede maand is West, Texas uitgewis deur ‘n massiewe ontploffing by ‘n kunsmis fabriek, en 15 is dood. Obama het die gewone beloftes van hulp aangebied. Maar FEMA het slegs ‘n herstel-sentrum oopgemaak op 4 Mei. Op 18 Mei het hulle toegemaak.

New Orleans, wat verwoes is deur Orkaan Katrina sowat agt jaar gelede, het 20 persent minder inwoners as voor die storm. Die politieke en korporatiewe elite het die ramp gebruik om dele van die stad wat deur arm mense bewoon is skoon te maak en om die openbare skool sisteem en ander infrastruktuur te privatiseer.

Die finansiële oligargie se houvas op sosiale lewe verseker dat tragedies soos die een by Moore homself sal herhaal.

Wat vereis word is ‘n sosiale reaksie. Die Socialist Equality Party doen ‘n beroep vir ‘n nood openbare werke program in Oklahoma Stad en ander areas wat deur die ramp geraak is. So ‘n program sal insluit die onmiddelike inspuiting van hulp om oorlewendes gesond te kry, infrastruktuur, huise en sake te herbou.

Sosiale infrastruktuur, insluitend die wetenskaplike monitering en waarskuwingsisteme, moet baie verbeter en uitgebrei word. Elektriese roosters moet ondergronds herbou word waar tornadoes voorkom. Sentrale beplanning sal veilige en ordentlike huise vir almal verseker, met veilige kamers en skuilings in alle structure in areas waar tornadoes voorkom.

Hierdie program sal finansieël bestuur word deur ‘n skerp toename in belasting vir die rykes. Die groot banke en korporasies moet genasionaliseer word en bestuur word as openbare belang. Openbare bronne wat deur die finansiële elite bymekaargemaak word moet herverdeel word om in sosiale nood te voorsien.

Loading